Nuxe Huile Prodigieuse Neroli
Nuxe Huile Prodigieuse Neroli

Ons is gaande oor NUXE Huile Prodigieuse® Neroli en dis hoekom

Dit is danksy Nuxe Huile Prodigieuse® dat ons lywe daagliks bevogtig word. Die nuwe NUXE Huile Prodigieuse Neroli maak hierdie dikwels lastige takie heelwat meer van ’n plesier en dit is waarom. Deur Suzanne Kotzè

Promosie

9 Redes hoekom ons gaande is oor NUXE Huile Prodigieuse® Neroli

Nuxe Huile Prodigieuse® Neroli (R595, Woolworths)

In 1991 het dit as ’n Franse aptekersproduk begin en vandag is NUXE Huile Prodigieuse ’n kultusproduk wat deur al wat sjiek Franse vrou is en verskeie bekendes gebruik word. Die nuwe weergawe, Nuxe Huile Prodigieuse Neroli in ’n pragtige groen bottel is ’n groot gunsteling vir ons altwee en hier is die redes:

1. Dit spuit aan

Soos die oorspronklike NUXE Huile Prodigieuse® spuit die Neroli weergawe ook aan. Ek en Justine ruil dikwels staaltjies uit oor hoe sleg ons met doppies is, dus is hierdie spuitbotteltjie ’n wenner. Die aanspuit is natuurlik ook baie vinniger as om room aan te smeer en in te smeer en smeer en smeer en smeer …

2. Nuxe Huile Prodigieuse® Neroli smelt in jou vel in

Dit is die heel lekkerste gevoel as jy uit die stort stap en die olie aan jou effense klam lyf spuit. Dit voel behoorlik asof dit in jou lyf in smelt. Die rede hiervoor is dat dit soos Nuxe Huile Prodigieuse ook ’n droë olie is en nie ’n olierige lagie los nie.

3. Dit voed jou vel

Dit is maklik om te sien en voel hoekom 97% (3) van vroue saamstem dat hulle velle gevoed en mooi voel na aanwending. Dit is danksy die organiese pruim en sesamolie.

4. Die goedvoelreuk

Vreugdevolle Bergamot, elegante Neroli (wat ’n effense soet sitrus blommegeur het) en aromatiese Laventin skep ’n geur wat behoorlik jou sintuie streel. Die geur is vir ons terselfdertyd strelend en energiek. So asof jy daardie oomblik kan asemhaal en kalmeer voordat jy energie kry om met die dag (en dikwels dolle gejaag) te begin.

5. Multi-funksioneel

Moenie eers daaraan dink om ooit sonder NUXE Huile Prodigieuse® Neroli op vakansie te gaan nie. Dit kan gerus ook in jou handsak bly. Behalwe op jou lyf kan dit ook gebruik word op

  • Droë naelvliesies
  • Wegvlieg haartjies (trek gerus jou palms deur jou hare nadat jy klaar jou olie aan jou lyf aangewend het)
  • Jou gesig om dit te bevogtig en om om ekstra glans te gee. Jy kan dit net so gebruik of saam met jou gesigroom inmeng.
  • Op jou borsbeen; veral as jy ’n bostuk of rok aanhet at effens meer lyf wys. Dit gee pragtige glans.

6. Dit is organies en veganisties

Nuxe Huile Prodigieuse Neroli het Ecocert, Cosmos Organic en Vegan Formula sertifisering. En dit is nie maklik om te kry nie. Dis lekker om ’n produk te gebruik wat ook beter vir die aarde is.

7. Dit gee jou vel glans

Sjoe! Die glans wat hierdie olie gee is wonderlik. Natuurlik nou nie daardie lipglans tipe glans nie. Maar die glans wat jou vel gesond en bevogtig laat lyk. Merke op ons bene lyk ook sommer minder sigbaar.

8. Die kleur van die bottel

Jy kan NUXE Huile Prodigieuse® Neroli aanlyn koop by Woolworths. Kliek op die foto.

Ons is absoluut gaande oor die mooi donkergroen kleur van die bottel. Dis asof die donkergroen kleur dit nog meer luuks laat voel.

9. Dit hou lank

Omdat die olie so goed insmeer, het jy werklik nie meer as ’n paar spuite op ’n slag nodig nie. Ons gebruik dit al twee weke lank en jy kan net-net aan die bokant sien dat dit gebruik is.

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
geskenke mans
Geskenkidees vir mans
error: Content is protected !!