fyn hare salome de wet
fyn hare salome de wet

7 Goed wat elke vrou met fyn hare moet weet

Het jy fyn hare? Ons het bekende haarstilis Salomé de Wet gevra om te help met dinge wat elke vrou met fyn hare moet weet. Deur Suzanne Kotzé

Ek het onlangs die mooiste tienermeisie ontmoet, maar met die fynste bob hare wat net pap hang en as gevolg daarvan ook vuil lyk. Ek het dadelik gedink hoe dankbaar ek is, dat ek ’n ma het wat ook fyn hare het en my van jongs af geleer het hoe om vir fyn hare te sorg. Ek het subtiel probeer raad gee vir die meisie oor wat vir my werk en het dit goed gedink om ook professionele raad te kry.

Salomé de Wet help met wat jy moet weet as jy fyn hare het

1. Jy gaan nooit lang, dik hare hê nie.

Lang, dik hare gaan dalk net in jou drome bly. Fyn hare het slegs twee haarwortel lagies in plaas van drie en die hare hou nie van lank word nie.

2. Korter hare werk beter vir fyn hare

Sny eerder ’n lekker haarsnit wat iets vir jou doen in plaas daarvan om vas te klou aan lang dun slierte. Korter hare werk net beter vir fyn hare. Enige iets op of bo die skouers. 

Kyk hier vir inspirasie: Die mooiste bob-haarstyle gaan jy nou wil dra

3. Blonder is beter

Om jou hare effens blonder te kleur is beter. As jy jou hare blonder kleur (bleik) swel jou haarskag op en jou hare voel en vertoon voller en dikker. As jou haarkapper blond reg doen, behoort dit nie jou hare te beskadig nie. 

Lees ook hier: Moets en moenies vir gebleikte, blonde hare

4. Die regte produkte is ’n moet!

Vermy enige olie-gebaseerde stileerprodukte en kies eerder produkte wat tekstuur gee.

5. Jou hare kan vinnig vuil en pap lyk.

Die regte haarsorg kan die wêreld se verskil maak. Kies produkte wat volume gee en onthou opknapper slegs op jou mid-lengtes en punte en glad nie naby aan jou kopvel nie.

6. Haarverlengings werk goed

Haarverlengings werk lekker vir dikte en lengte as jy die tyd en begroting het daarvoor. 

Lees meer hier: Haarverlengings so werk dit

7. Sorg goed vir jou hare

’n Mens kan nooit meer haarwortels groei nie, jy kan slegs die haargroei beheer. Kyk mooi na die wat jy het!

Stylvol gunstelinge

Schwarzkopf Professional BC Bonacure Volume Boost Shampoo (R330, retailbox.co.za)
Indola Act now Texture Spray (R315, LaBelle.co.za)
Authentic Beauty Amplify Mousse (uitgesoekte salonne)
Tangle Teezer Original Black (R275, haircare.co.za)

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Wat is ’n grimeervoorbereidingslagie (primer) en hoe werk dit?
error: Content is protected !!