Vir ons is die storie van Madame Jeanne Gatineau, ’n skoonheidsterapeut wat in 1932 op 52 haar eerste skoonheidsalon geopen het, en ook haar eie velsorgreeks begin het, geweldig inspirerend. Vandag gebruik ons hutsmerke soos #vrouevirvroue, #girlsboss en vele meer, maar ons besef nie altyd waardeur die vroue voor ons moes gaan en hoe moeilik dit veral toe was vir ’n vrou om sukses te behaal nie. 90 jaar later is Gatineau ’n vooraanstaande professionele, natuurlike salonreeks met kragtige formules en innoverende produkte en behandelings. Deur Suzanne Kotzé
12/09/2022
promosie
1930’s Die begin van Gatineau
In 1932 het die 52-jarige Madame Jeanne Gatineau haar eerste skoonheidsalon oopgemaak. In die tyd van die Groot Depressie, waar min vroue loopbane gehad het, was dit ongehoord. Sy het ook begin werk aan haar eie velsorgreeks. Sy maak die wêreld se heel eerste gesigafskilferaar.
1940’s Die Jeanne Gatineau velsorgreeks word ontwikkel
Gedurende die 1940’s het Jeanne Gatineau saam met die wetenskaplike en Nobelpryswenner Alexis Carrol gewerk. Sy is deur hom geïnspireer om altyd ’n wetenskaplike aanslag te neem. In samewerking met biochemici en dermatoloë het sy haar eerste reeks velsorgprodukte ontwikkel.
1950’s Open een van die wêreld se eerste skoonheidskole

In 1950 het Jeanne Gatineau ’n skoonheidskool, The Jeanne Gatineau School of Beauty, geopen waar sy haar diepgewortelde kennis met duisende skoonheidsterapeute gedeel het. Dit was so suksesvol dat sy ook skole in Brussels (België) en Milaan (Italië) oopgemaak het.
Sy het aanhou werk aan haar velsorgreeks en saam met kundiges die wêreld se heel eerste korreltjie-vrye gesigafskilferaar (die bekende Radiance Enhancing Gommage) en alkoholvrye reinigers en tonikums ontwikkel.
1990’s die GATINEAU handelsmerk
Gedurende die 1990’s is die Jeanne Gatineau handelsmerk na GATINEAU verander, wat ’n wêreldbekende handelsmerk geword het. In 1994 neem Andrew Bagley die reeks na Engeland.
GATINEAU vandag
Die GATINEAU waardes bly diep gewortel in hul herkoms en geskiedenis. Met bio-tegnologie en natuurlike bestanddele word daar veral gefokus op teenverouderingsprodukte wat langdurige resultate gee.
Die spesiale verjaarsdaguitgawe Radiance Enhancing Enzymatic Gommage

Om 90 jaar te vier het GATINEAU hulle topverkoper Radiance Enhancing Enzymatic Gommage in hierdie pragtige beperkte uitgawe verpakking vrygestel. Die Enzymatic Gommage is dieselfde formule wat reeds gedurende die 1950’s geskep is en steeds een van Gatineau se topverkoper produkte bly. Dit is lank reeds ’n Styvolgunsteling.
Die ensiem-afskilferaar bevat geen korreltjies nie en voel soos ’n balsem as jy dit (op droë, skoon vel) aanmasseer, voordat dit behoorlik in jou vel insmelt en meer van ’n olie-tekstuur het.
Die hoofbestanddele is glikolsuur, melksuur, appelsuur (laasgenoemde drie help met tekstuur), vitamien C (hallo helder, gladder vel) en hialuroonsuur (wat ook bevogtig).
Topverkoper GATINEAU-produkte oor die dekades



- 1930’s – Die wêreld se heel eerste gesig-afskilferaar
- 1940’s – Borsbehandelinghouertjies
- 1950’s – Eerste sellulietroom wat kafeïen bevat
- 1960’s – Strategie Jeunesse Throat Gel
- 1970’s – Floracil Eye Make-up Remover
- 1980’s – AHA Body Lotion
- 1990’s – Laser teenveroudingsreeks
- 2000’s – Melatogenine teenveroudingsreeks
- Vandag- Defi Lift en Age Benefit teenveroudingsreekse




