Het jy al ooit gewonder hoe haarverlengings werk? Beskadig dit jou hare? Kan jy daarmee slaap? Kan jy jou hare was? Hierdie is maar ʼn paar vrae wat Justine gereeld ontvang oor haar eie haarverlengings. Leer meer oor die proses en kyk die video hier: Deur Justine Kroes
Kyk na die video:
Hoe werk dit?
- Eerstens is ʼn konsultasie belangrik. Easihair Pro-stiliste bied ʼn komplimentêre konsultasie aan om haarverlengings spesifiek vir jou behoeftes saam te stel, hetsy jy net langer hare verlang of om jou lengte te behou maar ekstra volheid te hê.
- Die “tape-in” sisteem wat Easihair Pro gebruik is ontwerp om baie lig te wees sodat dit nie swaar voel nie.
- Die stilis gebruik twee gedeeltes van die verlengings en plaas dit soos ʼn toebroodjie op jou wortels met ʼn klein gedeelte van jou eie hare tussen in. Die plakkertjies word naby aan jou haarwortels geplak.
- Binne 60 minute, of selfs minder, kan jy die salon verlaat met ’n nuwe haarstyl, langer hare, voller hare of selfs ’n nuwe haarkleur.
Justine se raad en wenke:
- Ek dra nou al vir byna 5 jaar my Easihair Pro-haarverlengings, en ek koop jaarliks net eenkeer ʼn boksie hare om die ouer hare te vervang.
- Aanvanklik het ek haarverlengings gedra vir lengte, my hare wou net nie verby ʼn sekere lengte groei nie en ek wou so graag lang hare hê. My hare groei nog altyd baie stadig en na die geboorte (en borsvoeding) van my eerste dogtertjie was my haargroei-siklus selfs nog stadiger!
- Die haarverlengings het gedien as ʼn kombersie oor my eie hare. Waar ek voorheen byna elke dag my hare moes was, was ek dit nou net elke 4de dag. My hare lyk minder olierig en met langer hare is stileeropsies altyd meer veelsydig.
- My hare het nou al so baie gegroei en elke keer wat ek by my haarkapper Tarryn Leigh Heydenrych van Le Cut Hair Boutique uitkom het sy opgemerk hoe my hare gegroei het. Tot so ’n mate dat my hare nou dieselfde lengte as my verlengings is, en ek gebruik hul nou vir volheid en volume.
- Die instandhouding sal afhang van persoon tot persoon, hoe vinnig jou hare groei, hoe gereeld jou wortels gekleur moet word en hoe mooi jy na jou verlengings omsien. Die langste wat ek al met my verlengings geloop het, is 3 maande. Hoewel dit nie aanbeveel word nie – maar die inperkingstyd was lank!
Sorg so vir jou haarverlengings:
Kan ek oefen, swem en sweet?
Beslis ja. Gebruik ʼn aanlos-opknapper om jou hare te beskerm en spoel jou hare af indien jy in chloor geswem het. Die belangrikste is om altyd die “panele” van die verlengings droog te blaas om seker te maak dit beskadig nie.
Slaap
Justine se raad: Ek slaap met my hare in ʼn lae poniestert, hoewel baie ander met vlegsels slaap, sodat die panele nie buig nie.
Harewas
Dis altyd die beste om goeie salonprodukte te gebruik, of produkte wat nie te veel silikoon bevat nie. Dit kan moontlik die houkrag van jou verlengings belemmer. Justine se raad: Ek verkies hierdie “tape-in” metode van Easihair Pro omdat ek daarmee maklik bo en onder die panele my kopvel kan was. Met die mikro-ringetjies wat ek voorheen gebruik het, was dit nie altyd so maklik nie.
Stilering
Maak net altyd seker jy maak jou hare goed droog rondom die panele, as jy dit nie doen nie sal jou verlengings nie so lank inbly nie.
Justine se raad: Ek gebruik ook net opknapper vanaf die mid-lengtes na die punte, wat verseker dat my verlengings nog langer inbly. Ek vind met die verlengings hou my hare krulle vir langer en my hare word nie so vinnig vuil nie.
Ek kan my hare ook maklik in ʼn hoë poniestert vasbind. Die panele is eers sigbaar wanneer jou hare reeds baie uitgegroei het as jy dan jou hare probeer vasbind.
Haarkleur
Jy kan kleur aan jou wortels aanwend, mits dit nie na die panele toe deurgetrek word nie.
Ek gaan met skoon hare salon toe, my stilis Tarryn Leigh Heydenrych verwyder dan my verlengings. Kleur dan my hare (van die wortels na die punte) en daarna word my verlengings weer ingesit.
Sal dit my hare beskadig?
Nee gladnie, die dae van warm gom, harde knippies en mikroringetjies is verby. Hierdie inplak verlengings is skadeloos. Ek en my haarstilis het albei in vyf jaar nog geen skade opgemerk nie.
Hoeveel kos dit?
Die koste van die hare en haarstilis se tyd sal bepaal word deur verskeie faktore. Eerstens die salon wat jy kies, asook die lengte van die verlengings. Easihair Pro het drie lengtes beskikbaar 12”, 16” en 20”. Elk van die lengtes se pryse verskil ook. Baie kliënte sal begin met een boks haarverlengings, sê Margaux Randall van Easihair Pro, en vorder na drie tot 4 bokse toe. Een boks van die 12” lengte kos R2158, net om vir jou ʼn idee te gee van kostes.
Kyk net hierdie transformasies:
Bespreek ‘n gratis konsultasie by een van die Easihair Pro salonne, klik hier om jou naaste salon te vind of skakel 021 511 5868, of stuur gerus ’n epos na info@easihair.co.za
Lees ook: 20 Beste wenke vir fyn hare