Besigbly planne
Besigbly planne

Besigbly-planne vir verveelde kinders

Met kinders wat nou soveel meer tyd by die huis deurbring, word dit al hoe moeiliker om hulle van skerms af weg te hou – ons besigbly-planne vir verveelde kinders behoort jou hiermee te help! Deur Suzanne Kotzé

Alles op Netflix is al gekyk en kinders staar Zombie-agtig na Youtube– of of Tik-Tok-skerms of verwoes jou huis met allerhande kreatiewe planne. Hier is ’n klompie oulike besigbly-planne vir verveelde kinders.

Besigbly-planne vir verveelde kinders

Besigbly-sakkies

Kyk net hoe oulik is die besigbly-aktiwiteitsakkies van Beki.co.za Hierdie idee is ontwikkel deur ’n Ma en Dogter duo wat hul dogtertjie (en kleinkind) wou besig hou gedurende ’n lang reis per motor. Daar is ’n sakkie vir ouderdomsgroepe 1 tot 7. Met meer as 30 jaar ondervinding in grondslagfase onderwys is elke sakkie goed deurdink en bymekaargesit met stimulerende aktiwiteite wat jou kleinding vir ure sal besig hou. Hou jou Beki-sakkie in die motor vir lang ritte, neem saam op die vliegtuig of selfs na ’n restaurant toe. Jy kan ook jou eie “beki-bag bou. Pryse wissel van R250 tot R750.

Besoek beki.co.za

Olke Bolke aktiwiteite

Dankie aan Stylvol vriendin Suzanne Smit van Die Naguilklub wat ons van Olke Bolke vertel het! Olke Bolke is deur twee arbeidsterapeut mamma’s begin. Loer gerus na hulle oulike speelgoed op hulle aanlyn winkel: olkebolke.com

 

Juwele maak

Hierdie Bead Kit Penguin (R80, ideaal vir kinders van 4-10) bevat alles wat jou kinders benodig om armbande of hangertjies te maak. Die mooiste krale en alles wat jy benodig om juwele te maak is hierin beskikbaar en dis selfs ’n goeie idee vir groter kinders en tieners. 

Waterverf ‘khoki’s

Hierdie oulike khoki’s is belis minder morsig as regte waterverf! ‘n Moet vir ma’s wat nie van ‘n gemors hou nie! Jy gebruik dit saam met water om te meng en die waterverf effek te skep

Watercolour Brush Pen 20Pk
(R299, Typo)

Verf jou eie Delicious Monster

Vir kinders wat nie selfvertroue het om self te verf nie, kan hierdie ’n goeie begin wees en kan ook mooi dekor vir ’n tiener- of kinderkamer skep. 

Die Delicious Monstera deur Tashai Simons (R390) sluit alles wat jy nodig het in; ’n skilderdoek, kwaste, verf en ’n stap-vir-stap video. Dis dalk mooi vir jou kind se kamer ook!

Knoop-en-doop ou klere

Kinders van alle ouderdomme sal hierdie aktiwiteit geniet. Loer gerus hier vir die video en wat jy alles nodig het. 

https://stylvol.co.za/knoop-en-doop-mode-is-nou-groot-nuus/

Maak ’n visualiseringsbord

Hierdie kan ’n wonderlike gesinsaktiwiteit wees en die knip en plak is goed vir kleiner kinders se fyn motoriese vaardighede. Vir groter kinders en tieners is dit ’n goeie manier om hulle weg te kry van skerms af om meer saam met die gesin teenwoordig te wees. As gesinstyd skep dit ’n goeie geleentheid om met mekaar te gesels.

Kweek plante

Jy kry ’n keker-ertjiesaadjie, watte en instruksies saam met die oulike My Sprout House (R38). Jy laat die saadjie in die huisie ontkiem en plant dit daarna uit. 

Skryf jou storie

The My Storie Joernaal (R280) is deur arbeidsterapeut Chantel Griessel en kinderboekskrywer (en aktrise) Milan Murray saamgestel. Dit is in Afrikaans ook beskikbaar. Die oulike boek bevat 120 bladsye met prettige aanmoedigings, uitdagings en 60 bladsye aktiwiteite. Dit is geskik vir kinders van 6-13 en fokus ook op kinders se emosionele welwees.

Lees ’n storie

Die meeste kinders hunker na tyd saam met Mamma of Pappa en geen skerm sal dit vervang nie.

Die Husse en die Klein Jakkalsies (R150)

Ons is gaande oor die oulike boek  Die Husse en die Klein Jakkalsies (R150) geskryf deur Milan Murray met die mooiste illustrasies deur  Marisa du Toit. Die storie gaan oor Wipper en Dapper wat beste vriende en ook Husse is. Die arme Husse word soos altyd geblameer as die Goedemoed Landgoed se wingerde verwoes word. Die twee vriende probeer hulle onskuld bewys en na antwoorde te soek. 

Bly besig met The Bucket List Book, Cape Town Edition

The Bucketlist book
the bucket list book

Hierdie The Bucket List Book (R650) is ’n aktiwiteitboek vol avonture in Kaapstad soos zipline, helikopterritte en kunsklasse om maar net ’n paar te noem. Na hul aktiwiteite kan kinders in die oulike joernaal skryf of prentjies teken oor hul ervaring. Hierdie slim boek is geïnspireer deur ’n Ma wat graag kreatiwiteit, avontuur, lees en skryf by haar kinders wou aanmoedig.

Daar is meer as R1 800 gratis geskenkbewyse vir avonture en ervaringe by die boek ingesluit! ’n Perfekte besig-bly plan vir vakansietye!

Inkleur

Inkleur kan ewe lekker wees vir jou en jou kinders. Jy sal nie glo hoe lekker dit is as jy eers begin nie. Jy hoef nie noodwendig ’n inkleurboek te koop nie. Daar is ’n magdom gratis prentjies op die internet beskikbaar wat jy gratis kan uitdruk. Pinterest is wonderlik hiervoor. Soek net ‘free colouring in printables’. Loer gerus ook op die Stylvol Pinterest bord vir inkleur-prentjes soos die.

Psst: aktrise Cintiane Schutte is ook lief vir inkleur. Lees gerus hier oor Cintainne Schutte se holistiese welweestegnieke

Aanlynaktiwiteite

Kry jou kinders weg van Youtube of Netflix met hierdie aanlynaktiwiteite waarby hulle ook iets leer.

Vir kinders wat wil leer skaak speel

Die Minichess by Kasparov app word deur skaakmeester Gary Kasparov ondersteun.

Daar is meer as 80 speletjies daarop, dit is prettig en kinders leer sonder dat hulle dit agterkom. Beskikbaar op Google Play en die App store

Go Noodle

Laat kinders beweeg! Van energieke danspassies tot rustige ontspannende bewegings en oefening. En dit is gratis. Ma en Pa kan ook sommer saambeweeg. Loer gerus by Go Noodle

besigbly-planne vir verveelde kinders go-noodle
Of jy jou kinders rustig wil kry voor bed tyd of van energie ontslag wil raak, Go Noodle bied ‘n groot verskeidenheid oefeninge aan.

Brainpop

Ons het Brainpop ontdek gedurende die tyd van tuisonderrig. Dit is in 1999 gestig deur pediater Dr. Avraham Kadar om moeilike konsepte aan sy jong pasiënte te verduidelik. Vandag is dit ’n opvoedkundige hulpbron wat onderwerpe van wetenskap tot wiskunde en selfs programmering aanbied. Dit word op so ’n prettige manier deur animasie aangebied dat dit nie vir kinders voel asof hulle leer nie. Sommige dae was dit die enigste skermtyd wat ek toegelaat het en my kinders het nie te veel daaroor gekla nie. 

Kinders leer soveel by Brainpop sonder dat dit soos leer voel; van wetenschap tot musiek en programering.

Daar is heelwat gratis inligting en speletjies. Jy vul jou e-posadres in en kry ’n access key (kode) wat jy moet invul om toegang tot die gratis inligting te kry. Brainpop jr. is ook beskikbaar vir jonger kinders. 

Leer ’n nuwe taal

’n Stylvol-vriendin het vertel hoe haar tienjarige dogtertjie vir haarself Spaans geleer het gedurende inperking deur Duolingo te gebruik. Dit is gratis en is in ’n app-formaat op Google Play of die App Store of aanlyn beskikbaar. Daar is ’n magdom tale om van te kies; van Frans tot Japannees. Jou kind (of selfs jy!) kan daaglikse doelwitte stel van hoeveel tyd jy elke dag hieraan wil toeken. 

Jy kan kies uit ’n magdom tale!

 

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
6 Redes hoekom die Barbie-fliek belangrik is om te kyk, vanuit ’n sielkundige se perspektief.
error: Content is protected !!