wintervel
wintervel
Foto Shutterstock

Moets en moenies vir wintervel

Sukkel jy met sensitiewe, droë wintervel? Troef die koue met hierdie doktersraad en produk-aanbevelings. Verstaan wat droë versus gedehidreerde vel is. Deur Justine Kroes, Suzanne Kotzé en dr. Alek Nikolic.

Ons het by Kaapse dokter en eienaar van skinmiles, dr. Alek Nikolic aangeklop om raad te vra oor sensitiewe, droë vel. 

Wintervel: droog vs gedehidreerd

“Dit is belangrik om eers te verstaan wat die verskil is tussen droë versus gedehidreerde vel,”sê dr. Alek. 

Droë vel

’n Droë vel is net soos olierige- of kombinasievel voorafbepaald. So dit is geneties en jou ma of pa sukkel waarskynlik ook hiermee.

Mense met droë velle sukkel waarskynlik al hulle hele lewe lank hiermee.

Dit word hoofsaaklik deur ’n genetiese tekort of lae produksie van sebum veroorsaak. Sebum speel ’n noodsaaklike rol om die buitenste laag van ons vel te beskerm en waterverlies te voorkom. Dit help ook om jou vel soepel te hou met ’n eweredige tekstuur. Mense met droë-veltipes kla gereeld dat hulle vel dof lyk en styf en jeukerig voel. 

Droë velle ’n tekort aan sebum het, terwyl gedehdreeerde velle ’n tekort aan vog of water het. 

Droë en gedehidreerde vel

As jou vel skielik droog voel is die mees algemene rede waarskynlik ’n tekort aan water of vog. Dit is gewoonlik ’n tydelike probleem. Skielik

  • Voel jou vel styf
  • jeukerig
  • toon tekens van ’n opvlamming of
  • inflammasie
  • vel wat afskilfer
  • fyn lyntjies en plooie wat ewe skielik meer sigbaar lyk
  • jou vel kom skubberig voor
  • toon tekens van growwe en dowwe vel-oppervlak

Die hoof verskil tussen droë veltipes en gedehidreerde vel is dat die verandering skielik is en word tipies deur eksterne faktore, soos die winter of ’n skielike klimaatsverandering teweeggebring. 

7 Oorsake van gedihidreerde vel 

  1. Weer en omgewingsverandering 
  2. Besoedeling
  3. Dieët
  4. Gebruik van velprodukte (verkeerde bestanddele of oorgebruik) 
  5. Medikasie
  6. Oor-reiniging or oor-afskilfering en jou vel te hard hanteer. 
  7. Oormatige gebruik van growwe afskilferaars 

Die belangrikheid van ’n gesonde sperfunksie

Met droë en gedehidreerde velle speel die sperfunksie ’n noodsaaklike rol in die oorsaak en bestuur of behandeling van ons topikale velsorgroetines. Gedurende die wintermaande is dit ekstra belangrik om vir ons sperfunksie te sorg.

Die sperfunksie bestaan uit die buitenste lagie velselle wat saamgebind word deur seramiede, lipiede en vette. Dink daaraan soos ’n baksteenmuur. Die bakstene is die selle en die sement is die seramiede, lipiede en vette. 

Gedurende die droër wintertoestande verminder die seramiede en lipiede wat op hulle beurt weer die waterinhoud van die vel se buitenste selle verminder. Gapings of openinge onstaan ook tussen die velselle wat bydra tot waterverlies en verdamping (transdermale water verlies). Dit lei tot groter blootstelling aan besoedeling en bakterieë wat weer inflammasie en sensitiewe vel veroorsaak. 

Jy kan ook aan jou spefgunksie dink as ‘n vis se skubbe. As jou sperfunksie goed werk, lê die skubbe plat, maar as die sperfunksie verstuur is staan die skubbe regop.

Jou sperfunksie se beskermende funksies

  1. Dit help keer dat water en elektroliete deur jou vel ontsnap
  2. Dit dien as ’n beskermende skild teen skadelike mikro-organismes deur anti-mikrobiale peptiedes en protëine te produseer.
  3. Help met vel-immuniteit
  4. Reguleer inflammasie

Raad vir wintervel

  1. Vermy harde seep, afskilferaars, korreltjie-agtige afskilferaars, growwe waslappe of kragtige chemiese afskilferaars.
  2. Drink meer water
  3. Hou jou stort of badwater louwarm. 
  4. Smeer room aan soos jy afdroog na ’n stort of klaar gereinig het
  5. Probeer om nie te krap nie. 
  6. As jy verwarmers gebruik, draai dit op laer hitte of sit verder weg
  7. Oorweeg ’n humidifeerder (humidifier) om die vogvlakke binnenshuis te behou

4 moets en moenies vir wintervel

Moenie

Vermy dit om lank in baie warm water te bad of stort.
  1. Lang, warm storte neem nie.
  2. Growwe waslappe of borsels gebruik nie
  3. Jou vel oorreining nie
  4. Aktiewe bestanddele wat irritasie of sensitiwiteit kan veroorsaak gebruik nie
  5. Vermy dit om te rook; dit vererger gedehidreerde vel.

Jy moet

  1. Bevogtiger en serums wat hialuroonsuur en seramiedes bevat, gebruik. 
  2. Silikone oorweeg wat die sperfunksie help deurdat dit ’n okklusiewe lagie op die vel vorm en jou vel help om water te behou of dit te bevogtig. 
  3. Die sperfunksie help herstel deur op te hou om alle topikale produkte te gebruik en slegs ’n reiniger wat sagkens werk te gebruik, spesifiek vir sensitiewe en droë veltipes, Volg dit daagliks op met ’n room wat jou sperfunksie help herstel en ’n goeie SBF bevat,
  4. Gebruik SBF ongeag die weer. Verkieslik een van 30 of hoër wat sink-oksied of titanium-oksied bevat. 

Produkte om te kies

Die beste bestanddele in jou velsorgroetine moet hialuroonsuur en seramiede insluit. As jou vel sensitief voel, kies serums met ’n lae konsentrasie antioksidante soos lipied-oplosbare vitamiene C en E. As jou vel droog, maar nie sensitief voel nie, kan jy hoër konsentrasies van die vitamien C en E gebruik. 

Kies reinigers spesifiek vir droër veltipes. As jy van ’n skuimreiniger hou, kan dit ’n sagte alfa-hidroksiesuur soos ’n lae konsentrasie (2%) glikoliese suur bevat. 

Vermy

  • Harde afskilferaars
  • Hoë konsentrasie alfa-en beta- hidroksiesuur-reinigers
  • Bevogtigers wat jou vel mat maak

Dr Alek se produkvoorstelle vir wintervel:

Anti-oksidante en hialuroonsuurserums  

DERMACEUTIC Hyal Ceutic Skinmiles en uitgesoekte salonne en medi-spa’s.

Bevogtigers

LAMELLE Serra Restore Cream uitgesoekte medi-spas en aanlyn winkels en skinmiles
NEOSTRATA Bio-Hydrating Cream uitgesoekte medi-spas, dokters en aanlynwinkels en skinmiles
SKINCEUTICALS Triple Lipid Restore 2:4:2 en itgesoekte medi-spas, dokters en aanlynwinkels en skinmiles
EXUVIANCE Ultra Restorative Crème) uitgesoekte medi-spas, dokters en aanlynwinkels en skinmiles
Lamelle-Ultra-Renewal-Cream
LAMELLE Dermaheal Ultra Renewal Creamuitgesoekte medi-spas, dokters en aanlynwinkels en skinmiles
ESTHEDERM Intensive Hyaluronic Cream (uitgesoekte medi-spas, dokters en aanlynwinkels en skinmiles

Reinigers:

QMS Deep Gentle Cleanser uitgesoekte spas, dokters en aanlynwinkels en skinmiles
DERMAQUEST C Infusion Cleanser uitgesoekte medi-spas, dokters en aanlynwinkels en skinmiles
DERMACEUTIC Advanced Cleanser uitgesoekte medi-spas, dokters en aanlynwinkels en skinmiles

Stylvol gunstelinge vir wintervel

Behalwe die produkte wat dr. Alek aanbeveel het ons ook ‘n paar ander gunstelinge. Onthou ook die volgorde waaraan ons geld bestee aan skoonheidsprodukte is van duur na goedkoop; sonskerm, serum, oogroom, bevogtiger, gesigwas

Reinigers

Bioderma Atoderm Creme De Douche Ultra Nourishing Shower Cream Jy kan jou gesig ook hiermee was.

Dr Alek Nikolic is ‘n estetiese medieshe dokter met meer as 20 jaar se ondervinding waartydens het al meer as 20 000 prosedures gedoen het. Hy het ook sy eie vel reeks ontwikkel sk.in. Die reeks is propvol voorskrif gehalte aktiewe bestanddele. Besoek Dr. Alek se website by www.dralek.co.za.

Lees ook: So werk serums

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Jou wenkbrougids; alles wat jy moet weet, van produkte tot wenkbroubehandelings
error: Content is protected !!