10 Wenke vir ’n lentehuis en dekorkopies wat ons lentelus gee

Gee jou huis ’n lentehupstoot met hierdie wenke vir ’n lentehuis. Trek oop jou gordyne, laat die lentelig inskyn en die swaar gevoel van winter verdwyn. Deur Suzanne Kotzé

Selfs vir die van ons wat gewoonlik lief is vir winter se hygge gevoel, is ons net so keelvol vir die nat, donker, skimmel en lek soos winter se gehoes en geproes. Ons is reg om ons huise nuwe energie te gee en hoop hierdie wenke help jou.

 Wenke vir ’n lentehuis

1. Trek oop jou gordyne

En laat die sonlig inskyn. Die sonlig help nie net om ons beter le laat voel nie, maar help ook om huisstofmiet dood te maak.

2. Raak ontslae van skimmel

Met die hoë reënval en langer as gewoonlike winterweer het daar dalk skimmel begin groei waar jy nie eers gedink het daar skimmel kan groei nie. Gebruik ’n bietjie witasyn in ’n sproeibottel om op die skimmel te spuit en skrop dan. As die skimmel hardnekkig is, sal jy dalk ’n paar keer moet skrop of ’n spesiale skimmel-skoonmaker moet koop (verskeie soorte beskikbaar by supermarkte). Onthou om die area soveel as moontlik lug en lig te gee.

Lees hier: Wenke teen winter-skimmel en muf in jou huis

3. Pak weg jou winterkombersies

Al daai lekker snoesige bersies vir TV-kyk en banklê-aande is waarskynlik nie nou nodig nie. Hulle gaan bloot stof opgaar. Bêre dit in ’n krat wat goed seël vir volgende winter en skaf somer ‘throws’ of ligte moeselienkombersies aan.

Striped Throw (R1080, Babylonstoren)
Lana Throw (R990, Haus)
Fringed Throw 180x140cm (R499, Woolworths)

4. Ruil jou strooikussings uit

Die lieflike wintersteksture soos fluweel of fluweelkoord kan gerus gebêre word vir volgende winter (so voel jou wintershuis dan ook meer hygge). Dit is die ideale manier om ’n tikkie pret of patroon by jou dekor te voeg. Onthou as jy patrone meng, hou by een deurlopende kleur in jou patrone.

Extra Premium Printed Pineapple Scatter Cover Only 60x60cm (R229.99, Mr Price Home)
Textured Squiggles Scatter Cushion, 50x50cm (R149, Mr Price Home)
Swimmer Blue (R2040 (Verstrooid)
Hertex HAUS Vincent Fiesta Scatter Cushion with Duck Feather Inner, 60cm x 60cm (R1399, Haus)

5. Vrolike potplanthouers

Ons is gaande oor al die vrolike potplanthouers wat tans in die winkels is. Dit is ‘n maklike manier om ‘n tikkie dopamiene dekor by te voeg.

Check Planter, 15x15cm (R159, Mr Price Home)
Scribble Stripe Planter 12x13cm (R129, 99 Mr Price Home)
Bumble Bee Planter (16x13cm R159, 99, Mr Price Home)

6. Blomme, o lieflike blomme!

Footed Vase (R499, Poetry)

Is dit nie heerlik om weer meer bekostigbare blomme te kan koop nie! Maak vars blomme insit deel van jou weeklikse ritueel.

Daar is wetenskaplike bewyse dat vars blomme in jou huis kan help om angs en spanning te verlig.

Lees gerus hier vir wenke om blomme te rangskik.

Skaf ook gerus kleiner enkelblom blompotjies aan wat jy deur jou huis kan gebruik om byvoorbeeld ’n enkele tuinblom of bloeisels in te sit. Dit is ideaal vir plekke soos jou bedkassies of in ’n klein gastebadkamer of jy kan selfs ’n paar saam groepeer op jou tafel.

Large Ombre Sheen Vase (R349, Woolworths)
@home Glass Mushroom Bud Vase 7.5cm (R99, Bash

7. Vrolike tafeldoek en servette

My Mother City in Full Color Tablecloth (vanaf R2100, Cara Saven
Canvas Studios Ruffle Gingham Table Cloth Blue & White (vanaf R649, Bash)

As jy dalk gewoonlik meer neutrale kleure verkies of ’n minimalistiese styl het, is ’n gekleurde of tafeldoek met ’n patroon ’n wonderlike manier om ’n vrolike gevoel in te bring. (Jy kan dit altyd ook by jou buitetafel gebruik as jy dit net nie oor jou hart kan kry om buite jou neutrale kleurpalet te beweeg nie.) En jy kan dit weer wegbêre en terugkeer na jou minimalistiese, neutrale palet.

Lees ook: Mooiste tafeldoeke op ons wenslys

8. Stileer jou dranktrollie

Of jy nou jou dranktrollie gebruik om drank op te bêre en of dit net vir mooi goedjies is, gee dit ’n lentegevoel deur ’n plantjie wat blom by te sit of mooi gekleurde coasters en glase.

Cabo Drinks Trolley (R5999, Poetry)
 Yvonne Ellen Cocktail Shaker (R595, Yuppiechef)
Yvonne Ellen Bar Tool Set, Set of 4 (R999, Yuppiechef)
Colourblock Champagne Coupe (R149, Poetry)
Country Road Lowe Coupe Set of 2 (R499, Woolworths)
Summer Stripe Wine Glass (R109, Woolworhts)

9. Versorg jou potplante

Ja die winter was vir hulle ook lank. Knip dooie blare af, stof af en druk ’n stokkie in om daai plant wat so skeefgegroei het uit desperaatheid vir sonlig weer regop te hou. Verplant ook potplante wat te groot geword het vir hul potte. (Haal gerus jou potplant uit en kyk na hoe verstrengel die wortels is!)

10 Geur jou huis

Kies kerse en geurverspeiders met vars sitrus of mentgeure, dit gee glo ekstra energie. En sagte blommegeure vir jou slaapkamer of leefarea.

Glasshouse Neon Rays Triple Scented Soy Candle (R428, Amazon)
Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Dekorgeskenke vir Kersfees
error: Content is protected !!