Salomé de Wet
Salomé de Wet
Foto: Suzaan Swart

Moet en moenies vir gebleikte blonde hare

Oorweeg jy, of het jy, volledig gebleikte blonde hare? Lees gerus hierdie raad van ander gebleikte blondines. Deur Suzanne Kotzé

Die verskil tussen ligstrepies en volledig gebleikte blonde hare.

Met ligstrepies word bleikmiddel slegs op sekere dele van jou hare gebruik, terwyl met volledig gebleikte hare, word al jou hare gebleik. Al jou hare is dus ligter, maar ook meer beskadig.

Gebleikte hare maak beslis ’n stelling en lyk fantasties as die kleur reg gedoen is, maar jy moet bereid wees om tyd, moeite en geld te bestee aan jou kleur. Maak dus seker om nie net te begroot vir jou kleur nie, maar ook vir behoorlike tuissorgprodukte en salonbesoeke.

Om haarstilis Charles Junior Louw aan te haal:

“Dit is soos om ’n Ferrari te ry, maar jy kan nie bekostig om die Ferrari te laat diens nie.”

“Gebleikte blonde hare is ook definitief meer moeite as ligstrepies. Die uitgroei wys vinniger, die skade is erger op die hare en die kleur kan meer tricky en temperamenteel wees om reg te hou,” sê Kaapse haarstilis Salomé de Wet.

Wie is die ideale kandidaat vir gebleikte hare?

Salomé de Wet sê: “Die ideale kandidaat is iemand met hare waaarvan die basis natuurlik lig is. Dis sal ook werk vir medium tot dun hare en natuurlike reguit hare. Ook iemand wat goed is daarmee om met planne vol te hou en gereeld die kleur sal laat opknap.

Jy moet besef dit is ’n leefstyl!”

Salomé de Wet

Moets vir gebleikte hare

1. Bespreek jou begroting met jou stilis

Speel oop kaarte met jou stilis en moenie skaam wees om te vra hoeveel dit gaan kos om

  1. Jou hare te bleik nie
  2. Hoe gereeld jy jou wortels moet laat doen en hoeveel dit gaan kos nie en
  3. Hoeveel jou tuissorgprodukte gaan kos nie.

2. Die regte stilis

“Neem jou tyd om die regte stilis te kry. Dit is nie iets om op te probeer bespaar nie, want volledig gebleikte hare is ’n verbintenis!” vertel juweel-ontwerper Kirsten Goss.

Kirsten Goss is al ses jaar lank so blond. “Die tyd en die geld!”, sê sy. Kirsten beveel haar haarstilis Jo by Ochre Studio, Tuine, Kaapstad aan. “Sy is presies met haar produkkennis, kennis van haarversorging en kwaliteit van diens.”

3. Salon toe elke ses weke

“Jy moet uitgroeikleur elke ses tot agt weke laat opknap. Dit is die beste tydsverloop om hare wat uitgroei op te knap voordat dit daardie uitgroeistrook begin wys,” Salomé.

4. Pers haarprodukte

“Pers sjampoe of ’n opknapper wat silwer of pers is, is altyd ’n goeie idee,” sê Salome.


“Ek gee my platinum hare die nodige liefde en aandag deur elke 5 dae Kérastase Blonde Absolu Shampoo (R396), Conditioner en Masque (R605, Labelle.co.za en uitgesoekte salonne ) te gebruik,” sê model Michelle Forsyt. Foto: @joshuakylejonathan


Kirsten Goss se staatmaker pers sjampoe en opknapper is Redken Color Extend Blondage Purple Shampoo en Conditioner (R400 elk, beskikbaar aanlyn by labelle.co.za of uitgesoekte salonne.

“Ek los altyd my pers sjampoe aan vir so minuut tot twee en was my hare sodra ek in die stort inklim en los die sjampoe aan terwyl ek die res van my lyf was en dalk beenhare ook skeer.” Suzanne Kotzé

Schwarzkopf Professional Blonde Me Cool Blondes Neutralizing Shampoo (R330) tans ’n gunsteling.

“As ek vergeet het om pers sjampoe te gebruik, en my hare lyk ewe skielik geel, gebruik ek ’n pers masker. Inoar Speed Blonde Treatment Mask (R550, Labelle en uitgesoekte salonne) is wonderlik, want die pers pigment is sterk en speel vinnig klaar met geel. Moet dit net nie te lank aanlos nie, anders kry jy ’n pers skynsel. Dit bevat ook arganolie wat jou hare voed en sag maak.

5. Aanblyroom of -olie

’n Aanblyroom of -olie is altyd goed vir ekstra beheer,” sê Salome. Ek gebruik op die oomblik Authentic Beauty Concept Indulging Fluid Oil (R590, uitgesoekte salonne en aanlynwinkels soos Labelle “Hierdie is ook een van my gunsteling produkte, en dit is veral goed om daardie wegvlieghaartjies bo op jou kroon te tem.” Suzanne

6. ’n Opknapper wat reining ook

“’n ‘Cleansing conditioner’ is altyd ’n wenner. Dit is wonderlik vir mense wat gereeld oefen/hare verslaap. Die maak jou hare skoon sonder om dit van al die olies te stroop,” sê Salomé.

Kevin Murphy Restore Repairing Cleansing Treatment (R650, Labelle.co.za of uitgesoekte salonne) is tans Salomé se gunsteling.

7. Spesiale sorg en voeding

Charles Junior Louw beveel aan dat jy ’n sjampoe en opknapper moet gebruik met ’n vogbasis.

Kirsten Goss stem saam en haar gunstelingprodukte op die oomblik is Davines Heart of Glass Silkening Shampoo (vanaf R350) en Rich Conditioner (R430).

Die produkte is beskikbaar by uitgesoekte salonne soos Ochre Studio, Carlton salonne en aanlyn by completehairdressingsupplies.co.za

“Inoar Resistance Bamboo Duo Kit Shampoo & Conditioner (R640, Inoar of help om hare sterker en sagter te maak en is een van my redders.” Suzanne

8. Maak tyd vir jou hare

Ruim tyd in vir spesiale sorg en aandag om veral ’n masker aan te wend. Maak dit deel van jou selfsorgroetine: wanneer jy byvoorbeeld jou gesig afskilfer en ’n masker aansit, maak dit deel van jou roetine om ook ’n haarmasker aan te sit.

Authentic Beauty Glow Mask (R560 ) is een van Salomé se gunsteling maskers.

Moenie

1. Voor jou bleikafspreek was nie

Salomé de Wet beskryf haar kleur as meer romerig as platinum. “Dit pas beter by my veltoon as die koue kleur van platinum.” Foto Suzanne Swart

“Dis goed om jou hare vir ’n paar dae voordat jy jou hare gaan bleik nie te was nie. Dit help om die kopvel te beskerm teen die chemiese reaksie,” sê Salomé.

2. Hare in die water laat kom vir een tot twee dae

“Jou hare neem 24-48 uur om te keratiniseer na die chemiese bleikproses. Vermy die see, swembad en om dit te was in daardie tydperk.” Salomé.

3. Te lank wag tussen salonbesoeke nie

“As jou uitgroeistrook te groot raak, veroorsaak dit ‘colourbands’. Jou kopvel produseer meer hitte,so die kleur lig vinniger naby aan die wortels en kan dan geel word waar dit vantevore ook gebleik is.” Salomé.

4. Hitte gebruik vir stilering nie

“Jou haarskag is reeds meer uitgedroog as ’n normale haarskag en om hitte te vermy is een van die beste dinge wat jy kan doen vir jou blonde hare. Hoe minder hitte, hoe beter. Hou dit vir spesiale geleenthede.

Michelle Forsyth stem saam en sê sy vermy hitte so veel as moontlik, aangesien dit haar hare kan laat droog voel. Foto: @taff_murda

5. Goedkoop kies nie

“Ek was een keer by ’n salon waar die salon te min produkte gebruik het en my hare het so beskadig dat dit ’n jaar geneem het vir my hare om te herstel. Tensy jy al jou hare wil afskeer of dit kort knip, besef dat dit tyd en finansiële toewyding verg.” Kirsten Goss

6. Jou droeër teen die borsel druk nie

“Moenie jou haardroeër teen die borsel druk as jy droogblaas nie.” Charles Junior Louw

Styl en kleur inspirasie vir gebleikte blonde hare

Hierdie kleur is bekend as ‘buttermilk blonde’ en is van Wella Professional.
Foto: Kadus Professional
Foto:Intercoiffure Mondial Innocent Elen Traysman.

La Belle
Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Katryn Kruger se 5 beste grimeerwenke
error: Content is protected !!