Jou 6 beste blosserwenke

Al ooit gewonder of jy jou blosser reg aanwend? Ons deel raad, wenke en blosser truuks, van dit wat ons self deur die jare geleer het plus kundige grimeerkunstenaars se handige wenke.

6 van die beste blosserwenke om nou te probeer.  Deur Justine Kroes

1. Kies die regte skakering blosser vir jou vel ondertoon

Dit is belangrik om ’n blosser te kies wat by jou vel-ondertoon pas. Baie mense dink net aan pienk as dit by blosser kom en vermy ’n blosser dan heeltemal.

Kundige grimeerkunstenaar Cheryl Parker verduidelik;

“’n Maklike manier om jou natuurlike blosser skakering te vind is om na die binnekant van jou “pout” of lip te kyk.

Cheryl Parker

Maak asof jy ’n soen blaas, en probeer om in daardie skakering ’n blosser skakering te vind wat die naaste daaraan is”.

As jou vel ’n warmer ondertoon het, kan jy met perske of meer oranje ondertone werk. Daar is deesdae so ’n groot verskeidenheid kleure beskikbaar op die mark dat jy van rooi, pienk tot bruin en oranje ondertone kan gebruik. Elk is geskik vir ’n spesifieke veltoon, vind net die een wat die beste by jou gelaat werk.

2. Blosser kan jou gesigvorm verander

Cheryl sê “indien jy ouer as 40 is, behoort jy nie op die appels van jou wange (na ondertoe) blosser aan te wend nie, hierdie metode trek die gesig af ondertoe”. Cheryl se raad; wend jou blosser aan jou wangbene aan (omtrent daar waar jy jou highlighter aanwend) en “blend” of meng op en uitwaarts na jou slape (temples) toe vir ’n “gesig lig” tegniek wat meer jeugdig sal voorkom.

Cheryl verduidelik; “as jy ’n roomblosser gebruik, en jou blosser met jou vingers aanwend, kan jy selfs dit wat oorbly op die brug van jou neus aanwend, vir daardie songesoende voorkoms”.

3. Pas jou blosser tekstuur by jou veltipe aan

Grimeerkunstenaar Cheryl Parker verduidelik hoe jy jou blosser by jou veltipe kan aanpas: Op dou-agtige, glansende vel, kies ’n roomblosser wat natuurlik met die vel sal “saamsmelt”. Vir ’n mat of minder glansende vel, gebruik ’n mineraalblosser vir ’n tikkie ekstra glans. Vir jonger vel raai Cheryl ’n jel of vloeibare blosser aan wat die vel effens sal vlek en so ook baie natuurlik laat lyk.

Grimeerkunstenaar Raine Tauber se raad” Waaneer jou onderlaag glansend en douerig is kies ’n room of vloeibare (liquid) tekstuur blosser. Hierdie teksture komplementeer mekaar en lyk meer natuurlik saam”.

“Dit lyk meer soos jou eie vel as die poeierformule en is ook makliker om te manipuleer en aan te wend op die regte plekke. As jy ’n droë vel het, sal hierdie tipe blosser jou beste vriend wees.”

Hier is ’n paar gunstelinge:

4. Lipstiffie as blosser? Ja beslis!

’n Bietjie langhoudende (longwear) lipstiffie kan ook gebruik word as blosser.

Sit ’n tikkie lipstiffie op jou hand en vee die kwas liggies oor die produk. Maak seker jy gebruik min op ’n slag, jy kan altyd liewers nog ’n lagie byvoeg, en meng egalig uit.

“Ek meng ook graag blosser of selfs ’n lipstiffie met ‘n room (ek gebruik die Epimax Ointment) as ek die blosser baie natuurlik wil laat lyk. Die voorkoms lyk so asof jy jou natuurlike vel nog onder die blosser kan sien”

5. Die regte blos grimeerborsel is ook belangrik

Die borsel waarmee jy jou blosser aanwend, is ook baie belangrik. As jou borsel te groot en rond is, gaan jou hele wang-area vol blosser wees, wat onnatuurlik lyk.

Gebruik eerder ’n kleiner tot medium grootte donserige borsel, beveel Raine aan, sodat jy die blosser op die regte plek kan aanwend. Jy kan die plasing van jou blosser meer gemaklik aanwend. Met ’n groter borsel het jy nie baie beheer waar die blosser aangewend gaan word nie, is Raine se raad.

Nog ’n opsie is om ’n lekker sagte kwas in ’n koepelvorm te kies, sodat die meeste van die produk vanaf die middel aangewend word en die kwas die produk egalig uitmeng.

6. Wat as ek te veel blosser aangewend het?

Raine Tauber deel “hierdie is my gunsteling blosserwenk om te deel, en een wat ek gereeld gebruik – indien jy te veel blosser aan het, gebruik die grimeerborsel wat jy jou onderlaag aangewend het en meng jou blosser daarmee uit. Hierdie truuk versag jou blosser voorkoms en laat dit ook meer natuurlik lyk.

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Agt maniere hoe ons watersproei gebruik
error: Content is protected !!