Om emosioneel gesond en gelukkig te wees is so belangrik! Aktrise en skrywer Antoinette Louw deel 10 lewenslesse wat sy geleer het as aktrise en vrou wat haar in haar emosionele en geestelike welwees help.
Antoinette Louw deel 10 lewenslesse wat sy geleer het
- Wat ander mense van my dink en sê, is nie my besigheid nie.
- My werk definieer nie wie ek is nie. En dit bepaal ook nie my geluk of my waarde nie (lees gerus Oriah Mountaindreamer se ‘The Invitation’)
- My lewensreis is my eie. Om myself met ander te vergelyk veroorsaak net ongelukkigheid en maak my blind vir my eie unieke waarheid.
- Ondersteuning is belangrik. Veral van ander vroue af (ek glo sterk aan ‘sisterhood’). Soek die mense uit wat vir jou wind onder jou vlerke gee.
- Wees kieskeurig met sosiale media en wie/wat jy volg. Laat dit jou goed voel? (Dit maak my bekommerd dat daar soveel fokus geplaas word op die uiterlike en eksterne dinge. En dat ‘gewildheid’ gesien word as sukses.)
6. Hoe minder jy jouself oordeel en eerder met deernis na jouself kyk (foute en al), hoe minder sal jy ander oordeel. En besef ons het elkeen ’n storie…
7. Tyd vir jouself is nie selfsugtig nie. Inteendeel, dis noodsaaklik.
8. Stap weg van dinge af wat jou ongelukkig maak.
9. Dans! (Wanneer laas het jy jou gunsteling liedjie gespeel en in die sitkamer gedans? Sommer op jou eie?)
10. Ek’s vrou. En ek het kurwes. Ja, ek het kurwes! Uiteindelik is ek besig om dit te vier en nie weg te wens nie. Om nie te probeer wees soos vroue wat lyk soos die wat al dekades lank in die media vir ons voorgehou word as ‘mooi’ nie. Dit is ongelooflik bevrydend.
Antoinette is tans te sien in Dam op Showmax en Swartwater op SABC 2.