Wêreldboekdag-kostuumidees

Hier is Wêreldboekdag-kostuumidees vir kinders aangesien dit op 23 April boekdag is en baie kinders as hul gunsteling boekkarakter moet aantrek skooltoe. Deur Suzanne Kotzé

18/04/2024

Hier is 27 Wêreldboekdag-kostuumidees

Dit soms maar ’n gerondskarrel om al die kostuums bymekaar te kry, en soms kies jou kinders dalk ook nou nie die maklikste karakters nie. Hier is ‘n paar idees.

Die swaan in Die Lelike Eendjie deur Hans Christian Andersen

Stylvol-vriendin Susra Matthee het haar dogtertjie soos die swaan in die lelike eendjie aangetrek. 

Ons het ’n wit kartondoos geneem en die binnekant ook geverf voordat ons dit geknip het. Die flappe van die doos het ons gebruik vir die vlerke en wit vere daarop geplak. Die ander deel het ons gebruik vir die nek en ’n swaangesig daarop geteken en dit aanmekaar gesit. 

2. Die kat in Die Kat kom Weer deur dr. Seuss

Susra se seuntjie was die kat. Ons het wit karton geneem en rooi strepe daarop geverf en dit vasgekram en bo-oor ’n hoed getrek. Ons het rooi kreukelpapier geneem en ’n strik gemaak en dit vasgesteek. 

Die slak van The Snail and the Whale deur Julia Donaldson

Justine Kroes se dogtertjie as die slak van Julia Donaldson se Snail and the Whale boek. 

Ons het hierdie oulike idee op Pinterest opgespoor. Ons het ’n groot rol bruin papier gebruik, opgerol en gedraai rondom ’n ligte bal. ’n Ou skoolsak se skouerbandjies is gebruik en met ’n gomgeweer vasgegom sodat die bal en bruinpapier (oftewel die slakkedop) gemaklik nes ’n rugsak sal sit. Vir die twee voelers het ons sagte draad om ’n kopband gebind en bruinpapier hier rondom gedraai. Bo-op het ons sagte pom-poms wat ons tuis byderhand gehad het vasgegom. 

 ’n Voëlkyker van What it’s like to be a bird Catherine Rayner

“Ons kon nie aan ’n goeie kostuum-idee dink om ’n hele voël-uitrusting te probeer saamstel nie, net die idee van duisende vere plak het ons dadelik in ’n ander rigting gestuur. Ons het toe eerder op die idee van ’n voëlkyker besluit,” vertel Justine.

By ’n plaaslike kwekery het ons ‘n klompie houtvoëltjies opgespoor. Ons het ’n gomgeweer gebruik om al die voëltjies vas te gom aan ’n winskopiehoed van The Crazy Store. Daarna het ons twee bande materiaal gebruik vir om die polse en voëltjies hier bo-op ook geplak. ’n Stel speel-speel verkykers uit die speelgoedboks het die uitrusting goed afgerond!

The Fantastic Mr Fox van Roald Dahl

My seun, toe hy nog baie korter as sy ma was. Ek het bruin viltmateriaal gebruik op ’n reeds bestaande superheldmasker geplak met ’n gomgeweer en die wit snorbaarde is natuurlike ook vilt wat net vasgeplak is.  Die oortjies het ek gemaak met daarde harde driehoekies wat mens in swembroeke se borsarea kry en kunspelsmateriaal gebruik om daarop te plak. Die stert is gemaak van bruin kunspelsmateriaal wat ek opgerol het, en ’n stukkie wit kunspelsmateriaal vir die onderkant. 

Pinterest idees vir kostuums.

Loer gerus op ons Pinterestbord vir nog idees en meer besonderhede

Greg Heffley van Diary of a Wimpy Kid deur Jeff Kinney

Greg Heffley van Diary of a Wimpy Kid is ’n baie maklike idee. Jy kan die masker hier aflaai.

Paddington Bear deur Thomas Michael Bond CBE 

’n Blou jas, rooi hoedjie en ’n ou skooltassie werk vir hierdie Paddington Bear voorkoms. Foto: Pinterest
Kyk hoe oulik. Hierdie ma was ekstra en het selfs foto’s van marmeladebroodjies in die tassie geplak.

Die jellyvis van The Search for the Giant Arctic Jellyfish deur Chloe Savage

Foto: Pinterest

Kyk net hoe oulik en anders is hierdie jellievis. Jy koop hierdjie deurskuynende sambreeltjies vir goedkoop by enige Sjiense winkel.

Dog Man and Cat Kid deur Dav Pilkey

Foto: Pinterest

Hierdie was van my seuns se gunstelingboeke toe hulle jonger was. Die kostuums is ideaal vir twee maats. Hier is gratis inkleurbladsye, jy kan altyd net die gesigte vergroot en uitdruk vir die koppe. 

The Bad guys deur Aaron Blabey

Wolf van The Bad Guys Foto: Pinterest
Mr Shark

The Paperbag Princess deur Robert Munsch

Foto: Biance Hurst Instagram  

Captain Underpants deur Dav Pilkey

Foto: Pinterest

Hierdie sal beslis ’n paar kinders laat skaterlag. 

Elmer the Patchwork Elephant deur David McKee

Foto: Pinterest

Little Miss Naughty deur Roger Hargreaves 

Foto: Clarre Harrex Instagram

Little Miss Sunshine deur Roger Hargreaves

Saucepan Man van The Magic Faraway Tree deur Enid Blyton

Foto: Pinterest

Gansta Granny deur David Williams

Foto: Pinterest

The Lorax deur dr. Seuss

Hier is ‘n paar oulike T-hemp idees

Foto: Pinterest
Foto: Pinterest

The 143 Story Treehouse deur Andry Griffiths en Terry Denton

Foto: Pinterest

Book deur Roger Hargreaves

Fox in Socks deur Dr. Seuss

Foto: Pinterest

Duif van die Don’t Let The Pigeon reeks deur Mo Willems

Foto: Pinterest

No one likes a fart deur Zoe Foster Blake

Do you know Pippi Longstocking? deur Astrid Lindgren

Foto: Pinterest

Frida Kahlo (little people big dreams) deur Maria Isabel Sanchez Vegara

Foto: Pinterest

Matilda deur Roald Dahl

Foto: Pinterest
Foto: Pinterest

Where’s Wally? Where’s Wally Now? deur Martin Handford

Foto: Pinterest
Foto: Pinterest

The Paper Dolls deur Julia Donaldson

Foto: Pinterest
Foto: Pinterest

Lees ook:

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Rolene Strauss
Rolene Strauss gee raad: gebruik positiewe bevestiging so
error: Content is protected !!