Stylvol: ons waardes
Almal is welkom by ons goedvoel vriendekring."
Ons glo aan inklusiwiteit, wat ookal jou ouderdom, haarkleur, gesigsvorm, liggaamsvorm, gewig, oogkleur, veltoon en -kleur, skoengrootte, haartekstuur mag wees – hier onderskei ons glad nie. Ons het almal die vermoë om stylvol te wees. Ons wil ’n aanlyn-platform skep waar vroue veilig voel om te deel, vrae te vra, mekaar te inspireer en aan te moedig. Dit doen ons alles sonder om te oordeel. As vroue, ma’s, vriendinne en kollegas voel ’n mens dikwels genoeg reeds veroordeel. #vrouevirvroue
Daar is iets wonderliks wat gebeur wanneer vroue saam is en saam staan.
'n Paar agter-die-skerms-oomblikke van fotosessies saam met inspirerende vroue.
Dienste
Bespreek ons vir:
Kreatiewe produksie vir foto-sessies of advertensies
Stilering vir foto-sessies of advertensies
Sosiale media 'content creation'
Skryfwerk
Klerekas-beplanning
Jou persoonlike mooimaaksessie en foto's
Gassprekers
Om te adverteer op stylvol stuur gerus vir ons 'n epos na info@stylvol.co.za
Suzanne en Justine
Tien jaar gelede het ons paaie vir die eerste keer gekruis toe Suzanne Rooi Rose se skoonheidsredakteur was en Justine aansoek gedoen het om die skoonheids-assistent te word. ‘n Blitsige dekade later (’n troue, kinders, vele skoonheidstories, mooimaak-bladsye en voorblad-fotosessies en -stories later) is ons nou hier. Vanaf dag een het ons agtergekom dat ons ’n manier het om op dieselfde tyd aan dieselfde goed te dink en dikwels net ‘n woord of twee nodig het om te weet wat die ander een dink. Om vir ’n tydskrif te werk was vir ons albei ’n droomwerk en al was daar vele glansryke geleenthede, oorsese reise en fotosessies saam met bekendes, is ons in murg en been twee gewone vroue, met gewone lywe en soms bedrywige skedules.
Ons is gaande oor die glans van mode en skoonheid, maar hou net soveel van praktiese - en blitswenke. Ons is ewe begaan oor goeie navorsing as oor mooi goed, en deel dit graag met jou. Kom droom en ontvlug saam, wie weet dalk leer en probeer jy iets nuuts. Ons wil jou graag met ons saamneem op wat vir ons ook ’n nuwe reis is.