As jy in die spieël kyk na jou dowwe vel laat dit ’n mens sommer ook moeg voel. En moegheid (of te min slaap) is inderdaad ook een van die redes hiervoor. Deur Suzanne Kotzé
16/09/202
Dowwe vel rede #1: Dehidrasie
As jy gedehidreerd is, vloei daar minder bloed na jou vel wat veroorsaak dat jy bleek en vaal lyk. Dink hoe ’n blink ’n opgeblaasde ballon versus ’n pap ballon lyk. Gedehidreerde vel wys ook vinniger fyn lyntjies en plooie.
Oplossing
Maak seker jy drink genoeg water en gee ekstra hidrasie aan jou vel.
Kies ’n reiniger wat sagkens werk en nie jou vel uitdroog nie.
Sothys Organics Cleansing Oil (R595, orleanscosmetics.co.za) Die organiese olie werk ook baie goed om grimering te verwyder en bevat anti-oksidante. Dit streel en heel terwyl dit reinig.
Nuxe Crème Fraîche 3-in-1 (R560, Foschini) is ’n bevogtiger (smeer soos gewone room aan), grimeerverwyderaar (masseer so twee druppels aan klam vel) of ’n masker (los ’n dik laag aan vir vyf minute). Dit help om jou vel op te plomp en sodoende ook glans te gee. Die smelt-in-jou-vel-in tekstuur van hierdie produk is ongelooflik!
Exuviance Gentle Cleansing Cream (R654, Skinmiles) is spesiaal vir droë en sensitiewe veltipes. Hierdie bly in my stort! Dit verwyder ook grimering en dit is lekker groot. Ek en my man (wat baie geneig is tot ekseem) gebruik dit sommer saam.
Hidrerende masker wat glans gee
LUMIGLO The Glo Getter (R99, lumiglo.com) bevat CBD (wat jou vel kalmeer), Vitamien C (anti-oksidant en glans) en Vitamien E (hidreer). Dit is een van ons gunsteling lappiesmaskers om te gebruik!
Kies produkte met hialuroonsuur in.
Lees meer hier: 12 Dinge wat jy omtrent hialuroonsuur moet weet
Dowwe vel rede #2: Jy skilfer nie af nie
Die meeste van ons was darem elke dag ons gesigte, maar ons is altyd verbaas as mense ons vertel hulle skilfer nie af nie. Of erger nog, vra wat dit is!
Die analogie van gebrande roosterbrood bly een wat ons bybly. Dink aan gebrande roosterbrood en die growwigheid en krummels waarop botter bly vassit as jy dit probeer insmeer. As die krummels en gebrand afkrap, smeer die botter makliker en gladder aan en trek beter in.
Net so sit ou dooie selle aan die buitenste lagie van jou vel vas. Ons vel se natuurlike afskilferingsproses word stadiger namante ons ouer word. Leefstylfaktore (soos besoedeling en rook) dra ook by dat die oortollige dooie selle ophoop in ons stratum corneum (buitenste lagie dooie velselle). Dit veroorsaak dat die oppervlak van jou vel dof lyk aangesien ’n oneweredige oppervlak nie lig so goed weerkaats nie. Dink aan hoe blink gladde tinfoelie is teenoor opgefrommelde tinfoelie.
Verder veroorsaak dit ook dat bevogtigers en grimering net vassit aan die dooie velselle en sukkel om te penetreer en hulle werk te doen.
Oplossing
Skilfer af! Moet dit egter nou ook nie oordoen nie. Die meeste afskilferaars behoort 2-3 keer per week gebruik te word. Lees die instruksies en moenie besluit om vir 10 jaar se geen afskilfering te probeer opmaak deur elke dag af te skilfer nie!
Hierdie is streng gesproke nie ’n afskilferaar nie, maar ’n tonikum. Dit bevat ’n lae konsentrasie suur, wat so sagkens werk dat jy dit steeds daagliks kan gebruik. Jy wend dit met watte aan nadat jy jou gesig gewas het.
GATINEAU Radiance Enhancing Enzymatic Gommage is ’n groot gunsteling in die Stylvol-kantoor en dit is dieselfde formule wat reeds vanaf die 1950’s gebruik word. (Psst GATINEAU het die wêreld se heel eerste gesigafskilferaar gemaak!) Lees meer hier.
Hierdie fisiese afskilferaar (dit beteken daar is klein korreltjies in) is selfs geskik vir sensitiewe velle ook. Dit het EcoCert sertifkasie (wat beteken dat dit organies is) en is ook veganisties.
Neostrata Correct Glycolic Microdermabrasion Polish (R1130) is ’n fisiese (bevat fyn korreltjies wat die oppervlak van die vel reinig) en chemiese (bevat glikoliese suur wat dieper afskilfer) in een. Sonskerm is ’n moet as jy hierdie gebruik, want dit kan jou vel sonsensitief maak.
Clarins Beauty Flash Peel (R680, clarins.co.za) se oulike kwassie maak dit supervinnig en maklik om aan te wend. Die alfa-hidroksiesuur afskilferaar help met glans, ’n oneweredige veltoon en soepelheid.
Dowwe vel rede #3: Spanning
As jy gespanne is word die hormoon kortisol afgeskei. Kortisol kan op sy beurt weer veroorsaak dat meer olie afgeskei word, wat jou jou porieë blok en puisies veroorsaak. Verder kan jou vel ook meer reaktief en sensitief wees en reeds bestaande inflammatoriese veltoestande (soos ekseem) kan vererger. Dit kan daartoe bydra dat jou vel rooi, skilferig en dof lyk.
Oplossing
Ongelukkig is daar geen maklike oplossing vir spanning nie. Probeer elke dag om ’n paar minute af te knyp vir jouself. In plaas daarvan om jou aand velsorg-roetine as ’n taak te sien, sien dit as bietjie alleentyd. Haal diep asem voor jy jou gesig was, voel die teksture van jou produkte op jou vel. Ontspan in die bad. Joga, meditasie en oefening kan natuurlik ook help om te ontspan (maar dit weet jy reeds).
Dowwe vel rede 4: Jy slaap nie genoeg nie
Ons vel herstel en vernuwe saans wanneer ons slaap. As jy nie genoeg slaap nie, verhoog jou kortisolvlakke ook.
Kortisol kan inflammasie veroorsaak wat die proteïen wat jou vel glad en glansend hou, afbreek. As jy moeg is van min slaap is jou bloedsirkulasie ook nie so goed nie. Dit veroorsaak dat daar minder suurstof in jou bloed is wat jou vel vaal en dof kan laat lyk.
Oplossing
Soos met spanning is daar geen maklike oplossing nie!
Lees gerus hier:
13 Kosdinge wat jou slaap kan beïnvloed
As jy reeds min geslaap het en vaal en moeg lyk, kan jy altyd glans fnuik met
Clarins Beauty Flash Balm bevat kragtige plantekstrakte om jou vel te laat gloei en tekens van moegheid te verminder, terwyl dit ook help om dooie vel te verminder en jou vel te help hidreer.
www.riekiemedaesthetic.co.za)
Filorga Oxygen Glow CC Cream SPF50 gee wonderlike glans. As jy nie lus voel vir onderlaag nie, en steeds glans wil hê, is hierdie ’n wenner. Ek gebruik dit ook onder onderlaag of meng soms selfs van hierdie by my onderlaag in. Dit bevat klein mikrokapsules wat smelt sodra dit in kontak kom met jou vel. Hierdie mikrokapsules bevat ’n mengsel van pigment en klein pêrelagtige deeltjies wat so ’n roserige glanseffek gee. Die pienkerige skakering is universeel en pas by verskillende velkeure aan om daardie natuurlike, glansende voorkoms te gee.
Dowwe vel rede #5: Besoedeling en die omgewing
Besoedeling kom in verskeie vorme voor, maar dit is veral lugbesoedeling (ultraviolet radiasie, gifstowwe, stof, gas ens.) wat ons velle die meeste skade aandoen. As vrye radikale van die son en die omgewing in kontak met ons vel kom, breek dit nie net kollageen af nie, maar veroorsaak ook ’n dowwe vel.
Oplossing
Gebruik ’n anti-oksidant
Vitamien C is van ons gunsteling bestanddele in velsorgprodukte. Dit is nie net ’n kragtige anti-oksidant nie, maar dit gee ook wonderlike glans. Dit is veral goed om vitamien C produkte soggens te gebruik sodat dit jou vel deur die dag kan beskerm. Maak net seker jy kies ’n produk met lugdigte verpakking, aangesien vitamien C onstabiel kan word as dit aan lug blootgestel word.
Lees meer oor Vitamien C hier 13 Goed wat jy omtrent Vitamien C en jou vel moet weet
Probeer:
Ons is so beïndruk met die relatiewe sakpas-opsie (wat 10% vitamien C) bevat se lugdigte verpakking. Na slegs ’n paar dae se gebruik was my vel meer glansend.
is ’n ou gunsteling. Lees gerus hier: Glansende vel met Endocare Radiance C Ferulic Edafence Serum
Hierdie word as ’n ‘supervrug anti-oksidant’ serum beskryf. Dit bevat Kakadupruim (wat glo een van die rykste bronne van vitamien C is), granaatsaad-olie (wat vel help streel en beskerm ) en draakvrug (wat help om die vel se sperfunksie te versterk.)