Die goedvoel modegier “Dopamine Dressing” verduidelik:

“Dopamine Dressing” die goedvoel (en byna grootste) modegier van 2022 verwys na die aksie van klere-items aantrek wat jou goed en vreugdevol laat voel. Ons het ondersoek gaan instel, wat presies is “Dopamine Dressing”, lyk dit vir almal dieselfde en hoe pak ek die modegier reg aan? Deur Justine Kroes

27/05/2022

Wat presies is “Dopamine Dressing”

Modesielkundige (en skrywer van die boek Big Dress Energy) Shakaila Forbes-Bell verduidelik dat “dopamine dressing” gebaseer is op die konsep van “ek lyk goed,  daarom voel ek goed”. As jy ’n kledingstuk dra wat jy assosieer met geluk, leef jy daardie geluk uit en natuurlik laat dit jou dan gelukkig voel.

Die “dopamine” (dopamien) en daarby seratonien is beide goedvoel hormone wat tussen senuweselle gestuur word. Jou dopamienvlakke beinvloed jou gemoed. Wanneer jy lae vlakke van dopamien het, is jou gemoed laag en wanneer jy hoë vlakke het is jy natuurlik meer gelukkig.

Foto: Shutterstock

Wanneer jy gelukkig en mooi voel in dit wat jy aan het en dra, kan dit dopamienvlakke vrystel wat jou gelukkig laat voel.

Wanneer dopamien vrysgestel word, skep dit ’n gevoel van plesier en beloning wat ons dan natuurlik motiveer om weer dieselfde gedrag te herhaal. Soos om klere aan te trek wat jou laat goed voel.

Beteken “Dopamine Dressing” net helder skakerings aantrek?

Nee. Glo dit of nie – dit verwys ook na klere-items in jou kas wat herrineringe opwek van ’n spesifieke tyd in jou lewe waar jy gelukkig was en gelukkig gevoel het.

“Gaan vind uit wat jy assosieer met selfvertroue, geluk en vreugde en dra dit!”

Shakaila Forbes-Bell

Tekstuur is net so belangrik soos kleur. Ander sal weer goedvoel dopamien afskei omdat dit wat hulle dra en die tekstuur van ’n uitrusting ’n “cocooning” effek het. Net so kan blinkers, frille, valle en uitspattige tulle dieselfde “gelukkig voel” effek hê.

Foto: Shutterstock

Kleur jouself gelukkig

Hoewel hierdie trend nie net fokus op kleur nie is kleur beslis een van die kenmerkende elemente sigbaar op sosiale media te danke aan tik tok en mode beïnvloeders wat kleurvolle uitrustings bymekaarsit en dit #dopaminedressing noem.

Dink aan jouself en die skakerings wat jy aantrek wat jou laat goed voel. Die skakerings wat jy kies sal uniek wees tot jou kleurvoorkeure en selfs jou stylpersoonlikheid.

Daar is ook natuurlik die sielkunde agter al die kleur. Byvoorbeeld blou verwys gewoonlik na ’n kalm gevoel en rooi verwys weer na ’n opwindende, energieke gevoel. Lees meer oor die sielkunde van kleur hier.

Dus sal “dopamine dressing” vir geen twee persone dieselfde wees nie omdat dit uniek is tot jou goedvoel dopamien wat binne jou vrysgestel word vir die spesifieke skakering, tekstuur of kledingstuk wat jy dra.

Na die pandemie getref het, is dit duidelik dat mense meer risiko’s neem met hul modekeuses en dit mag dalk net die rede wees waarom die trend behoorlik vlamgevat het. Hoe meer helder en bont hoe beter! Meer is meer met kleur en dit is ’n duidelike goedvoel gier – ons voel sommer reeds gelukkig nadat ons na ’n klompie inspirasiefotos van #dopaminedressing uitrustings op sosiale media geloer het.

“Dra meer van jou gunsteling skakerings, skakerings wat jou herhinner van ’n gelukkige tyd, plek of persoon”

Shakaila Forbes-Bell

Doen “dopamine dressing” so:

Ontwikkel jou selfbewustheid. Amper soos wat jy ’n kosjoernaal sal hou. Probeer vasstel wat is die tipe klere waarin jy jou beste self voel, en weer die waarin jy nie so goed voel nie. Jou doelwit is om uit te vind watter kleurpalet, modestyl, teksture en silhoeëtte jou gelukkig laat voel. In ander woorde laat daardie goedvoel dopamien vry.

Vier jou unieke styl. Verby is die dae van grou-grys pakke vir werk. Trek daardie items aan wat jou laat goed voel en ontwikkel en groei jou klerekas om daarby te pas.

Loer na dit wat jy reeds in jou kas het. Dit is nie nodig vir ’n hele nuwe klerekas nie – dit wat jou laat goed voel sal reeds in jou klerekas wees. Hetsy dit daardie helder rooi jas is of daai pastel pers tulle romp. Gaan soek vir daardie klere-items wat jou altyd laat goed voel, dit sal jou help vasstel watter klere jy dalk op jou kooplysie behoort te hê.

Soek vir inspirasie aanlyn; gaan loer ’n bietjie na die modekeuses wat jy deur die jare op Pinterest op jou virtuele borde vasgepen het. Loer ook na dit wat jy graag “save” op Instagram. Dit sal vir jou ’n aanduiding gee oor goedvoel modekeuses wat vir jou aanloklik is.

Probeer iets nuuts; Selfs net die opwinding van ’n nuwe kleur of tekstuur aan te trek kan net so baie dopamien vrystel en ook bydra tot die goedvoel gevoel.

Opgesom is “Dopamine Dressing”:

’n Uiters persoonlike modegier wat sal afhang van persoonlike assosiasies met kledingstukke, teksture en kleurskakerings.

’n Handige wapen in jou mode-arsenaal om die vooruitsig van jou dag te verander. As jy weet daardie groen trui gee vir jou selfvertroue en laat jou gelukkig voel, trek dit volgende keer aan wanneer jy ’n gemoedsversterker nodig het!

’n Manier om anders na jou klere te kyk – in plaas daarvan om jouself te vra “hoe lyk hierdie?” vra eerder “hoe laat hierdie uitrusting my voel?”, om goed te voel is belangriker as wat ander van jou dink!

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
mode reels
14 Modereëls wat jy gerus mag breek
error: Content is protected !!