sosiale batterye
sosiale batterye

5 Wenke oor hoe om jou sosiale batterye te herlaai

Voel jou sosiale batterye ook effens pap dié tyd van die jaar? Hier is vyf wenke om dit te herlaai sodat jy minder moeg voel. Deur Suzanne Kotzé.

Maar eers, wat is jou ‘sosiale batterye”

Urban Dictionary beskryf die term sosiale batterye as: “’n Metafoor vir ’n persoon se kapasiteit om met groepe mense te meng in een omgewing. Dit word dikwels deur introverte gebruik om hul gevoel van angstigheid te beskryf wanneer hulle met groot groepe mense moet meng.

Teen die tyd weet ons egter dat die meeste mense nie net introvert is (wat batterye herlaai deur aleen te wees) of ekstrovert (herlaai batterye deur rondom mense te wees) is nie. Persoonlikhede is nie so eenvoudig soos ’n Myers–Briggs toets nie.

Herlaai jou sosiale batterye so

1. Beplan vooruit

Teken datums vir sosiale byeenkomste dadelik in jou kalender aan. As jy iemand nodig het om na jou honde, kinders of katte te kyk, reël dit dadelik of minstens een week voor die tyd. Om op die nippertjie iemand te probeer opspoor gaan net daartoe bydra dat jy angstig voel, rondskarrel en nog moeër voel.

2. Sê betyds nee

As jy weet jou sosiale kalender is besig en vol, sê eerder betyds nee as wat jy op die dag kanselleer of net nie opdaag nie. Dan sit jy net met skuldgevoelens of mense wat jy vermy omdat jy sleg voel daaroor.  

3. Gaan kruip gerus weg

As jy net te uitgeput raak by ’n partytjie, gaan kruip gerus vir ’n paar minute in ’n stil kamer of badkamer weg.

“Neem gerus ’n ekstra lang badkamerbreuk.”

sielkundige Gerda Kriel.

Neem sommer jou tyd om jou hande te was en room aan te smeer. Of bied aan om die tafel te help dek, of die slaai te maak vir bietjie alleentyd in die kombuis.

4. Rek en strek

Navorsing wys dat deur te strek, aktiveer jy jou parasimpatiese senustelsel. Hierdie senustelsel is nie net vertanwoordelik vir jou rus- en verteringstelsels nie, maar dit kan ook ’n gevoel van kalmte en ontspanning skep. Gedurende die studie het deelnemers gesit en hulle knieë reguit gemaak en hulle enkels ook reguit gestrek. So jy kan dit sommer aan die etenstafel sit en doen. Pasop net dat iemand oorkant jou nie dalk dink dat jy voetjie-voetjie speel nie.

5. Bêre jou foon

Net soos jou foon langer te neem om te laai wanneer jy dit gebruik terwyl dit laai, net so neem jy ook langer om af te skakel of te herlaai as jy ingeprop is.

As ons die heeltyd beskikbaar is vir elke ‘ping’ en sosiale media kennisgewing, skakel jy nooit werklik af nie.

En sosiale media is natuurlik nog ’n vorm van sosiaal wees, en jy het juis ’n breek nodig, nie net van fisies sosiaal teenwoordig wees nie, maar ook aanlyn.

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Drie heerlike mocktail-resepte
error: Content is protected !!