ondersteun jou vriendin met kanker
ondersteun jou vriendin met kanker

Ondersteun jou vriendin met kanker só

As jou vriendin met kanker gediagnoseer word, is dit vir baie van ons tweede natuur om te wil inspring en help. Maar ons weet nie altyd wat om te doen, of nie te doen nie. ’n Paar vroue wat self kanker het/gehad het, deel met ons watter dinge hulle vriende gedoen om te help, wat die stryd effens vergemaklik het. Deur Suzanne Kotzé

Vriendinne praat uit ondervinding

Onlangs bel ’n vriendin my oor haar goeie vriendin wat ’n kankerdiagnose gekry het. ‘Hoe kan ek help, het jy nie idees nie?” En dankie tog vir vriendin Marli du Toit se borskanker ondersteunings- ‘breastie’ groepie wat kan raad gee oor hoe hulle vriendinne en vriende hulle ondersteun het. Hierdie is natuurlik nie net van toepassing op vroue nie, maar kan net so goed vir ’n man/vriend ook wees. 

Ondersteun jou vriendin met kanker só

1. Moenie te vinnig ophou ondersteun nie

“Kanker is ’n lewenslange stryd. Moenie te vinnig ophou vra of ondersteun nie.” Marli du Toit

2. Sorg vir maaltye

“Ek het twee vriendinne wat gereeld vir ons maaltye gebring het. Die roetine was dat ons die dag van chemo en die dag na chemo maaltye gekry het.” Liesl Potgieter

“Van die skoolma’s het vir ons maaltye gebring.” Marli du Toit

“Geskenkbewyse vir ’n kosafleweringsdiens het ook baie gehelp.” Jenny Botha

Wenk: Stel ’n rooster op Google Sheests op waar vriendinne kan invul wie wanneer verantwoordelik is vir kos. Onthou net om oor dieetvoorkeure te vra. Kry operasie- en chemo-datums en sorg dat daar, veral rondom daardie tyd, maaltye is. Maar daag gerus na die tyd ook net op met ’n maaltyd. 

3. Wees net daar

“Soms het my vriendinne net oorgekom en saam met my op die bank gesit en saam my TV gekyk of watookal ek besig was om te binge. Of hulle het net dadelik weer gewaai as dinge rof gegaan het.” Liesl Potgieter

“Van my vriende het saam met my tydens chemo kom sit en koffie gebring (as ek dit kon afhou).” Lauren Jappies

4. Wees saam aktief

Maak gereelde afsprake om saam te stap of aktief te wees. Natuurlik, afhangend van hoe jou vriendin op die dag voel. 

“My vriende was daar om net saam met my te gaan stap wanneer ek wou.” Liesl Potgieter 

5. Help met rondry

“’n Vriendin het ’n Whattsapp groepie en ‘spreadsheet’ geskep waar vriende kon invul wie my wanneer chemo toe kon ry en terug en/of geselskap hou.” Marli du Toit

As jou vriendin kinders het, is ’n saamry-rooster vir haar kinders en hul aktiwiteite ook ’n goeie plan. ’n Rooster wat vooraf ingevul word, help dat daar een (groot) ding minder is waaroor jou vriendin gespanne hoef te voel. Vind uit wanneer haar chemo dae is en reël hiervolgens.

6. ’n Vertroostingsfonds

“Vir mense wat vêr weg bly en wil help.  ’n ‘Comfort fund’ waarmee ek goed kon koop wat te veel was vir my, aangesien die meeste van ons geld in mediese onkoste ingegaan het.” Liesl Potgieter

7. Kom kuier net

“Kom kuier, veral na rowwe tye. Van my vriendinne het selfs saam met my in die bed geklim.

Kom kuier ook in die hospitaal, (maar moet net nie die heeltyd huil nie).” Liesl Potgieter

8. Luister

“Luister, sonder oordeel, en wees beskikbaar vir makabere humor (hierdie het baie gehelp). En om ook saam te kan gesels oor al die die ‘weird’ goed wat gebeur het.” Liesl Potgieter

9. Doen sonder om te vra

“’n Ma-vriendin wat ek op die tydstip nie eers so goed geken het nie, het net by ons huis opgedaag met tuisgemaakte kos, nadat ons maaltydrooster van vriende geëindig het. Heerlike tuisgemaakte lambsbredie, frikadelle, pasta, fudge vir die kinders. Ek kon nie glo hoe ongelooflik onbaatsugtig sommige mense is nie. Dit het my beslis laat dink hoe ek self ander mense in die toekoms sou ondersteun. Doen net, eerder as om te vra ‘wat kan ek doen’.”  Carla Maysel 

“Ek stem saam met die idee van doen sonder om te vra. Wanneer ookal iemand vir my gevra het of ek iets nodig gehad het, het ek altyd ‘nee’ gesê.”

Jenny Botha

“’n Ma vriendin wat ek nie baie goed geken het nie, het soveel moeite gedoen. Daar was sekere pepermente wat my gehelp het om nie naar te voel nie. Toe ek dit nie in die hande kon kry nie, het sy na elke winkel gegaan tot sy dit gekry het en net by my huis opgedaag daarmee. (Sy was ook die eerste een wat by my huis opgedaag het met ’n maaltyd en aangebied het om my kinders op vakansie te neem.) Sy het intussen ’n baie goeie vriendin geword.” Tracy Robinson

10. Help met huisdinge

“’n Vriendin het my huis kom skoonmaak terwyl ek vir chemo was en dan het sy vir my yslollies gelos. Dit was die enigste ding gehelp het as alles anders my siek laat voel het. Lauren Jappie

“Een van my vriende het beslis meer gedoen as wat mens ooit sou kon verwag. Ek is ’n enkelouer met ’n kind van twee en ’n half jaar oud. My familie bly ook almal in Australiё. Die dag na my diagnose het hy my gebel om te sê hy kom trek in vir twee maande. Hy het my huishouding oorgeneem en gesorg dat alles gebeur, van huis skoonmaak tot dromme uitvat en skottelgoed was. Hy het my ook geforseer om elke dag saam met hom te gaan stap, al was ek hoe moeg. Dit het my gered.” Jenny Botha

11. Neem leiding

“Ek is enkellopend, en een spesifieke vriendin het werklik leiding geneem. Sy was saam met my na afsprake en het my geneem en kom haal. Sodra ek vir haar ’n datum gegee het, het sy dit in haar dagboek gesit. Sy het haar kinders uitsorteer en ek het nooit gevoel ek maak inbreuk op haar lewe nie. Ander vriende het weer aangebied om te help, maar sodra ek gevra het vir hulp, was dinge so gekompliseerd in hul eie lewens, dat ek dit oorweldigend gevind het.” Laurelle Fry

12. ’n Spesiale sorgboks

“Ek is ’n projekbestuurer en ek werk saam met ’n span ouens en hulle was ongelooflik. Toe ek net gediagnoseer is, het hulle vir my ’n ‘warrior women’ oorlewingsboks gestuur. Die boks was gevul met allerhande goed. Van ’n pragtige sagte kombersie (vir die chemo ‘lazy boy’ stoel), tot gesaniteerde handlappies, ’n drinkkoppie, grootmens inkleurboek en penne, mussies en pantoffelsokkies. Ek het dit net nooit van ’n klomp ‘nerdy developers’ verwag nie. Elke dag voor my chemosessie het ek bemoedigende boodskappe gekry van hulle. En sjampanje op ys na my laaste chemosessie. Ek wens almal kon hierdie ongelooflike ondersteuning en liefde kry.” Titania Fernandes

“’n Geskenkpakkie met sokkies, blokkiesraaisels, rome en lipbalsem was baie bedagsaam en ook klein gesekenkies vir my seuntjie; van teddies tot karretjies en legkaarte.” Jenny Botha

13. Die krag van gebed

“Die krag van gebed was belangrik en opreg waardeer.” Titania Fernandez

(Dis dalk ’n goeie idee om vir jou vriendin/vriend te vra of daar iets spesifieks is waarvoor jy kan bid.)

14. Erken en deel die mypale

“Erken en deel die mylpale.” Liesl Potgieter En as jy nie weet wat hierdie mypale is nie, vra uit en luister . 

15. Omgee-geskenkies

“Omgee-geskenkies soos tee, mebos, gemmerlekkers, pantoffels, sokkies, pajamas, organiese lyfrome, handgeskrewe briefies, kamersproei en lekkers, alles mooi toegedraai, was baie bedagsaam.” Titania Fernandez

Idees vir omgee-geskenkies of bederf-bokse

Hier is ’n paar van Stylvol se idees vir geskenkies. Van hierdie is duur, so klub gerus saam. 

Sagte pajamas

Ons is gaande oor Boody se pajamas (en gemaklike onderklere) wat supersag is en van organiese bamboesmateriaal gemaak word. Ideaal vir tuisbly dae.

Oopknoop pajamas en ’n snoesige japon vir post-mastektomie

Vir ’n vriendin met borskanker is hierdie ’n goeie idee. “Na ’n mastektomie is oopknop slaapklere ’n moet, want jy kan nie jou arms oplig nie en die mou se breedte moet wyd genoeg wees vir dreineringspype. Ek het ‘n oorgroot mans oopknoop pajama hemp en ‘n oorgroot japon ge’love’. Die dreineringsakkie kan sommer in jou japon se sak kom.” Marli du Toit.

Ribbed Towelling Cotton Gown (R1299, Woolworths)
cotton on personalised sleep shirt
Personalised Flannel Boyfriend Long Sleeve Shirt (R599, Cotton-On)
Jy kan jou eie 10 letters hier laat borduur. (deel van die prys).

’n Warm serp

’n Mussie of hoedjie vir chemo

Soveel liggaamshitte gaan deur die kop verlore. ’n Warm mussie help vir die chemokoue.

Loer gerus by Hats by Lori . Lori het self deur chemo gegaan, wat die inspirasie vir hierdie besigheid van haar was. 

Post-chemo yslollies

POPCO 30-Popsicle Refreshing Sorbet Box (R749, yuppiechef.com)

’n Glansryke hoed

Vir dae wat jou vriendin nie lus is vir ’n pruik nie. Kry ’n hoed wat haar ‘fab’ sal laat lyk en voel. 

Crystal Birch Bae Beret (R1750, therealcrystalbirch.com)

’n Syserp

’n Syserp voel heerlik sag. 

Mantua Silkwear Sunset Silk Scarf (R1600, Purr). Hierdie groot serp (110x110cm) is heerlik sag en kan ’n grou dag of ondervinding help opkikker.

Vir koue voete

Tassel Cable Knit Chunky Slipper Socks (R199, Woolworths)

Geskenkbewyse

  • Vir Showmax, Netflix of Audible.
  • Vir wenkbroulaminering of ‘microblading’ voor die tyd.
  • Vir ‘n pruik-konsultasie
  • Of ‘n fotosessies (veral gewild onder borskanker-pasiente)

Gemmertee en -lekkers

Gemmer help met naarheid.

Ronnefeldt Sweet Ginger Teavelopes (R129, Yuppiechef)
Darling Sweet Ginger & Cardamom Soft Caramels (R99, Yuppiechef)

Sagte handdoeke

Hierdie 100% gemaak van katoen handdoeke is heerlik sag. Country Road Pippa Australian Cotton Hand Towel (R249-R699, woolworths.co.za

Lintveters

Vir al die ‘besties’ om te dra ter ondersteuning. Beskikbaar by BowToes.

Haarsorg vir post-chemo hare

Hierdie produkte is natuurlik en is spesifiek vir post-chemo hare ontwikkel.

ELLY Hope Hair Growth Bundle (R895, ellyfeelgood.com

Lees ook: Borskanker-inspirasie

Dopamienmode en kleurterapie het my deur chemo gehelp

Crystal-Donna Roberts oor post-chemo hare

Kies so jou pruik

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Jou plantgebaseerde dieet moet hierdie insluit: dieetkundige se raad.
error: Content is protected !!