Verkies jy natuurlike produkte, of is jy ’n sensitief vir retinol vel, dan is die nuwe Nuxuriance Ultra ALFA [3R] reeks net vir jou. Die navorsingspan en wetenskaplikes van Nuxe het met ’n gepatenteerde nuwe formule vorendag gekom, wat soos retinol werk. Deur Suzanne Kotzé, Foto’s Tegan Smith
promosie
Nuxuriance Ultra ALFA [3R]
Die geliefde Franse reeks, Nuxe, is bekend vir hul natuurlike bestanddele, wonderlike tekstuur en dat hulle veganisties is.
“Ek het ons navorsing en ontwikkelingspan uitgedaag om met ’n alternatief vir retinol vorendag te kom. Een wat beter verdra word deur die vel, maar steeds kragtig is en nie net gelykstaande nie, maar verhewe bo hierdie sterbestanaddeel is. Dit terwyl hulle by ons beginsels; natuurlike, sensoriese formules, geliefd by vroue, moes hou,” sê Aliza Jabès, stigter en hoof van Nuxe.
Die reeks spreek die hooftekens van veroudering aan; plooie, fermheid, sak en glans, terwyl dit geskik is vir alle veltipes en jou vel ook nie meer sonsensitief maak nie. En dit is nie net van natuurlike oorsprong nie, maar ook vegansities.
Nuxuriance Ultra Alfa [3R] se trio van natuurlike oorsrpong bestanddele
Die krag van die natuur is die inspirasie agter die Nuxuriance Ultra Alfa [3R] reeks. Die NUXE laborotorium het botaniese DNA navorsing gebruik, om plante se unieke genetiese handtekening te bestudeer. Hierdie navorsing is gebruik om die plante se spesifieke karakter merkers te identifiseer en ook die kwaliteit van ’n oes te beaam. So kon Nuxe verseker dat hulle die regte spesies kies en ook die regte ooreenstemmende aktiewe molekules.
Die drie hoof natuurlike bestanddele
Hialuroonsuur
Die hialuroonsuur wat in die reeks gebruik is, is deur middel van bio-fermentasie bekom. Dit help om ondersteunende velvesels te vernuwe.
Organiese alfafla ekstrak
Hierdie is ’n vernuwende (regenerative) plant konsentraat met ’n kragtige herstellend aksie op die dermis en epidermis.
Daglelie-ekstrak
Daglelie-ekstrak dien as ’n anti-oksidant en dit voorkom ook glikasie (glycation?) (Die proses waar ’n suiker molekules bind aan die velvesels en proteïene en die vel verswak)
Die velvoordele van Nuxuriance Ultra Alfa [3R]
Die [3R] staan vir die drie velvoordele van die reeks
• [r]esurfaces (oppervlakvernuwing?)
Die vel se oppervlak word gladder
• [r]enews (vernuwe)
Die vernuwing van vel word geaktiweer
• [r]evitalises (verlewendig) Die aktiwiteit van die vel word gestimuleer
Die heerlike reuk en tekstuur
Dit is werklik opvallend hoe lekker hierdie produkte ruik en voel, en dit is van die redes waarom Nuxe so geliefd is. Met ander retinol tipe produkte wat meer kosmeseuties is, is daar beslis meer van ’n skoon, mediese tipe reuk. Die Nuxuriance Ultra Alfa [3R] reeks ruik luuks met note van lemoenbloeisels, framboos en sandalhout. Soos al Nuxe se produkte is daar ’n groot klem op tekstuur. Jou skoonheidsroetine voel minder soos ’n taak en meer soos ’n pamperlangsessie.
Die produkte in die Nuxuriance Ultra Alfa [3R] reeks






Die koel masseer balle
Hierdie is slegs vir ’n beperkte tyd beskikbaar, so vinnig spring as jy hulle wil hê. Ons het so lekker gespeel hiermee, en kan nie wag vir somer nie (want jy kan hulle ook in die yskas sit om dit ekstra koud te maak). Dit help met sirkulasie (veral handig onder die oog-area!) en om vel te verferm en meer glansend te laat lyk.
Kyk gerus hoe om dit te doen hier.
Eko-vriendlike verpakking
Nuxe is lank reeds bekend vir hul eko-vriendelik verpakking en met die reeks is dit ook nie anders nie en gebruik selfs nog minder karton (14%minder) en plastiek (52%).
Waarvan hou ons die meeste van die reeks?
- Dit veroorsaak nie sensitiwiteit
- Natuurlike formule
- Geen sonsenstiwiteit
- Jy kan dit dadelik en elke aand en dag gebruik (en nie geleidelik, soos jy met retinol produkte hoef te doen nie).
- Die reuk en tekstuur is ongelooflik.
