Wat sê jou gunsteling kleur oor jou kleur-persoonlikheid? Is jy mal oor pienk, maar haat bruin? Kleur vertel ons meer; van waar jy jou inspirasie kry tot areas wat jy kan verbeter. Deur Suzanne Kotzé
Het jy al gewonder hoekom jy die een dag daarvan hou om geel te dra en die volgende dag swart? Of hoekom jy net niks van ’n sekere kleur hou nie? Daar is geen twyfel dat kleur ’n groot invloed op ons bui en emosies het nie.
Soos ek hierdie artikel skryf, het ek heeldag in swart slenterdrag in my bed sit en werk en totaal oorweldig en moeg gevoel. Voordat ek my kinders by die skool moet gaan haal, trek ek my helderste oranje en skelpienk rok aan, en voel vol energie en vrolik. En dit is toe nie net my verbeelding nie!
Sielkundige Dr Hannetjie van Zyl-Edeling sê sy gebruik gereeld kleur met pasiënte om gesprekke aan te moedig. “Sommige jonger pasiënte, en soms ook mans, sukkel om te begin praat. As ek dan vir hulle ’n kleurprofiel wys en begin uitvra oor gunsteling- kleure, herinneringe en ‘yuck’ kleure, begin mense baie meer oopmaak.
Kleur is ’n belangrike nie-verbale kommunikasiemedium.”
Dr Hannetjie van zyl-Edeling
Wat is kleurterapie en jou kleur-persoonlikheid?
Kleur-terapie
Dr. Hannetjie verduidelik: “kleur is ’n energie wat met ons eie energie kan resoneer – versterk of verswak, afhangende van ons ervaring daarvan.
Kortliks, ons gebruik kleur om emosie en luim uit te beeld. Dink maar aan ’n skildery of ’n grou dag. Baie keer as mense depressief voel en jy kyk na hulle tekeninge, is daar geen kleur in nie.
Wat is jou kleur-persoonlikheid?
Dr. Hannetjie gebruik die boek The Language of Colour deur Dorothee L. Mella om kleur profiele mee te doen en jou kleur-persoonlikheid te bepaal.
Kies die kleur wat jy sal wees as jy ‘n kleur is
Kyk na die kleure en kies een wat soos jy voel. Moenie dink aan ’n kleur wat jy elke dag sal dra nie. Kies die een wat dadelik uitspring.


ROOI energiek, selfversekerd, intens, passievol, ambisieus

PIENK liefdevol, simpatiek, vriendelik

ORANJE aktief, energiek, sosiaal, ongeduldig

GEEL optimisties, lewenslustig, betroubaar, behulpsaam, lojaal

GROEN wetenskaplik, humanitêr, liefdadig, dien graag

LIGBLOU kreatief, verbeeldingryk, analities

DONKERBLOU intelligent, verantwoordelik, self-behoudend

PERS intuïtief, gevoelig, waardig

BRUIN eerlik, plat op die aarde, ondersteunend.

SWART gedissiplineerd, sterk wil en eiesinnig

WIT individualisties, eensaam, lae-selfbeeld
Jou inspirasie kleur
Kyk na jou kleur wat jy gekies het en kies dan ‘n kleur wat jou kleur optel of inspireer.
Die kleur wat jy hier gekies het dui op jou bron van inspirasie en dit wat jou laat goed voel.

Jou inspirasie kleur laat jou goed voel, doen gerus meer van die aktiwiteite

ROOI jy oefen, doelwitte nakom of kompeteer

PIENK jouself aanvaar, liefde gee en ontvang of sorg vir ander.

ORANJE organiseer jou doelwitte, produktief en gefokus is.

GEEL sosialiseer, kommunikeer en jouself uitdruk.

GROEN dien en ander help, self-ontwikkeling toepas en om ondersoek in te stel en te verstaan.

LIGBLOU wanneer jy jou verbeelding kan gebruik

DONKERBLOU as jy onafhanklik is en selfonderhoudend is

PERS jou gevoelens vertrou en jou intuïsie gebruik

BRUIN vol self-vertroue voel, veilig voel en bewus is van jou eie waarde.

SWART gedissiplineerd is, onafhanklik is en aan jou eie standaarde voldoen.

WIT nuwe idees het, kreatief en vry voel.
Watter kleur vind jy afstootlik?
Kyk na die kleure. Die kleur wat afstootlik vind, dui op jou swakpunte of areas wat jy kan verbeter.


ROOI sukkel om jou humeur te beteuel, emosionele uitbarstings

PIENK voel afhanklik van ander

GEEL voel of jy nie aan jou eie standaarde voldoen nie en sensitief vir kritiek van ander

ORANJE voel verward of gefrustreerd

GROEN voel verveeld, sukkel met selfmotivering

BLOU (alle skakerings) voel verstandelik/geestelik uitgebrand

BRUIN voel bekommerd en sukkel met skuld-gevoelens

SWART depressief, sukkel met self-erkenning en self-liefde

WIT voel alleen, afgestomp en nie geliefd nie
Die basis van kleurterapie

Baie van ons reageer dieselfde op sekere kleure en al maak kleur-assosiasies uit jou verlede ’n groot verskil aan hoe jy voel oor sekere kleure, is daar tog sekere algemene kleur-assosiasies.
- rooi: aggressie, energie, beweging, selfvertroue, intensiteit, stimulasie
- geel: geluk, lewenslus, beter bui, optimisme, lag
- wit: steriel, skoon, suiwer, lig, onskuldig
- pienk: kalm, verminderde eetlus, soet, liefde, romanse
- groen: hernuwing, oopheid, vrede, vreedsaam, welvaart
- swart: krag, mag, sterk, kwaad, intelligent, outoritêr
- blou: oopheid, spasie, fokus, kalmte
- oranje: energie, ambisie, aktiwiteite, sosialisering, bevrydend
- bruin: betroubaar, stabiel, organies, natuurlik, heilsaam.
So dink twee keer oor watter kleur jy volgende aantrek en laat jou kleur-persoonliheid jou lei!
Lees ook: Kan essensiële olies help vir angstigheid en slaaploosheid?