Adene
Adene

Verander só van loopbaan; Adene Nieuwoudt gee raad

Baie van ons het al Adene Nieuwoudt se allermooiste fotos van haar pragblomme en blomplaas Adene’s Farm Flowers op sosiale media gesien. Hoewel dit lyk asof sy al jarelank met blomme boer, is daar baie meer agter die storie van Adene se sukses. Sy het al drie keer suksesvol van loopbaan verander. Eers ’n mode aankoper toe ’n gewilde troufotograaf en nou boer sy met die mooiste blomme. Adene deel haar werks-geskiedenis, plus 5 wenke vir loopbaanverandering met ons. Deur Justine Kroes

Wat het jy gestudeer?

“My Pa wou altyd gehad het ek moes regte swot, hy is self ’n prokureur – en ek het gedink ek gaan regte swot. Maar net voor ek universiteit toe is besluit ek, as ek gaan regte swot gaan ek nooit weet wat ek van myself sou gemaak het op my eie nie. Ek het toe net daar sommer besluit om iets kreatiefs te gaan studeer. Ek het nie eers destyds besef hoe kreatief ek eintlik is nie.”

“Ek het toe B Verbruikerswetenskappe gaan swot wat daai tyd kleding en tekstiel-wetenskap was”. “Ek het die kursus vreeslik geniet – ons het nie koekies gebak soos wat almal dink nie!”

“Die kursus het baie Sake-en BComm-vakke ingesluit. Dit het my beslis baie goed voorberei vir die besigheidswêreld!”

Vertel ons van jou eerste werk?

“Direk na universiteit is ek Londen toe, ek het vinnig besef ek gaan werk in my studierigting moet vind sodat wanneer ek eendag terugkeer Suid-Afrika toe, ek al die nodige werksondervinding onder die knie het.”

“Ek het weke omgesit in Londen en my CV uitgestuur na modehuise in die hoop dat ek sal werk vind. Dit het gevoel asof ek my CV na ’n miljoen plekke toe gestuur het”. “Ek word toe genooi vir ’n onderhoud by Dune London (skoene en handsakke-handelsmerk). Die dame wat die onderhoud gevoer het, was van Spanje af en ook nuut by Dune.

“Sy het toe nie besef dat sy nie eintlik ’n Suid-Afrikaner mag aanstel nie, en na drie maande by Dune London, het hulle vir my ’n werkspermit gereël – dit was ’n letterlike wonderwerk!”

Adene

“Na twee jaar was ek gereed om terug te keer Suid-Afrika toe, ek het by Foschini gewerk as ’n gespesialiseerde skoene-aankoper vir twee jaar. Daarna het ek as aankoper by Ackermans gewerk.”

Hoe het die skuif van mode-aankoper na troufotograaf gebeur?

“Ek het my man ontmoet (’n boer) en ek het besef ek gaan moet plaas toe trek en my werk as aankoper agterlaat. Ek het altyd geweet ek wil besig wees en in die sakewêreld bly, maar die salarisse wat op die platteland aangebied word vir vroue teenoor mans in dieselfde posisie is baie laag. Ek het toe net daar besluit ek wil nie vir iemand anders werk nie.”

Adene saam met haar man Andrew, dogtertjie Eva en seuntjie Samuel

“Ek het toe my kamera opgetel en begin fotos neem, ek het aanvanklik drie troues verniet afgeneem. Die fotos kom toe so mooi uit en ek sit dit toe op Facebook, en van daar af snowball dit. Ek word toe volgeboek binne my eerste jaar van troufotografie”. “Ek was tien jaar lank ’n troufotograaf en het altesaam 400 troues afgeneem.”

Adene

“Dit was so ’n beautiful journey gewees, ek kry nou nog trane in my oë as ek daaraan dink. Elke troue was so spesiaal. As fotograaf weet jy vir daardie dag is jy net hulle s’n, daar bestaan nie ’n buitewêreld as jy troues afneem nie. Jy vergeet van enige ander bekommernisse en jy fokus net op daardie dag.

“Jy kyk ook die hele dag uit vir spesiale oomblikke, dit is so goed vir ’n mens se siel om ’n troufotograaf te wees”.

Adene

Vertel ons meer van die skuif vanaf fotograaf na boer met blomme?

“Toe ek nader aan my 40’s begin kom, het ek besef ek gaan nie vir altyd kan troufotografie doen nie. Ek en my man het al voorheen idees gehad om tonnels op te sit op die plaas. Maar die troufotografie het so vinnig toegeneem dat ons nie eintlik weer daaraan gedink het nie”.

“Ek het eers hard gewerk aan ’n groentetuin, al die groente mooi gestileer en fotos van die groente geneem, en toe verkoop dit elke slag blitsvinnig uit.”

Adene

“’n Vriendin kom toe kuier uit Nederland en sy smokkel vir my ’n klomp pakkies saad in van blomme wat ons nie regtig hier kry nie (amaranthus en nigella). En die blomme wat toe daaruit opkom is ongelooflik.”

“Ek neem fotos van die blomme en sit dit op Facebook, daar verkoop dit woep-wap uit. Dit is hoe die besigheid gebore is!”

My man sit toe die volgende seisoen vir my die eerste nethuis op en sê, “no pressure, plant wat jy wil, en sien dit as ’n stokperdjie met potensiaal.”

Ek soek toe van heinde en verre na sade en bolle wat ek ten duurste invoer, ek het nie ’n idee of dit hier sou aard nie. Die hele proses was maar trial en error. Die eerste jaar het heel goed gegaan en ons het ’n klein wins gemaak, maar ek gebruik toe net weer daardie geld vir die volgende jaar. En so het ons elke jaar verdubbel en verdubbel. Ons sit nou met 25 000 dahlias. Volgende jaar wil ek graag dubbel die hoeveelheid kweek.”

“Ons het tans meer as ’n honderd verskillende variëteite van blomme op die plaas, dit is meestal trou-blomme, nie kommersiële blomme nie. Dit beteken dit hou nie noodwendig so lank nie. Maar baie van die variëteite hou wel lank en Woolworths neem ook daarvan om te verkoop.”

Adene

Adene se 5 top wenke vir loopbaanverandering

  1. As jy ’n nuwe besigheid wil begin, en jy wil uit jou bestaande beroep beweeg, maak eers seker daar is ’n mark vir jou produk/diens. Byvoorbeeld, as jy graag ’n winkel wil oopmaak, maak seker daar is voete en mense wat jou produk wil koop.
  2. Die volgende wenk is seker die enigste ding wat ek van my Universiteitsdae af uit my boeke uit kan opsê, dit is iets wat ek tot vandag toe gebruik het. Die 4 P’s van suksesProduk – jou produk moet goed wees, dit is stap een. Prys, as jou prys goed is, gaan jou produk suksesvol verkoop. Promosie, almal moet weet van jou produk en jy moet dit goed bemark. Plek, daar moet voete wees of jou produk moet haalbaar en toeganklik wees vir kopers.
  3. Maak seker jy het genoeg kapitaal, toe ons na ’n jaar terugkyk, het dit ons veel meer gekos as wat ons aanvanklik begroot en beplan het. ’n Mens besef eers later, wanneer jy reeds aan die gang is, dat jy byvoorbeeld ’n koeltrok en koelkamers nodig het, of ’n filter op ’n pomp breek en moet vervang word. My raad – verdubbel jou begroting!
  4. Jy het die regte ondersteuningsnetwerk nodig, wat jou verder sal aanmoedig en ondersteun.
  5. My slagspreuk vir die lewe:

“As jy ’n spesifieke doelwit het, hou net jou oë op daardie doel, jy sal presies weet hoe om daar uit te kom solank jou wilskrag sterk genoeg is.”

Adene Nieuwoudt

Besoek die plaas:

Besoek gerus die Adene Flowers ope dae Saterdae en Sondae van 8:00 tot 12:00. Dit is beslis die moeite werd. Raak verlore tussen die eindelose rye van die allermooiste blomme, geniet iets om te eet by die koffiewinkel. Koop jou gunsteling vars blomme om huistoe te neem. Vind die aanwysings na die plaas hier.

Koop Adene se blomme hier:

As Wolseley te ver is: besoek gerus die Oranjezicht Farmers Market in Kaapstad om van Adene se vars blomme te koop. Ook beskikbaar by Local @Heritage Square, Kortmarkstraat 10, Kaapstad. Daar word vier keer per week vars blomme hier afgelewer.  

Plant jou eie:

Plant jou eie blombolle en sade, koop dit aanlyn hier. Adene deel graag raad en wenke oor hoe, waar en wanneer elk van die variteite geplant kan word.

Woon ’n blommerangskikking-werkswinkel by:

Die volgende werkswinkel word op die 16de Maart op Adene se plaas gehou. Dit gebeur in samewerking met Anli Wahl Floral Design en & Amanda van KADOU Floral Design. Leer meer oor die werkswinkel hier.

Lees ook: Martelize Brink gesels oor liefde, lekker leef en ‘n gesonde leefstyl

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Borskanker; van veg na oorgawe
error: Content is protected !!