dopamiene dekor
dopamiene dekor

Kan dopamiene dekor jou huis ’n gelukkiger plek maak?

Net soos mode se helder pienk baadjies en groen broeke is dopamiene dekor ook hier om jou goed te laat voel. Kleurterapie vir jou huis! Dink aan bont kleure en patrone, iets wat jou dadelik innerlik laat glimlag. En nee jy hoef nie oordadig te wees as jy nie wil nie. Sê ’n helder hallo aan dopamiene dekor. Deur Suzanne Kotzé

25/06/2022

Sam Woulidge oor haar bont huis en dopamiene dekor

Kaapse kosskrywer en TV-aanbieder Sam Woulidge deel die volgende met ons:

“Ek dra meestal net swart. Vir verskeie redes. Maar meestal omdat ek maerder wil lyk as wat ek is. Ek wens ek kon kleur dra. Soos Iris Apfel, of Bettsey Johnson of Marianne Fassler, maar ek is net nie braaf genoeg nie. Ek dra wel ’n sequin. Of twee. Nee wragties waar ek is gaande oor ’n sequin, maar ek dra dit by swart. Altyd swart.

Maar ons huis moét kleurvol wees. A Happy House … ’n Huis wat met die intrapslag sê: ‘Hier word gelag. Hier word stories vertel … tales of miracle and wonder.’

En saans brand ons kerse. Baie kerse. Omdat ons ook besadig kan wees.

Kleur en dopamiene-dekorliefhebber Suzie Allderman se beste wenke

Suzie Allderman

Kleur en dopamiene-dekorliefhebber Suzie Allderman se beste wenke

Hierdie is my wenke vir goedvoel dekor en kleurvolle, ‘quirky’ en humoristiese elemente wat jy by jou dekor kan inwerk om die goevoel-hormone in jou huis te laat vloei.

1. Kleur-kurasie

Kleur kan so evokatief wees en soveel vreugde bring.

Skep jou eie persoonlike goedvoelpalet deur keure te kies wat jou laat gelukkig voel.

My goedvoel-kleure is skakerings van pMy goedvoel-kleure is skakerings van pienk, koraal, oranje, geel, turkoois en avokado-groen. Deur hierdie helder kleure te dra of om myself daarmee te omring in ons huis laat my gelukkig voel. Ek probeer om slegs items in hierdie kleurpalet te koop, en dan avontuurlustig te wees met patrone.

2. Die kleur-bad trend

Die ‘kleur-bad’ trend is op die oomblik in volle swang. Kies een kleur en gebruik dekor elemente Die ‘kleurbad’ trend is op die oomblik in volle swang. Kies een kleur en gebruik dekor elemente in verskillende skakerings van die kleure. Ek hou daarvan om dit nog verder te neem en nog een kleur by te voeg. Ons ingangsportaal het ’n versameling van blou keramiek en kleiware teen ’n donkerblou muur, met ’n rooi kunswerk en een enkele rooi keramiek- werk om dinge so bietjie omver te werp en dit interessant te hou.

3. Die reënboog-metode

Ek het ’n obsessie met Clea en Joanna van The Home Edit en ek is mal daaroor hoe hulle alles in reënboogkleure organiseer. Hulle reënboog ROYGBIV staan vir rooi, oranje,Yellow (geel),indigo en violet. Dit is nie net wonderlik om hiervolgens te organiseer nie, maar dit lyk ook mooi. Jy kan dit met enigiets van boeke op jou boekrak, tot kuns-objekte en ’n galery-muur en klere in jou kas probeer.

As jy nie van ’n vol reënboog hou nie, kan jy ook net ’n gedeelte van die reënboog kies bv. rooi, oranje en geel en kleure soos pienk en koraal ook saam met dit gebruik.

4. Strategiese neutraal

Al is ek ’n ‘verban die beige’ voorstander is neutrale skakerings tog goed om ’n elegante spasie te skep en ’n tikkie kalmte aan al die kleure en patrone te bring. Kies banke en mure in neutrale, maar donker kleure soos donkerblou of donkergrys om die kleur te laat uitstaan. My gunsteling muurkleure is donkerblou (Plascon Nautilus) of donker grys (Plascon Paris Paving).

Die donkerblou muur en grys bank laat die kleure en patrone uistaan. Swart en wit is nog een van Suzie se gunstelinge om saam met kleur te gebruik.

5. Dekor ontwrigters (disuptors)

Moenie bang wees om speels te wees en ’n verrassingselement in te bring deur byvoorbeeld elemente wat tradisioneel wit of neutraal is, op te kikker met kleur nie. Dink aan rakke, laaikaste, deure of selfs teëls en wasbakke of baddens in kleur.

My helderpienk laaikas (geverf in Plascon Fuschia Fizz) maak ons slaapkamer so ’n gelukkige spasie.
Ek is ook mal oor ons turkoois voordeur (met ’n koper pynappel kershouer en ’n fuchsia pienk kers!). Dit voel soos my eie ‘Palm Springs’ deur.

Gekleurde wasbakke en baddens maak ook weer ’n terugkeer, so moenie daardie aokadogroen wasbak of bad wat uit die sewentigs kom laat uithaal nie!

6. ’n Onmiddelike dopamiene treffer

Blomme! Ek is mal oor myne in ’n enkele skakering; van geel sonneblomme tot warmrooi amaryllis.

7. Die asemrowende tekstuur trend

Materiaal en elemente wat jy wil aanraak is beslis besig om hul weg in ons lewens te vind. Wees op die uitkyk vir tekstuur wat kleure en patrone nog meer ‘dopamien’ laat lyk. Teëls met tekstuur en ook tapisserie is op die oomblik groot nuus.

Los matte is natuurlik nog ’n wonderlike manier om helder kleure en patrone in jou spasie in te bring.

Van my plaaslike dopamiene dekor gunstelinge is

Vind hulle op Instagram

@lulasclan – ek is mal oor my Mary-Jane en Naledi kussings

@ideacircus1965 – wonderlik vir oorspronklike en bekokstigbare neo-pop kunswerke

@alovesupreme_creative

@therapyrufftung

@airloomdecor

My gunsteling Instagram gunstelinge

Vir dopamiene dekor-inspirasie volg ek:

@sophierobinsoninteriors

@thejungalow

@designattractor

@thistimeincolour

@livingetcuk

Psst: Stylvol sê volg gerus ook vir Suzie op Instagram vir kleur en goedvoel inspirasie! @suz.at.slice

Kalinka Lombard van The Home Collective se dopamien dekor wenke

1. Verf ’n ou bankie, tafeltjie of stoel ’n helder kleur

Sit dit iewers in ’n mooi hoekie om ’n deel van jou huis op te kikker.

2. Spuitverf ’n ou blompot of raam in ’n helder kleur

Bestel iets soos ’n goedkoop Matis Print van Etsy om in jou helder raam te sit as jou begroting nie vir helder kuns toelaat nie.

3. Helder blomme of plante

’n Maklike manier om vir jou ’n dopamien ‘kick’ te gee as jy huiwerig is vir kleur is met helder blomme of ’n plantjie soos ’n Japanese Moneyplant.

4. Gekleurde glasware of borde

Nog ’n maklike manier om spatsels kleur in te bring is met helder glasware of ’n bordestel wat jy kan uitstal op ’n rak in jou kombuis.

5. Strooikussings

Helderkleurige strooikussings kan ook vinnig jou leef- of slaapkamer opkikker.

6. Lila is ’n goeie keuse vir badkamers of slaapkamers

Lila (ligpers) is ’n rustige kleur en een van The Home Collective se gunsteling kleure vir slaap- of badkamers. Dit kan ook mooi wees om in jou gastetoilet een mooi lila muur te verf. Jy kry ook pragtige lila linne vir jou slaapkamer as jy nie noodwendig jou mure ligpers wil verf nie.

7. Gunsteling heldergroen

Heldergroen is van The Home Collective se gunstelinge vir jou kombuis, buite-leefarea of kinderkamers.

#stylvolwenk: As jou styl meer minimalisties is, kan jy steeds helder kleure en patrone gebruik. Al is dit net jou gunsteling koppie, wat jy laat glimlag as jy jou eerste koppie koffie drink. As jy ’n tuiskantoor of vertrek vir jouself het, is dit ook ‘n lekker plek om kleur in te bring. ’n Gekleurde planthouer of ’n bont kunswerk teen jou muur. Die belangrikste is dat dit iets moet wees wat JOU laat goedvoel.

Vrolike patrone

Heather Moore van Skinny La Minx is ook ’n groot dopamien dekor aanhanger. Soveel so dat die slagspreuk van Skinny La Minx “Pattern makes us happy” is. “Ek dink dit is absoluut waar.

As jy patrone en kleure rondom jou het, is jou gemoed dadelik gelig.”

Heather Moore

Van ons gunsteling dopamien dekor kopies

Hierdie voorkoms is deur die Sanderson Design Group se Harlequin II Rewilded versameling. Die materiaal van die bank is Hertex Rewilded. Die materiaal teen die muur is Hertex se Equidae.
Typo Midi Shaped Planter
(R199, Cotton On)
Mervyn Gers bekers (R200.10 elk, Mervyn Gers)
Velvet Stools en Ottomans (R1799-R4799, @home)
Ons is verlief op hierdie Arrange studio Paradis Light. Dit neem twee gloelilampe (R5800, bestel dit deur vir roxanne@arrangestudio.co.za te epos) Dit is in ‘n verskeidenheid kleure beskikbaar en is op hulle Instagram blad te sien.

Lees ook: Jou kleur-persoonlikheid

Die goedvoel modegier “Dopamine Dressing” verduidelik

Kleurterapie; neem so beheer met kleur

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
27 Strand-items wat jy die vakansie nodig het
error: Content is protected !!