Hierdie grootmaatkookresepte is ons staatmakers vir vinnige kosmaak. Van tamatiesous wat by alles van lasagne tot nachos gebruik kan word, tot muffins in ’n japtrap. Maak 2025 jou jaar van meer tuisgemaak en minder wegneemetes. Deur Suzanne Kotzé
Grootmaatkookresepte
Tamatiesous

Jy kan hierdie ook in jou oond rooster (op 160 vir so twee ure). Ek het dit lank so gedoen todat ek dit in my Instant Pot begin maak het, en agtergekom het hoeveel geuriger (en rooier!) dit uitkom.
Bestanddele
- 2 kg soet rooi tamaties, enige tipe wat jy het.
- 2 grofgekapte uie
- 2 rooipepers, ontpit en grofgesny
- 2 wortels, geskil en grofgesny
- 2 platgedruke knoffelhuisies
- ½ t gedroogde oreganum
- 2 t suiker
- 1 houertjie tamatiepasta
- ’n Handvol vars basiliekruid
Maak dit so
- Stel jou Instant Pot op Sauté en braai die ui tot sag (so 5 minute).
- Sit die rooipeper en platgedrukte knoffelhuisies en wortels by. Braai vir nog so 2 minute. Spoel die tamaties af, en gooi dit by.
- Gooi sout, peper en ’n knippie oreganum bo-op die tamaties. (Dit is belangrik dat die speserye bo-op die tamaties is en nie aan die onderkant van die pot nie, want dit mag aanbrand).
- Stel die drukkoker (ons gebruik ’n Instant Pot Duo) op “Pressure Cook’ vir 20 minute en laat die stoom natuurlik vrystel.
- Maak die pot oop, voeg suiker, tamatiepasta en vars basiliekruid by.
- Meng met ’n stokmenger tot glad.
Gooi in ’n glasfles en hou dit in die yskas vir 2-3 dae. Gooi die res in groot ysbakkies en vries. Sodra dit gevries is, sit dit in ’n seëlbare plastieksakke en gebruik soos nodig. Nou kan jy in ’n japtrap die volgende maak
- Pasta met tamatiesous (gooi gerus ’n bietjie room by as jy ’n romerige sous saam met jou pasta verkies).
- Spaghetti Bolognaise
- Lasagna
- Nachos
- Lams- en tamatiebredie
- En selfs as basis vir tamatiesop
Yskas-semelmuffinbeslag

My ma maak al van kleintyd af hierdie muffins en ek het geen idee waar die oorspronklike resep vandaan kom nie. Jy kan die beslag in die yskas hou en bak soos nodig.
Bestanddele
- 3k semels
- 1k kookwater
- ½ k gesmelte botter
- 1½ k suiker
- 2 eiers geklits
- 2k karringmelk
- 2½ teelepels koeksoda
- 1 ¼ k ongesifte koekmeel
- 1 ¼ k volkoringmeel
- 1t sout
Maak dit so
Voorverhit die oond tot 200 °C.
Spuit ’n muffinpan met oliesproei.
- Meng die semels en kookwater. Voeg botter by en laat die mengsel effens afkoel.
- Voeg die suiker, eiers en 400 ml van die karringmelk by en meng.
- Meng die koeksoda met die res van die karringmelk. Gooi dit by die semelmengsel en meng.
- Meng die koekmeel, volkoringmeel en sout en gooi dit my die semelmengsel en meng.
- Skep die deeg in die muffinpan tot twee derdes vol. Bak vir 20 minute.
Wenk: My familie verkies almal verskillende tipes muffins en ek hou (soms) die volgende byderhand vir elkeen se gunsteling variasie
- Appel en kaneel (vinnig gestoom in die Instant Pot op Pressure Cook) en met ’n menger fyngemaak
- Piesang (fyngemaak met ’n menger)
- Bloubessies (vars, of vinnig gestoom in die Instant Pot op Pressure Cook)
- Neute en rosyntjies
Hou die beslag vir tot 2 weke in die yskas en bak soos nodig. Dit is heerlik in kosblikke of vir ’n vinnge ontbyt (sommer in die kar, as jy laat of haastig is).
Chia ontbytflessies

Carmen Niehaus se chia jogurt-en-vrugteglasies
Carmen het so rukkie gelede hierdie resep uit haar Lekker en goed resepteboek met ons gedeel en nou is dit ’n ware staatmaker. Ons maak dit in glasflessies en dit hou dit vir tot drie dae in die yskas. Dit word as ontbyt of vir weeksdae poeding geëet.
Bestanddele
Jogurt
- 500 ml (2 k) dik natuurlike volroomjogurt
- ml (1 t) vanieljegeursel en 2 ml (½ t) fyn kaneel
- 45 ml (3 e) bruinsuiker
- 60 ml (¼ k) chiasaad
Vrugte
(Ons gebruik enige vrugte wat ons het, grenadilla is tans ’n gunsteling omdat dit tans in oorvloed in my tuin groei.)
- geel lospit nektariens, in skyfies en blokkies gesny
- 45 ml (3 e) bruinsuiker of na smaak
- 60 ml (¼ k) suurlemoensap
- Varsgemaalde swartpeper
Maak dit so
- Meng die jogurt, vanieljegeursel, kaneel en bruinsuiker saam.
- Roer die chiasaad by en laat vir 30 minute staan.
- Roer weer goed en skep 125 ml (½ k) in elke glasie (of flessie.) Maak toe met kleefplastiek en laat staan oornag. (Kan tot 3 dae in die yskas hou; dit word net ’n bietjie dikker).
- Besprinkel die vrugte met suiker en suurlemoensap. Geur ruimskoots met swartpeper en meng goed deur. Maak toe en laat 2 uur staan sodat geure goed kan intrek en ’n effense stropie vorm.
Skep die vrugte bo-op die jogurtglase net voor jy dit voorsit.
Varieer die vrugte volgens wat jy beskikbaar het: ’n verskeidenheid bessies; pynappel en piesang met ’n bietjie grenadilla; verskeie vrugte of selfs gestoofde droëvrugte.
Chia, bloubessie en klappermelk

Hierdie resep is van Instant Pot, en is nog een wat ons gereeld maak.
Bestanddele
- 1 400 ml blikkie kokosneutmelk
- 1 k water
- ½ k gevriesde bloubessies
- 1½ k chiasaad
- ½ k esdoringstroop (maple syrup)
- ½ t vanieljie-ekstrak
Maak dit so
- Gooi alles saam in die Instant Pot en kies die Pressure Cook funksie. Stel die druk op hoog en die tyd op 3 minute. Maak seker jou stoomontsnapknop is geseël.
- Na drie minute, laat die druk natuurlik ontsnap vir vyf minute. Draai daarna die knop vir vinnige stoom ontsnap.
- Gooi die chia in glasflessies en sit dit in die yskas vir so ’n uur of meer. Dit kan tot vier dae in die yskas bly.
Gaar hoender in ‘n japtrap

Om gevlokte gaar hoender in die vrieskas te hou, maak aandetes en kosblikke soveel makliker om te pak.
Jy kan sommer twee hoenders op ’n slag in jou Instant Pot kook.
Bestanddele
- 2 hoenders
- Suurlemoen
- Sout en peper
- Knoffelhuisie
- 2 koppies water
Maak dit so
- Sit al die bestanddele in die Instant Pot en stel die Instant Pot op Pressure Cook vir 20 minute.
- Na die tyd verstreke is, laat die stoom natuurlik vrystel vir so 5-10 minute en draai dan die knop om die stoom verder vry te stel, todat jy die deksel kan oopmaak.
Laat die hoender afkoel en vlok die hoender. Vries in sakkies en gebruik soos nodig.

Hoenderaftreksel

Gebruik jou hoenderbene om aftreksel te kook en vries dit in ysblokkiehouertjies.
Bestanddele
- Hoenderbene
- 1 Suurlemoen, gehalveer
- Sout en peper
- 1 geskilde ui
- 2 knoffelhuisies geskil
- 1 koppie water (of die vloeistof wat reeds in jou Instant Pot is nadat jy die hoenders gekook het).
Maak dit so
(As jy pas hoender in jou Instant Pot gekook het, is hierdie ideaal. Gooi bloot die bene terug in die pot saam met die vloeistof en groente wat reeds daarin is. Sit slegs die nodige groente en speserye by.)
- Gooi alles saam in die drukkoker en stel dit op Pressure Cook vir 15 minute. Laat die stoom natuurlik vrystel.
- Maak die deksel oop na die tyd verstryk het en laat effens afkoel.
- Gooi die vloeistof deur ’n sif en sit dit in yshouertjies.
- Sit in vrieskas en sodra dit gevries het, in seëlbare plastieksakkies. Gebruik soos nodig (heerlik in risotto, hoenderpasteie en in enige resep wat hoenderaftreksel as bestanddeel het).
Klein hoenderpasteitjies

Hierdie is ’n wenner vir kosblikke. Hou dit gerus in jou vrieskas en pak dit net so gevries in, en teen tweede pouse, of middagetetyd, is dit ontvries.
Bestanddele
- Een gevlokte hoender
- 2 velle skilferkorsdeeg
- 1 fyn gesnyde ui
- 2 gesnyde preie (die wit en liggroen dele)
- ½ koppie hoenderaftreksel
- ½ koppie room
Maak dit so
- Haal die skilferkors uit die vrieskas ’n paar uur voor jy dit moet gebruik.
- Rol die skilferkorsdeeg liggies uit op ’n meelbestrooide oppervlak.
- Spuit ’n pannetjie se holtes met oliesproei.
- Braai die ui tot sag en deursigtig.
- Gooi die preie by en braai vir nog so 3-5 minute.
- Gooi die gevlokte hoender by.
- Gooi die room en hoenderaftreksel by en meng goed.
- Druk sirkels met die agterkant van ’n glas uit en voer die holtes met die deeg uit.
- Skep die hoender in, gelykvol met jou holte en druk dit effens plat, sodat jou hoenderbeslag lekker styf sit.
- Sit sirkelvormige deeg bo-oor. Maak jou vingers met water nat en druk die onderste en boonste rant van die deeg teenmekaar sodat dit goed seël. Of vou die rant van onderste deeg oor die boonste deeg en druk saam.
- Verf met geklitse eier en bak vir 20 minute.
(Wenk: ek het ’n wonderlike pan gekoop met klein gaatjies aan die onderkant wat help dat die deeg ook lekker bros bak aan die onderkant. Loer gerus by Yuppiechef vir soortgelykes.)
Hoe kies jy die Instant Pot vir jou
Vir gourmet sjefs, wat hou van tyd spaar; Instant Pot Duo Plus
WhisperQuiet Multi-Cooker
Die Instant Pot Duo Plus with WhisperQuiet 6l is ’n 9-in-1 slimkoker, ontwerp om kosmaak eenvoudiger, makliker en meer gerieflik te maak.

Nege funksies
Dit sluit in: drukkook, stadigkook, rys, stoom, sauté, sous vide, joghurt, koek en kos verwarmer.
25 slim programme
Dit het 25 slim programme; wat reeds geprogrammeer is, jy kan byvoorbeeld sous vide precision cooking kies. Dit het ook ’n groot paneel met stap-vir-stap instrukies en ’n vorderingsstafie wat aandui hoe vêr die kos is.
Sagste stoomontsnap-funksie
Die Whisper Quiet het die sagste en veiligste stoomontsnap-funksie met die stoomontsnap knop.
Ekstra seëlring
As jy graag sout en soet disse in jou Instant pot maak, is hierdie baie handig. Jy kan die een seëlring gebruik vir soet disse en en die ander vir sout disse.
Gesonde kookkuns
Duursame, voedselveilige vlekvrye staal binnepot met geen chemiese bedekkings nie.
Kook vinnig of kook stadig
Van perfekte risotto in 10 minute tot gekookte eiers en eenpot-pastas of sop in ’n japtrap. Of bredies wat heeldag stadig gekook word of varsgemaakte jogurt.
Aanpasbare Slim Tegnologie
Slim programme onthou jou stellings en die manier waarop jy kook.
Maklik om skoon te maak
Skottelgoedwasser-veilige deksel en bykomstighede maak skoonmaak maklik.
Bespaar energie
Vinniger kook en beter isolasie beteken tot 80% energiebesparing
Vir die hoe makliker en hoe vinniger, hoe beter sjef: Instant Pot Easy
Die nuwe Instant Pot Easy is ’n veelsydige 8-in-1-slimkoker wat verskillende kookfunksies in een, maklik-om-te-gebruik slimkoker kombineer.

Kombineer 8 toestelle in 1
Drukkoker, stadigkook, rys, stoom, sauté, kosverwarmer, jogurt en eierkoker.rysmaker, stoompot, sosatiepan,
Vinnige & maklike etes
Kook tot 70% vinniger met voorafopgestelde slimprogramme.
Vereenvoudig jou kookervaring met een-druk-kontroles vir tyd, program en begin.
- Gesonde kookkuns
- Duursame, voedselveilige vlekvrye staal binnepot met geen chemiese bedekkings nie.
- Kook vinnig of kook stadig
- (Soos Whisper Quiet)
- Aanpasbare slim tegnologie
- Slim programme onthou jou stellings en die manier waarop jy kook.
- Verbeterde gerief
- Beskik oor die opgegradeerde Easy Seal-deksel en stoomvrystellingskakelaar vir ’n moeitevrye ervaring.
- Nuwe LCD digitale skerm vir maklike werk.
- Skottelgoedwasser-veilige deksel en bykomstighede maak skoonmaak maklik.
- Bespaar energie
- Vinniger kook en beter isolasie beteken tot 80% energiebesparing
