Gedurende die kouer maande het jou vel spesiale sorg nodig; hier is vyf goeie wintervelsorggewoontes wat jy gerus deel van jou skoonheidsroetine kan maak terwyl jy hiberneer. Deur Suzanne Kotzé
28/06.2024
Maak hierdie wintervelsorggewoontes deel van jou skoonheidsroetine
1. Bevog van binne
Verwarmers, lugversorging en ’n droër omgewing ontneem jou vel van sy vog. Ons is ook geneig om meer warm drankies soos koffie en tee te drink (wat ons dehidreer) en minder water te drink. Onthou om steeds water deur die dag te drink. Dit help as jy ’n groot waterbottel het waaraan jy deur die dag drink.
2. Begin met retinol
Die meeste dermatoloë stem saam dat retinol steeds ’n superbestanddeel is. Bly jy in die Kaap, is dit is veral goed om gedurende die winter met retinol te begin wanneer die humiditeit hoër is as gevolg van winterreën. As jy in areas bly met droë winters, kan die retinol jou vel aanvanklik droog en styf laat voel. Sodra die uitwerking van vitamien A inskop, word jou vel se natuurlike bevogtigingstelsel ook meer aktief. Vitamien A stimuleer veral die produksie van hialuroonsuur (juis daarom ook ’n gewilde bestanddeel in vogrome) wat help dat jou vel vog behou en meer gehidreer is.
Die aanvanklike droogheid wat dus jy mag ervaar, help op die ou end dat jou vel meer bevogtig is. En dan het dit natuurlik ook ’n hele rits teenverouderingsvoordele. Onthou elke retinol en retinol afgeleide produk is verskillend, en daarom is dit baie belangrik om altyd die instruksies noukeurig te volg. Jy begin gewoonlik deur ’n Retinol produk elke tweede of derde aand te gebruik todat jou vel dit gewoond is.
Sommige veltipes is wel sensitief vir retinol en die eintlik sondebok as dit by velsensitiwiteit kom is, ‘tretinoin meer so as retinol,” sê dermatoloog dr. Suretha Kannenberg.
Probeer




As jy sensitief is vir Retinol, probeer gerus die nuwe Nuxuriance Ultra ALFA [3R] reeks. Dit is ‘n natuurlike alternatief tot retinol. Lees meer hier.
3. Reinig reg

Kies ’n strelende reiniger wat sagkens werk omdat reinigers jou vel kan uitdroog. As jy ’n reiniger gebruik wat glikol- of salielsuur bevat, wissel dit af met ’n reiniger wat ook bevogtigende bestanddele bevat.




4. ’n Serum wat hidreer
As jou vel gewoonlik tydens die winter droog en styf voel, is jou vel waarskynlik gedehidreerd en nie droog nie. Droë velle (gewoonlik geneties en die veltipe wat jy van jongs af het) het ’n tekort aan sebum, terwyl gedehidreeerde velle ’n tekort aan vog of water het. Lees meer oor gedehidreerde vel in die winter Moets en moenies vir wintervel
Dit is baie algemeen om gedurende die winter ’n gedehidreerde vel te hê. Die antwoord hiervoor is nie noodwendig ’n ryker room nie (dit mag dalk te ryk wees vir kombinasie en olierige velitpes), maar ’n serum wat hidreer.
Probeer



5. Maak tyd vir ‘n masker
Gee jou vel ekstra hidrasie en voeding met ‘n masker. Maak dit deel van jou selfsorgroetine een of twee keer per week. Maak ‘n koppie tee, sit jou kopband aan en jou foon af en fokus net op jouself vir ‘n paar minute.


6. Moenie van jou lyf vergeet nie
Net soos jou gesig, is jou lyf ook gedehidreer, maar die meeste van ons is ekstra lui vir lyfroom gedurende die koue winter. As jy gereeld Stylvol lees, sal jy weet dat ons reuse Nuxe Huile Prodigeuse aanhangers is. Dit is werklik danksy hierdie olie dat ons lywe gedurende die winter bevogtig word. Jy spuit die olie (wat ongelooflik ruik) op jou klam vel nadat jy uit die bad of stort geklim het. Jy kan dit natuurlik op droë vel ook aanwend, maar dit werk veral goed op ’n klam vel.
(Ek hou ’n klein toetsgrootte botteltjie in my kar vir noodgevalle en smeer dit ook aan wegvlieghaartjies en droë naelvliesies.)
Eau Thermale Avène Xeracalm Moisturizing Lotion kan op jou lyf en gesig gebruik word, en is ‘n ware familie-staatmaker in ons huis.