Erica Wessels
Erica Wessels
Foto: Kristina Stojiljkovich. Hare en grimering Cheryl Parker

Erica Wessels, ‘I am all Girls’ en kinderhandel

Erica Wessels vertolk die rol van speurder Jody Snyman in die fliek, I am all girls. Erica vertel ons van haar rol en kinderhandel en hoe dit haar as ma van ’n klein dogtertjie beïnvloed.  Deur Suzanne Kotzé

Erica Wessels in I am all Girls

Erica Wessels by die premiére van I am all girls
Erica en mede-stêr Hlubi Mboya
Erica Wessels in I am all girls

Erica vertolk die rol van speurder Jody Snyman wat saam met Ntombizonke (Hlubi Mboya) probeer om ’n kinderhandel-smokkelring te fnuik. Met terugflitse na die verlede kom jy agter dat Ntombizonke self deel was van ’n groep meisies wat vir seksuele handel misbruik is. Die berugte Gert van Rooyen en ’n minster van die ou Nasionale Party in die ou apartheidsheidsbedeling is almal in die storie verweef. Op langerlaas word Jody van die taakspan verwyder wat die kinderhandel- smokkelring ondersoek en word gedwing om ’n moord te ondersoek. Sy kom egter agter dat dié moord ,en vele ander, wel met die kinderhandel- smokkelring te doen het. Al die slagoffers van ’n reeksmoordenaar word byvoorbeeld gevind met voorletters uitgekerf op hulle bors. 

Dit klink dalk bloeddorstig en swaar om te kyk, maar die moeilike storie word tog op ’n sensitiewe manier vertel. Netflix het vir die eerste keer ’n vollengte Suid-Afrikaanse fliek op hulle internasionale platform geplaas en I am Girls was binne die eerste week onder die Top 10. Kyk hier na die fliek op Netflix.

Die voorbereiding vir die moeilike rol

Erica Wessels as Jody Snyman en Hlubi Mboya as Ntombizonke

Psigiese voorbereiding

Erica het soveel moontlik nagelees oor mensehandel en verskeie dokumentêre gekyk oor die kwessie. “Ek het ook ’n wonderlike gesprek gehad met ’n vroulike lid van die Valke wat fokus op mensehandel. Ons het bykans ’n uur en ’n half gesels terwyl sy my vrae beantwoord het.” Erica het ook baie navorsing aanlyngedoen. vanaf prostitusie tot aanlyn-pornografie. “Dit was nie maklik nie, maar ek dink dit is belangrik en waardevol. As akteur is dit deel van my om ook na die swaarder dinge van die lewe te kan kyk.

Om te delf in die donkerte van mensehandel was ’n aaklige realiteit, maar dit is ’n realiteit.

Ek sien dit as ’n noodsaaklike ervaring dat ek in daardie wêreld kon inkyk en daarvan kon leer.”

Fisiese voorbereiding

Die rol van Jody was met tye baie fisies en jy sien haar gereeld boks en hardloop. Erica moes spesiale boksklasse neem en moes ook meer gespierd word vir haar rol. Sy het vir ses weke lank vier tot vyf sessies per week by ’n boksgimnasium bygewoon. “Dit was vir my ’n ongelooflike ervarig en my lyf het baie goed gereageer op die strawwe oefening. Dit is só nie ‘Erica’ nie. Erica is iemand wat lief is vir stap en joga en swem. Ek het dit egter so geniet en dit is asof die boks klaar voorbereiding was vir my om Jody se wêreld te betree. 

Maak wat sy weet oor kinderhandel haar angstig as ma?

“Nee. Ek glo sterk daaraan om nie in vrees te leef nie. Ek is baie bewus daarvan dat ons in ’n wêreld vol ongelooflik baie skoonheid en terselfdertyd ongelooflik baie tragedie leef, uiterstes van lig en donker. Ek is intensioneel daaroor om nie te leef met vrees of skaamte nie. 

Die beste ding wat ek vir my dogterjie, Stella, kan doen is om vir haar ’n gevoel van kosbaarheid en sekuriteit te gee. En ook ’n goeie selfbeeld en selfvertroue kan gee in terme van hoe sy met die wêreld omgaan. 

Mense/kinderhandel begin lank voordat jy geteiken word en gegroom word. Hierdie ouens soek meisies met ’n lae selfbeeld, van arm agtergronde en gebroke huise. Dit is juis wat mensehandel so ’n tragedie maak. Dit begin as ’n belofte. ’n Meisie wat jou bevriend. Wat sê: ‘Kom ons gaan Johannesburg toe. Al wat ons moet doen is om ons ID’s en paspoorte vir iemand te gee en ons gaan werk in ’n boekwinkel of fabriek. Hulle beloof om ons te betaal en huisvesting te gee’. ’n Uitweg uit haar slegte omstandighede wat dan natuurlik glad nie so uitwerk nie.

Die beste ding wat ons as ouers kan doen is om nie in vrees te leef nie, maar om bewus te leef en na te lees. Ons oë oop te hou en goed raak te sien.” 

Hoe praat ’n mens met jou kinders oor hierdie kwessies?

Deur Erica se rol en navorsing het sy vir Tabitha Lage, stigter van die NRO Hope Risen leer ken. “Wat ek by Tabitha geleer het is dat jy ongelooflik eerlik met jou kinders moet wees oor kwessies soos seks en pornografie. Dit is ook belangrik om nie self skaam te voel as jy met hulle hieroor praat nie, sodat jou kinders ook nie skaam is om met jou hieroor te praat nie. Dit is belangrik om jou kinders te laat verstaan dat daar baie slegte goed in die wêreld is, maar dat in ons huis ons glo aan goeie waardes, liefde, eerlikheid en waarheid. 

Sal kinderhandel ooit stopgesit word?

Nadat ek met mense in die bedryf soos NRO’s en aan die polisiekant gesels het, is die antwoord ongelukkig nie positief nie. Die polisie self is soms betrokke. Gaan dit ooit stop? Tien teen een nie. Al wat ons kan doen is om ’n bewustheid te kweek oor die onderwerp en ons oë oop te hou. Om iemand eindelik aangekla en veroordeel te kry is ook ’n baie lang en omslagtige proses. Ons kan net hoop dat iemand in ’n magsposies dalk I am all Girls kyk en besef watter groot rol dit speel. En as daar net ’n paar kinderhandel-oorlewendes die fliek kan kyk en besef dat wat met hulle gebeur het, nie hulle waarde beïnvloed nie. Soos Tabitha vir my gesê het, is daar ten spyte van al die gruwel en hartseer ook reddings-en positiewe stories.

As jy een meisie red, red jy ’n generasie van vroue.

Juis hierom is dit so belangrik om organisasies soos Hope Risen te ondersteun. 

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Rolene Strauss
Seuntjie-ma Rolene Strauss gesels oor seuns en die belangrikheid van respek
error: Content is protected !!