13 goed wat jy omtrent vitamien C en jou vel moet weet

Ons maak staat op vitamien C sodra daar ’n sweempie van verkoue is. Vitamien C is egter net so belangrik vir ’n gesonde, stralende vel. Net soos ons in ons geestesoog sien hoe die vitamien C in lemoene ‘kieme’ vernietig, so help vitamien C om ons vel teen vrye radikale (wat ons vel se DNS beskadig) te beskerm. Die regte formule en verpakking is uiters belangrik, want die vitamien kan wel onstabiel wees. Deur Suzanne Kotze

12/08/2022

Dit moet jy omtrent vitamien C en jou vel weet

1. Vitamien C is ’n kragtige anti-oksidant

Vitamien C neutraliseer vrye radikale wat ons vel se DNS beskadig

Maar eers hoe werk anti-oksidante en wat is dit?

Oksidasie

Oksidasie is ’n natuurlike proses – dink maar aan ’n appel wat bruin word sodra dit geskil is en aan lug (suurstof) blootgestel word. So beïnvloed oksidasie, wat meestal deur vrye radikale veroorsaak word, ook ons velle.

Vrye radikale

Vrye radikale is suurstofmolekules wat ’n elektron verloor het en onstabiel is. Hulle probeer hulself genees en steel elektrone by gesonde molekules, wat op hul beurt net nog vrye radikale vorm en in die proses ons selle beskadig. Vrye radikale word nie net deur ons liggame vrygestel nie, maar ook deur eksterne faktore soos besoedeling, sonlig en sigaretrook.

Anti-oksidante

Anti-oksidante neutraliseer en keer vrye radikale. So help dit keer dat vrye radikale die molekulêre struktuur van ons DNS beskadig. Vitamiene C is ’n kragtige anti-oksidant.

2. Dit beskerm jou vel teen omgewingsfaktore

vitamien C besoedeling

“Soos bo verduidelik is omgewingsfaktore soos sonligradiasie, lugbesoedeling, digitale besoedeling (blou lig), rook (brandende tabak), abnormale sirkadiese ritmes (slaap), hoër temperature as gevolg van infrarooi radiasie en veranderinge aan ons mikrobioom alles sleg vir ons velle.” So vertel dermatoloog dr Nivana Ramlachan. Vitamiene C help jou vel beskerm hierteen.

3. Dit is veral belangrik om produkte met vitamien C soggens aan te wend

Juis omdat ons vel gedurende die dag aan so baie omgewingsfaktore blootgestel word. Wend jou vitamien C serum aan nadat jy jou gesig gewas het, en voordat jy jou dagroom en sonroom aanwend.

4. Vitamien C is nodig vir kollageensintese

Sonder genoegsame vitamien C in jou liggaam kan kollageensintese nie plaasvind nie. Kollageen (wat natuurlik in ons velle voorkom en onder meer help keer dat dit hang) neem af namate ons ouer word.

  • Sonder vitamien C kan kollageensintese en storing egter nie plaasvind nie.
  • Vitamien C help om die selle bymekaar te hou gedurende die vorming van kollageen.
  • Omdat vitamien C onder andere nodig is vir mooi hare, naels en ’n glansende vel, word daar dikwels na vitamien C as die ‘vanity vitamin’ verwys.

Maak seker jy kry genoeg vitamien C in deur jou dieet. Tamaties, soetrissies, mango’s, kiwivrugte, koejawels, pynappels, papajas, sitrusvrugte en groen groentes is goeie bronne. Topikale aanwending (soos ’n velsorgserum) kan ook help.

5. Lugdigte verpakking is noodsaaklik

Foto: Raincoat Media

Sodra vitamien C aan lug (suurstof) blootgestel word, word dit onstabiel. Dit sal nie skade aan jou vel doen nie, maar dit gaan nie die werk doen wat dit veronderstel is om te doen nie. Maak dus seker jy koop ’n produk wat lugdig verpak is. Deurskynende glasbotteltjies (om nie eers van oopdraaipotjies te praat nie) is ’n nee. Stoor die houertjie ook uit direkte sonlig en hitte.

6. Die rakleeftyd is belangrik

Jy mag dalk verbaas wees om te hoor dat sommige formulasie, maar ’n paar weke hou. Jou vitamien C velsorgproduk is bedoel om gebruik te word nadat jy dit oopmaak. Dit is nie een van daardie produkte wat jy kan gebruik, ’n breek neem en iets anders gebruik voordat jy dit weer gebruik nie. Maak dit oop en gebruik dit klaar!

7. Ander name is L-askorbiensuur en askorbiensuur

Op die bestanddelelysie sal jy selde ‘vitamien C’ sien, maar eerder L-askorbiensuur (L-ascorbic acid) of askoborbiensuur (ascorbic acid).

8. Vitamien C help met bruin vlekke en pigmentasie

Vitamien C kan help om pigmentasie ligter te laat lyk, aangesien dit melanien (die pigment verantwoordelik is vir ons vel se kleur) produksie kan help onderdruk.

9. Dit kan jou vel meer glansend laat lyk

Vitamien C het ook anti-inflammatoriese eienskappe wat rooiheid kan help verminder en jou gelaat meer eweredig kan laat lyk. Dit tesame met die vermindering van vlekke en pigmentasie kan jou vel meer glansend laat lyk.

10. Sonskerm is belangrik

Vitamien C kan jou vel meer sonsensitief maak en daarom is daaglikse sonskerm noodsaaklik!

11. Vitamien C kan help om plooie gladder te maak

In ‘n wetenskaplike studie is bevind dat die gebruik van ’n topikale vitamien C formule plooie aansienlik verbeter het.

12. Die regte persentasie is belangrik

Nie te min nie (onder 10%, oneffektief) en ook nie te veel (bo 20%, mag sensitiwiteit verhoog) nie is ’n goeie reël om te volg as dit by vitamien C kom.

13. Vermy Retinol saam met vitamien C

Probeer om nie Retinol en vitamien C saam te gebruik nie, want dit kan senstiwiteit veroorsaak. Gebruik dit eerder soggens (vitamien C) en saans (Retinol) of op verskillende dae.

Eucerin Hyaluron-Filler Vitamin C Booster

Foto: Raincoat media

Jy kan een Eucerin Hyaluron-Filler Vitamin C Booster koop vir een week se gebruik (R319,99 for 1 x 8ml) of jy kan drie van hulle koop (R719,99 vir 3 x 8 ml (24ml) vir drie weke se gebruik.

Hierdie teenverouderingserum is die nuutste toevoeging tot Eucerin se Hyaluron Filler reeks. Die hoof aktiewe bestanddele van die Eucerin Hyalruon-Filler Vitamin C Booster is

10% vitamien C

Die kragtige anti-oksidant neutraliseer dadelik vrye radikale en versterk die vel se eie verdedigingsisteem. Dit help ook met kollageenproduksie en om die vel se struktuur te ondersteun en om tekens van veroudering te verminder.

Licocholcon A

Werk saam met vitamien C om vrye radikale te neutraliseer.

Dit het ook ’n anti-imflammatoriese effek en streel jou vel en kalmeer jou vel

Dit beskerm ook die vel teen UV en hoë energie sigbare lig.

Lae molekulêre hialuroonsuur

Dit stimuleer hialuroonsuurproduksie, wat jou vel bevogtig en plooie op die buitenste laag van jou vel opplomp.

Lees ook: 12 Dinge wat jy omtrent hialuroonsuur moet weet

Innoverende verpakking

Die innoverende verpakking van die Eucerin Hyaluron-Filler Vitamin C Booster verseker dat wanneer jy die produk die eerste keer gebruik, vitamien C vars geaktiveer word. Dit behoort jou so 21 dae te hou, en dit is ook op sy mees effektiewe as jy dit binne hierdie tydperk gebruik.

So werk die verpakking

Die vitamien C poeier word in ’n aparte ‘houertjie’ binne in die botteljie gestoor. Wanneer jy die sagte knoppie druk, skeur die foelie wat die vitamien C van die res van die produk skei. Die vitamien C is nou reg om gemeng te word met die lae molekulêre hialuroonsuur en Licocholcon A. Dit meng wanneer jy die houertjie skud. Die vars geaktiveerde formule is nou reg vir gebruik.

1. Hou die doppie van die houertjie aan en trek die foelie aan die agterkant af.
2. Druk die sagte knoppie aan die agterkant twee tot drie keer om die vitamien C vry te stel.
Skud die houertjie vir 10 sekondes om die formule te aktiveer
4. Verwyder die doppie deur dit te draai.
5. Draai die houertjie om en druk die sagte knoppie sodat die formule uitkom.

Gebruik die Vitamin C Booster saam met die res van die Eucerin Hyaluron-Filler produkte

Eucerin Hyaluron-Filler Day Cream SPF 30 vir alle veltipes (R479,99 vir 50ml) of Day Cream SPF 15 vir droë vel (R439,99 vir 50ml)
Eucerin Hyaluron-Filler Night Cream vir alle veltipes (R449,99 vir 50ml)
Eucerin Hyaluron-Filler Eye Treatment (R349,99 vir 15ml)

Die reeks is beskikbaar by Clicks, Dis-Chem, Foschini, Woolworths, Takealot en uitgesoekte apteke.

Vir meer inligting besoek www.eucerin.co.za of volg Eucerin op Facebook: @EucerinSouthAfrica op Instagram @eucerin_sa

Hierdie artikel is deur Eucerin geborg

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
peri menopouse
Peri-menopouse en jou vel; hier is raad (ook vir warm gloede)
error: Content is protected !!