Naels vir nou!

Of jy nou hou van ’n skoon, natuurlike voorkoms of subtiele naelkuns of meer is meer kleure en patrone op jou naels, hier is die top naeltrends vir die lente/somer seisoen.

Ons deel 13 mani-idees, hou die artikel naby vir inspirasie vir jou naels vir jou volgende naelafspraak. Deur Justine Kroes

1. Glansende jellienaels

@gossipandgloss op Instagram

Deursigte, glansende kleure met ’n sappige, glas/jellie effek. Hoewel hierdie naellak tendens nie splinternuut is nie, bly dit ’n gunsteling vir 2026.

@matejanova op Instagram
@shamixnails op Instagram
@matejanova op Instagram

Pienk jellienaels het die vorsige seisoene oorheers, maar hierdie seisoen is daar meer as een skakering in die amper deursigtige jellie-effek wat trend. Skakerings sluit lila, koraal, warm rooi, sagte pienk en blou en groen in.

2. Mikro-details

@themanicure_co op Instagram

Piepklein mikro-motiewe, patrone en elemente op naels dra by tot ’n speelse element vir jou lente/somer naels.

@look8thenails op Instagram
@shamixnails op Instagram
@matejanova op Instagram

Dink aan klein geverfde vrugte, blommetjies, hartjies, strikke en sterretjies.

@matejanova op Instagram
@betina_goldstein op Instagram

Feitlik enige klein mikroprentjie op jou naels wat jou gelukkig laat voel.

3. Skakerings van groen

@look8thenails op Instagram

Van ’n sagter “sage” groen tot ’n pastel matcha groen en selfs ’n helder lemmetjie tennisbal groen is dit duidelik dat skakerings van groen vir verfrissende vingerpunte sorg.

@biosculturedk op Instagram

Ons weet chartreuse is ’n gewilde skakering tans in die modewereld. En juis hierom is “tennisbal groen” naels nie ver agter nie. Hierdie helder lemmetjiegroen geel kan net so aangeverf word, of vir ’n meer subtiele effek probeer ’n pastelskakering van hierdie kleur.

4. Hoe rooier hoe mooier

@matejanova op Instagram

Tamatierooi pronk as ‘n modekleur hierdie seisoen, en dit is duidelik ook ’n gewilde keuse vir jou vingerpunte. Hoe helderder hoe beter!

@paintedbyjools op Instagram

Die kleur is warmer en amper meer oranjerooi eerder as ’n koue (blou ondertoon) rooi.

5. Klassieke naturlike naels

Dink aan jou eie naels, maar beter. Die trend word op verskillende maniere verduidelik, onder andere as“bridal natural nails”, “soap nails” of “milk nails”.

@shamixnails op Instagram

Die idee is dat daar ’n effense wasige kleur (soos ’n ligpienk of melkerige wit/pienk) oor jou naels geverf word, met die resultaat – baie blink naels wat gesond en natuurlik lyk.

Beslis ’n gunsteling wanneer ons nie weet wat om op die kleurwiel te kies nie. Skoon vars en pas natuurlik by als!

6. Mikro Franse manikuur

@paintedbyjools op Instagram

’n Moderne weergawe van die klassieke Franse manikuur, Die “barely there French” verwys na ’n Franse manikuur met ’n ekstra dun, superfyn lyntjie aan die bopunt van jou naels.

@paintedbyjools op Instagram
@sofie_nailaesthetics op Instagram

Ons hou veral hiervan op kort naels en hoe dit ’n minimalistiese, amper tydlose gevoel skep.

Dra jou mikro Franse manikuur nie net in wit nie maar enige kleur van jou keuse vir somer goedvoel vingerpunte!

7. Kleurblok naels

@betina_goldstein op Instagram

Kleurblokkeer in die modewereld is groot ja, maar blykbaar so ook op jou naels.

Kombineer verskillende helder skakerings saam vir naels wat ’n stelling maak.

@overglowedit op Instagram
@overglowedit op Instagram

Hierdie dopamien en goedvoel naeltrend sal beslis ’n glimlag op jou en ander se gesigte sit.

8. Glinsterende skulpiepienk

@look8thenails op Instagram

Ons het al baie verskillende pienk nael skakerings gesien deur die jare, maar hierdie een het ons opgewonde. Minimalisties, maar van die ‘n subtiele chroom-pienk effek. Nes ’n pragtige pienk skulp wat saggies glinster in die son.

@paintedbyjools op Instagram
@look8thenails op Instagram

9. Bottergeel

@matejanova op Instagram

Hierdie skakering is al ’n ruk lank gewild, en ons kla nie!

Bottergeel is duidelik ’n moet-dra skakering in beide mode en skoonheid sirkels. En moenie bekommer as jy dink dit gaan by niks pas wat jy aantrek nie.

@biosculturedk op Instagram
@shamixnails op Instagram

Bottergeel dien as ’n fantastiese neutraal en werk goed by skakerings soos grys, blou, rooi, beige en selfs pienk!

10. Akwablou/ turkoois

@matejanova op Instagram

Die nuwe turkoois word na verwys na “akwablou” en is nes tamatierooi en chartreuse is akwablou ’n moet dra skakering vir somer lente 2026.

@biosculturedk op Instagram
@paintedbyjools op Instagram
@paintedbyjools op Instagram

Dink aan die kleur as turkoois maar selfs nog helderder. Hierdie skakering van blou laat ons dadelik gelukkig voel!

11. Sardien seisoen

@violette_fr op Instagram

Vis en kreef details op klere, in dekor en selfs nou op jou naels bly ’n groot tendens vir somer/lente 2026.

Spesifiek sardien vissies, kyk net hoe oulik is hierdie klein vissies op elke nael.

10. Polkakol-naels

Foto: Pinterest

In die kol met polkakol-naels vir 2026. Vanjaar se polkakol-naels is minder retro en meer modern.

Foto: Pinterest
Foto: Pinterest

In plaas van perfekte, eweredige kolletjies sien ons fyn mikro-kolletjies, onreëlmatige plasing en slim gebruik van negatiewe spasie. Hou by klassieke wit en swart of kies kleurvolle skakerings wat mekaar komplementeer.

11. Helder bont strepe

Foto: Pinterest

Met moderne maksimalisme (die goedvoel meer- is-meer tendens) wat hierdie seisoen terug is, is strepe in helder skakering nie net vir mode op die loopplanke nie, maar ook vir jou naels.

Foto: Pinterest
Foto: Pinterest
Foto: Pinterest

Verf dit meer subtiel met strepe in soortgelyke skakerings of gaan dopamien bont en verf kleurblok helder strepe. Hierdie naels maak ’n stelling!

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Beste wenke vir hare wat koek; vir ma’s en kinders
error: Content is protected !!