Sommige vroue straal net sensualiteit uit, maar om sensueel te lyk het dikwels meer te doen met hoe jy voel. Begin deur tyd in te ruim vir jouself. Die kouer wintermaande is ideaal hiervoor. Deur Suzanne Kotzé.
Lyk en voel so meer sensueel
1. Dra ’n verleidelike fyngeur
Gedurende die Victoriaanse tyd is jonger dames/meisies verbied om soetemaling (tuberose) in te asem aangesien dit glo seksuele gedagtes kon aanmoedig. Soetemaling (wat slegs saans blom) is ook gedurende dié tydperk in die sogenaamde ‘moon gardens’ gebruik waarin dames saans kon wandel om hulle bleek vel in die maanlig te kon baai. Vandag is soetemaling ’n gewilde bestanddeel in fyngeure. Ook in Guess se nuwe Bella Vita Eau de Parfum.
Saam met die soetemaling (wat as middelnoot gebruik word) ruik jy ook jasmyn. Jasmyn (ook ’n baie sensuele noot) staan ook as “Queen of the night” bekend aangesien die delikate blommetjies ook slegs saans blom. Vanielje is nog een van die middelnote, wat ’n subtiele Midde-Oosterse geur verleen. Dit klink dalk ‘te soet’, maar die middelnote word voorafgegaan deur vars, vrugtige topnote (die note wat jy eerste ruik) van Italiaanse suurlemoen, suur kersies en swart bessies. Praline, amber, hout en muskus vorm die basis van die geur.
Hierdie sensuele, vrugtige blommegeur laat ons sommer sexy en vol selfvertroue voel! Die naam van die fyngeur beteken nie verniet ’n goeie lewe’ nie!
“Ons het GUESS Bella Vita geskep as huldeblyk aan alle vroue wat hulself liefhet en in die krag van vroulikheid glo.”
Parfumiers en skeppers van GUESS Bella Vita Christine Hassan en Valerie Garnuch-Mentzel.
Onthou om nooit fyngeure te oordoen nie. Spuit dit mildelik, maar nie oordadig nie.
Psst: behalwe om parfuum aan jou polse spuit, wys hulle ook gerus want polse is glo baie verleidelik. “Die kliere van jou polspunte skei feromone af en deur hierdie liggaamsdeel te sien, word ons glo onderbewustelik opgewek. So sê psigoterapeut Lloyed Elliot en skrywer van die boek The Secrets of Sexual Body Language
2. Swaai jou hare
Verander jou paadjie. Dit help nie net dat jou hare voller lyk nie, maar kan help dat jou hare verleidelik val.
3. Maak tyd vir ’n pamperlang bad
“‘n Warm bad en kerslig is seker ’n cliché, maar dit werk,” sê bekende sielkundige dr. Elizabeth Lombardo en skrywer van die boek A Happy You: Your Ultimate Prescription for Happiness. Volgens haar laat warm water op jou lyf jy jou nie net sensueel voel nie, maar herinner dit jou ook om tyd te maak vir jouself.
Jou vel skei ook endorfiene (goedvoel hormone) af wanneer dit in aanraking kom met strelende warm bad- (of stort-) water.
Om in ’n bad te lê is nie net terapeuties nie, maar kan jou selfs ’n huppel in jou stap gee, want volgens Amerikaanse dermatoloog en skrywer van die boek Buka’s Emergencies in Dermatology, kan ’n warm bad ook verkwikkend wees.
4. Steek kerse aan
Warm, koesterende kerslig laat jou sommer ekstra mooi lyk en sensueel voel. Kerse met jasmyngeure is glo verleidelik terwyl roosgeure nie net romanties is nie, maar ook glo die libido verbeter.
Onthou, om jou kerse langer te laat hou, knip die pit tot so 7mm. As die pit te lank is, sal jou kers vinnniger brand en ’n poel gesmelte was veroorsaak. Hou jou kerse ook uit ’n trek uit, wat dit ook vinniger sal laat smelt.
Van ons gunsteling luukse kerse op die oomblik is:
Glasshouse Forever Florence Wild Peonies & Lily Soy Candle (R999, vir ’n 380g kers). Behalwe pioenroos en lelies ruik jy ook beslis die jasmyn-bestanddeel. En ja ons weet dit is duur (vir ’n kers), maar dis groot (en jy kan glo tot 65 ure se brand hier uitkry), die geur talm besonder lank in die lug (selfs nadat jy dit doodgeblaas het). Die mooi glasdoppie help ook dat geen van die geure verslaan terwyl jy dit nie gebruik nie, en geen stof gaan bo-op die kers lê nie.
Aqua di Parma Buongiorno (R1199 vir 200g). Die reuk van die kers, afkomstig van die Italiaanse fyngeur Acqua di Parma, voer jou mee na die Italiaanse platteland. Jy ruik Italiaanse suurlemoen, kruisement, jasmyn en roosmaryn.
Loer gerus ook hier vir meer sakpas opsies:
5. Masseer jou lyfroom aan
Na ’n warm bad of stort, neem tyd en masseer jou room aan eerder as om dit net vinnig aan te klap. Ja ons weet jy is haastig, maar wanneer jy tyd het, gun jouself die ekstra minute en gebruik jou sintuie en wees bewus van hoe die room in jou lyf insmelt en hoe lekker dit ruik (as jy gegeurde room gebruik).
Hou gerus vir jou ’n spesiale room uit, een wat jy nie noodwendig met alledaagse dra assosieer nie.
Charlotte Rhys Supreme Body Crème Spring Flowers (R299 vir 300g, Woolworths)
Lees ook: Parfuum moets en moenies