Unieke blompotte en rangskik-idees

Het jy ook al moeg geraak vir jou ou vervelige glas blompotte? Boonop raak jou inspirasie vir rangskik net al hoe minder? Ons deel 26 unieke blompotte en blompot-idees wat enige tafel, spasie of boekrak dadelik sal opkikker plus ’n paar handige blompot stileertruuks om jou bietjie anders te laat dink oor jou blompot-stilering. Deur Justine Kroes

Blompotte en stileertrruks

Inspirasie-idees vir blompot stilering

1. Maak jou eie rangskikking

In plaas daarvan om ’n bossie blomme by jou kruidenierswinkel te koop besoek jou plaaslike bloemis of blomverkoper en stel jou eie keuse van blomme saam. Ja dit verg daardie ekstra tikkie moeite maar glo ons, die geluk wat dit jou bring is die moeite werd.

Jy kan kleure, die tipe blomme en die loof self kies om by jou spasie, tafel dekor of selfs net jou persoonlikheid te pas!

Probeer gerus ‘n “flower frog” met gaatjies wat rangskikking selfs nog makliker maak:

Babylonstoren Scalloped Flower Frog (R670)
Babylonstoren Scalloped Flower Frog (R670)

‘n Ikebana is nog ‘n indrukwekkende manier om jou blomme te rangskik:

Mini Ikebana kit (R529 Nifty Gifts)

2. Blare of takke uit jou tuin

Ons weet om blomme te koop is ’n luuksheid – maar dit beteken nie jou blompotte hoef leeg agter in ’n donker kas te staan nie.

Foto: Pinterest

Loer in jou (of jou buurvrou) se tuin en knip blare of takke af om jou blompotte te vul. Enigeiets van spekboom tot monstera en piesangboom blare en selfs bougainvillea takkies vol helder blommetjies.

Foto: Pinterest
Foto: Pinterest

3. Probeer kleiner blompotte

Foto: Pinterest

Groter is nie noodewnding altyd beter nie. Ons is tans gaande oor die gewilde terugkeer van piepklein “bud vases” elk met ’n enkele blom of takkie in.

Foto: Pinterest

’n Stelletjie van drie of meer is al wat jy nodig het om ’n etenstafel op te kikker (pragtig met kerse tussen in). Hierdie bud vases elk op hul eie is boonop die perfekte grootte vir ’n badkamer kassie of vir ’n bedkassie.

Babylonstoren Mini Bud Vase Set of 6 (R820)
Plantify Blossom Bud Vase (R185 elk)
Plantify Belly Bud Vase (R185)
Babylonstoren Symphony Vase (R3400)

Unieke blompotte op ons dekor radar

3-Dimensionele Gedrukte Blompotte

Ribbed 3D Printed vase (R195 amazon.co.za)

Hierdie blompotte is eko-vriendelik en word deur middel van 3D printing geskep. Die materiaal is vanuit PLA ’n plant materiaal gemaak wat boonop bio-afbreekbaar is.

Ribbed 3D printed vase (R189 takealot)
BMA Store Curvy 3D printed vase (R249)

Papier blompotte en blomme

Hier praat ons nie van daardie blomme wat ons as kinders uit tissues gemaak het nie! Hierdie papier blomme en blompotte is pragtig, helder en sal enige spasie optower!

Studio ROOF Spring Time Surprise (R235 plantify)

’n Goeie kopie wanneer jy wil hê jou blomme moet langer moet hou.

Studio Roof is eintlik bekend vir hul pragtige muurkuns papier skeppings maar kyk net hoe mooi is hierdie helder papier blomme.

Studio ROOF Juliet’s Field Paper Flower Bouquet
Studio ROOF Gardens of Agnes Paper Flower Bouquet

Hierdie unieke papier blomhouers is beskikbaar op Babylonstoren se webtuiste ontwerp deur Maranda Engelbrecht:

Vivadora Paper Vase (R690)
Swan Paper Vase (R690)

Gemaak uit waterbestande papier gedruk met unieke antieke blompotte bo op. Skuif die papier blompot “sleeve” bo oor ’n vase wat daarin pas.

Foglia di Carciofo Paper Vase (R690)
Green Arbor Paper Vase (R690)

Unieke ontwerp blompotte:

Wade Ceramics Gluggle Jug XL 1.3liter (R1799)
The Joinery Pink Scallop Vase (R1290)

Wie het gesê blompotte hoort vervelig te wees – kyk net hoe uniek is hierdie blompot ontwerpe, van voeltjies tot visse, suurlemoene en hande wat roomyse aanbied!

Jonothan Adler I-Scream Vase (R1385 Skins)
Sunset Songbird Vase (R1395 Blockandchisel)
Poetry Tina Trophy Vase (R699)
Bespoke Home Large Lemon Vase (R3250)
Poetry Footed Vase (R490)
Elsje Designs Papier Blompot (R250)
Rialheim Flower Frog Medium (R999)

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
muurkuns
Hang jou muurkuns so
error: Content is protected !!