Stylvol mede-werkers

Dieetkundige

Liezel Engelbrecht

Liezel Engelbrecht is verantwoordelik vir baie van ons ‘eet gesond’ artikel. Liezel is ’n geregistreerde dieetkundige van Kaapstad. Voor haar loopbaan as dieetkundige het sy 10 jaar lank in die mediabedryf gewerk as leefstyljoernalis, inhoudskepper en tydskrifredakteur. Sy behandel kliënte in haar virtuele praktyk en is ook ’n voedingsinhoudskepper. Jy kan haar kindervoedingsgids vir ouers bestel deur vir haar ’n e-pos te stuur. Jy kan ook haar nuwe wetenskap-gebaseerde voedingsleefstylgids wat binnekort te koop gaan wees, voorafbestel  of aansoek doen vir ’n konsulteringspakket.

liezel@liezelthedietitian.com

www.liezelthedietitian.com

Of volg haar op Instagram @LiezelTheDietitian

Taalversorging

Martie Pansegrouw

medewerker Martie Pansegrouw

Martie Pansegrouw se loopbaan het begin as taalonderwyseres. Na ’n paar jaar oorsee word sy dosent in Afrikaans, Engels en Kommunikasie.

Daarna volg ’n aantal jare as uitgewer van boeke vir Perskor en later Maskew Miller Longman. Sy kry toe haar droomwerk by rooi rose (waar sy meer as 15 jaar die redakteur was) en die res is geskiedenis.

Taal is my passie, veral om Afrikaans lewendig en soepel te hou, en dis groot pret om saam met ander taalgebruikers te soek na nuwe terme en lekkersê-uitdrukkings.”

Stuur gerus vir Martie ‘n epos na: martiemc@telkomsa.net indien jy van haar dienste gebruik wil maak.

Martie se dienste sluit in

  • taalversorging
  • proeflees
  • vertaling (Afrikaans en Engels)
  • skryf en spookskryf

Sielkundige

Gerda Kriel

  • Gerda Kriel is ’n kliniese sielkundige wat in Somerset-Wes praktiseer. Sy is verantwoordelik vir baie van ons emosionele welwees artikels. Besoek gerus haar webwerf helderbergpsychology.com

Fotograwe

Fotograaf Kristina Stojiljkovic

Kristina Stojiljkovich

Die wêreld is vol van die mooiste vroue, as gevolg van elkeen se individualiteit. Die manier waarop sy loop, haar postuur, die manier waarop sy haar hande gebruik om haar emosies uit te druk en hoe haar glimlag haar selfvertroue, liefde vir die lewe, haar loopbaan, familie of haarself uitdruk.

Daar is al hoe meer vroue wat hulself aanvaar en trots is op wie hulle is.

Dit wys in hulle houding; hierdie trots en vertroue is wat ek graag in foto’s vasvang.

Oor ons

Stylvol sosiale media

error: Content is protected !!