Om haar hare te verloor na haar borskanker-behandeling was op ’n manier meer traumaties as om haar borste te verloor; ons gesels met aktrise Crystal-Donna Roberts oor post-chemo-hare, die trauma van hare verloor en die teruggroeiproses. Mag hierdie iemand in dieselfde bootjie minder alleen laat voel. Deur Suzanne Kotzé
2020/08/23
Dink jy aan aan Crystal-Donna Roberts dink jy ook dadelik aan hare. Gedurende die verfilming van die TV-reekse, moes Crystal-Donna ’n pruik dra omdat sy haar hare verloor het as gevolg van die chemo-behandeling wat sy ontvang het vir haar borskanker. Na ’n mastektomie, chemo en bestraling is Crystal-Donna egter weer gesond en het haar hare het ook weer teruggegroei.
Crystal Donna-Roberts oor haar haarverlies
Om haar hare te verloor was vir Crystal ’n baie groot terugslag.
“My hare was so ’n groot deel van my identiteit en herkoms.”
Sy het baie hard probeer haar hare te behou gedurende chemo en het selfs die cold cap tegniek probeer. Gedurende die tegniek dra jy ’n tipe pet met droë ys van tussen -30-40 grade Celsius gedurende chemo. Dit was so koud en seer dat Crystal pynpille moes drink hiervoor en die ys moes selfs gedurende haar chemo-behandeling geruil word sodat dit koud genoeg kon bly. Hier is meer inligting oor die tegniek: https://www.breastcancer.org/tips/hair_skin_nails/cold-caps
Drie weke na haar eerste chemosessie het haar hare egter begin uitval. “Dit was vir my verskriklik erg.” Sy het haar hare in ’n kort styl geknip en steeds die cold cap gebruik gedurende haar twee chemoterapie-behandeling.

Na haar tweede chemo-sessie het haar hare egter so begin uitval dat sy ’n groot kaal kol agter haar kop gehad het. Sy was baie ontsteld en hartseer nadat dit gebeur het. Haar man Schalk het haar getroos en haar hare vir haar afgeskeer.
“Om my hare te verloor was meer traumaties as my borste. My borste was ‘siek’ en ek verstaan dit moes weg, maar my hare het niks makeer nie.”

Post-chemo hare; die eerste fyn haartjies
So drie maande nadat haar hare uitgeval het, het sy weer nuwe haartjies begin kry. “Die eerste nuwe haartjies was so fyn en sag; ek weet nie eens of jy dit haartjies kan noem nie. Ek het dit peach fuzz genoem.”
Post-chemo hare; ’n kop vol hare
So twee maande nadat die ‘peach fuzz’ begin wys het en vier maande nadat haar hare begin uitval het, was haar kop weer bedek met hare. “Ek onthou hoe ek weer begin uitgaan het sonder ’n ‘doek’.”

Post-chemo hare – haartekstuur en -groei.
Dit is algemeen dat mense se haartekstuur kan verander nadat hulle hare uitgeval het.
“Ek het gelees mense kry chemo krulle, maar my hare was in elk geval baie krullerig, so daar was nie regtig ’n verskil nie. Wat ek wel opgelet het, is dat my hare baie vinnig gegroei het.
Post-chemo hare; my ‘ou hare’ en ‘ou self’
“Dit klink so oppervlakkig, maar toe my hare eers begin teruggroei het, het ek meer en meer soos my ou self begin voel. Ek het wel al vóór dit weer soos my ou self begin voel, want ek het sielkundig daaraan gewerk, maar as jy eers weer soos ‘jy’ begin lyk dan gebeur iets liefliks.
Partykeer skrik jy as jy jouself in die spieël sien en jouself nie herken nie.”
Hare is so ’n groot deel van my identiteit; dit sê so baie van my herkoms, wat ek love, so dit was vir my amazing om weer my hare terug te hê.”
Het sy enigiets gedoen om die haargroei aan te moedig?
“Ek dink ek was so getraumatiseer en moeg na die cold cap dat ek net niks gedoen het nie. Ek wou nog Biotin (’n vitamiene B aanvulling wat glo vir haargroei help) drink, maar ek het dit toe net gelos. Ek wou dit net skoon en natuurlik hou, soos wat ek altyd gedoen het. Ek het besluit om my hare net hulle ‘eie ding’ te laat doen.”
Crystal se raad aan ander vroue wat hulle hare verloor tydens of na chemo:

“Ek het so hard probeer om my hare te red met cold cap, en dit was vir my geweldig traumaties toe my hare uitgeval het. Ek wens ek het myself nie daardeur gesit nie.
As jy nie baie sterk voel daaroor om jou hare te probeer red nie en jou hare begin eers uitval, raak ontslae van jou hare, knip dit. Dit bly egter ’n baie persoonlike keuse, maar as ek kon oor kies so ek net van die begin af my hare geknip het.
En weet jy is beslis nie alleen nie.”

Lees ook