Staan opsy bob, want die lob is die nuwe, verbeterde weergawe van die bob-styl en kyk net hoe cool lyk Amalia Uys se nuwe lob. Plus 9 mooi lob-haarstyle, wat jou gaan lus maak vir knip, of groei. Deur Suzanne Kotzé.
Amalia Uys se nuwe lob
“My nuwe donkerder lob is geknip en gekleur vir my rol in Die Byl, seisoen 4,” vertel Amalia Uys. “Vir die afgelope drie jaar was my hare lank en dit voel of ek hierdie verandering nodig gehad het. Ek was moeg van die lang, hippierige hare en met my nuwe lob voel ek meer edgy en gesofistikeerd.”
“Hierdie styl is wel meer werk as my lang hare. My hare is van nature baie dik en ek het dit gewoonlik net vooroor gegooi en diffuse. Ek het wel nou ’n Inoar Hair Botox behandeling gehad om my hare meer beheerbaar te maak en dit help.
Psst kry 15% af op ’n Inoar hair botox behandeling by alle Tosca salonne en 10% afslag op Inoar tuis-sorg produkte by La Belle. Die afslag word outomaties bygesit voordat jy ‘checkout’. Klik hier.
“Jy moet jou hare leer ken en daarmee speel sodat jy agterkom wat werk.”
“Ek stileer gewoonlik my hare (wat van nature golwend is) reguit op wasdag en op dag twee krul ek dit met ’n krultang. En dan is daar natuurlik die half-up, half-down bolla wat cool lyk en dan het jy minder hare wat loshang wat jy moet stileer. Vir ‘slegte haar dae’ is daar gelukkig ook altyd ’n haarserpie of ’n Franse baret wat my dadelik cute en Frans laat voel.
Ek het altyd meer van my gesig met ’n kuif gehou, maar ek begin nou al hoe meer van my gesig sonder die kuif te hou. So ek laat groei my kuif uit en dra my hare of met ’n middelpaadjie met ’n gordyn-tipe kuifie of ek gooi dit eenkant toe.
My haarstilis Nastassia Viljoen van Tosca Salon het, toe sy my hare gekleur het, vir my ’n money piece voor by my gesig gestileer en ek hou van hoe die ligter kleur my gesig ophelder.
9 Mooiste lob style
“Die bob haarstyl (wat in 1909 deur die Franse haarkaper Antoine de Paris ontwerp is) se lob transformasie is die langer weergawe van die gewilde styl.
Dit kan meer edgy of meer klassiek wees, afhangend van jou persoonlike styl.”
stilis Nastassia Viljoen van Tosca Salon
1. Lob met tekstuur en gordyn kuif
2. Reguit eenlengte lob met kuif
3. Platinum lob
4. Klassieke een lengte lob met golwe
5. Geronde bob met die kuif in lae gesny (layered fringe)
6. Een lengte lob met natuurlike tekstuur en ’n sagte, lang kuif
7. Krullerige lob
Hou die lae van jou krullerige lob meer tot een lengte as jy ’n dikker voorkoms wil skep.
8. Reguit lob met lae rondom gesig
“Hier tipe lae word severe face framing genoem en begin amper meer na die mullet tipe style neig as ‘n lob,” sê Nastassia.
9. Lob met lae en tekstuur
Lob-wenke
Nastassia Viljoen van Tosca Salon se wenke
- As jy fyner hare het, kan jy steeds die illusie van ’n eenlengte lob skep, deur fyn baba-lagies te knip wat sal help met volheid.
- n Money piece is op die oomblik baie gewild. Die ligter strook rondom jou gesig raam jou gesig.
- Hare wat effens korter in jou nek gesny is, met tekstuur op jou kroon kan help om volheid te skep
- Skaf gerus ’n krultang aan, want dit maak hierdie styl baie veelsydig.
- Hou die volume van jou krullerige bob meer gerond as jy ’n afro voorkoms wil hê.
- Bespreek die styl wat jy wil hê met jou haarstilis wat vir jou raad sal kan gee.