Cintaine Schutte; díe holistiese welsyn tegnieke
Cintaine Schutte; díe holistiese welsyn tegnieke
Cintaine Schutte; díe holistiese welsyn tegnieke het my gehelp foto: Leana Clunies-Ross

Cintaine Schutte; díe holistiese welweestegnieke het my gehelp

Maande van afsondering en min of geen werk het aktrise Cintaine Schutte, soos baie van ons, tot introspeksie gedwing en van nuuts af geleer om na haar liggaam en siel te luister deur holistiese welweestegnieke te verken en toe te pas. Wat dalk van te vore net ’n vae fluistering was, is nou duidelike boodskappe waaraan sy aandag gee, want as jy van nature empaties is, met ’n omgee-hart, kan dit jou maklik leeggetap laat voel. Deur Suzanne Kotzé

“Ek voel soms nie geanker nie; dit voel of my voete net, net nie aan die grond raak nie. Die meeste van ons dwaal so effens rond. Ek vermoed ons almal ly aan laegraadse trauma,” sê Cintaine. 

Tog het die inperkingstyd Cintaine geforseer om stadiger en rustiger te leef en welwees- tegnieke aan te leer, wat langdurige voordele kan hê.

Cintaine Schutte; dié holistiese welweestegnieke wat ek die meeste gebruik.

1. Begeleide meditasie en dagboek hou daarvan

Cintaine se vriendin, die aktrise Milan Murray, het haar bekendgestel aan die Let’s Breathe 21 Days meditasiegroep. Dit het haar op ’n ongelooflike reis van self-ontdekking en groei geneem. 

“Sommige dae het ek so lig en lief gevoel en ander dae was ek teen die grond, verpletter deur dinge wat losgekrap is tydens die begeleide meditasie. Dinge wat terapie soms nie kon regkry nie. Sommige dae het ek geleer om vrede te maak, met so baie dinge waaroor ek nie beheer het nie: Met mense wat my al so seer gemaak het in my lewe, met die feit dat ek soms my eie geluk en om in oorvloed (abundance) te leef saboteer. Deur hierdie ondervindinge neer te skryf, sien jy ook swart op wit hoe jy groei.” 

Na hierdie eerste begeleide meditasie het Cintaine al ’n hele paar nuwe meditasie- uitdagings uitgevoer en was elke keer verstom oor hoe gepas elkeen was vir die fases waardeur sy juis op daardie tydstip gegaan het. Sy gebruik graag die Calm App wat honderde verskillende meditasies en nog baie meer het. 

2. Essensiële olies

Deur die meditasie groep het Cintaine ’n Zoom-gesprek bygewoon oor essensiële olies, waarvan sy nie veel voor die tyd geweet het nie. 

“Ek kon nou leer om byvoorbeeld ’n paar druppels laventelolie in my hande te vryf en diep asem te haal voordat ek gaan slaap. En dit laat my rustiger voel en beter slaap. Selfs deur die dag ruik ek aan my hande en dit laat my net geanker voel.” Cintaine hou ook van suurlemoen-en-peperment-essensiële olie en gebruik die olies op verskeie maniere soos in ’n klein rollertjie of in die bad. 

Cintaine Schutte; díe holistiese welweestegnieke het my gehelp
Cintaine Schutte; díe holistiese welweestegnieke het my gehelp. Foto: Leana Clunies-Ross

3. Liggaamshelingsterapie

’n Dag voor haar 33ste verjaarsdag het Cintaine vir liggaamsheling-terapie gegaan (‘n geskenk van haar sussie).

Liggaamsheling word beskryf as die oordrag van energie van die heler na die ontvanger. Dit moedig glo self-heling aan omdat jou liggaam gedurende die proses ontspan en ontslae raak van spanning en so jou liggaam se immuunstelsel versterk. Gedurende die proses word jy nie fisies aangeraak nie.  “Ek sukkel al so lank met ’n tipe maagseer en -suur en ek was verbaas hoe die terapeut, Jen, dit so vinnig kom optel. Ek weet dit skakel ook met angstigheid.”  

Gewoonlik voel die terapeut die weerstand  aan van energie rondom mense se maag-area, maar Cintaine se energieveld rondom haar maag was soos ’n hol kol. 

“Wat ons hieruit geleer het, is dat omdat ek so baie omgee vir ander mense en baie empaties is, ek baie min energie oorhet vir myself, soos ’n motor sonder petrol. Om dit te voorkom en verhoed moes ek leer om strenger perke te stel in my alledaagse lewe en om soms ‘nee’ te sê, sodat ek self meer energie kan hê en na myself ook kyk voordat ek na ander omsien.

As ’n klein dogtertjie het ek regtig gedink ‘selfsugtig’ is ’n lelike woord, maar nou besef ek dat dit vir my nodig is. 

Lees ook: Kan essensiële olies help vir angstigheid en slaaploosheid?

4. Vier klein oorwinnings

“Omdat ons almal so deel is van universele trauma die afgelope paar maande het ek agtergekom ek voel skuldig as ek gelukkig of opgewonde voel oor iets. Dit is asof daar hierdie stemmetjie ia wat vir my sê: ‘nee, ander mense kry swaar, jy mag nie gelukkig voel nie,’” vertel Cintaine. 

Om dit te oorkom moes Cintaine weer leer om haar ‘innerlike kind’ te herontdek. “Om kinderlik geluk te kan ondervind en op en af te spring van blydskap as ek so voel. Dit is so belangrik om ‘klein oorwinnings’ te vier; daardie klein dingetjies waarvoor jy dankbaar is soos: 

  • om in die berg te stap
  • ’n lekker bord kos te eet
  • seks te hê 
  • na ’n goeie podsending te luister
  • in die bad te kan lê en wierook te brand
  • ’n chickfliek te kyk en pizza te eet. 

My vriend Beer Adriaanse het vir hierdie aangestuur wat my diep geraak het.

“You will always struggle with not feeling productive until you accept that your own joy can be something you produce. It is not the only thing you make, nor should it be, but it is something valuable and beautiful.” – Hank Green

5. Inkleur 

Saans terwyl Carel (Nel – haar akteur-man met wie sy al so nege maande getroud is) Friends kyk, kleur Cintaine in. Dit laat haar nie net meer ontspanne en meer teenwoordig voel nie, maar herinner haar ook om met haar ‘innerlike kind’ in voeling te bly.

Terug by die werk en op stel van ’n nuwe projek waaroor Cintaine nie veel mag sê nie, voel sy steeds soms of sy sukkel om te ontwaak van haar ‘Covid-brein’. Sy kon beslis voel dat sy werks-onfiks is, veral die eerste paar dae op stel en moes gou weer gewoond raak daaraan.

“Nou sal die uitdaging wees om aan te hou met goeie gewoontes soos om vir jouself lief te wees en na jouself om te sien, terwyl ons lewe stadig besig is om hopelik terug te keer na ‘normaal.’”

Cintaine Scutte díe holistiese welweestegnieke
Foto: Leana Clunies Ross.

Cintaine in 5 woorde: so beskryf haar familie, vriende en kollegas haar

Haar man Carel: Beste mens in die wêreld 

Cintaine se ma, Hesté Schutte: liefdevolle, vriendelike, spesiale, omgeemens

Cintaine se pa Bernhard Schutte: veelbesproke, verantwoordelik, vriendelik, volwasse, veeleisend

 Nini Conradie : warm, bedagsaam, lief, laf, onbevooroordeeld

Jaco Nothnagel: selflose opregte talentvolle engelmens

Tinarie van Wyk Loots:  (onverbeterlik) en (ondeund), sy is net (liefde) wat (skyn) uit ‘n (oop) hart. Geluk in ‘n mensvorm.

Albert Pretorius: Fyn konyn sonskyn rooiwyn harlekyn

Neels van Jaarsveld: uniek, doelgerig, ondersteunend, passievol, lojaal

Hoop jy het Cintaine Schutte; díe holistiese welweestegnieke het my gehelp geniet. Het jy al enige van die welweestegnieke probeer?

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
selfpraat
Selfpraat; ja hoe jy met jouself praat maak saak
error: Content is protected !!