Stres-sweet is iets wat die meeste mense ervaar. Sweterige handpalms voor ’n aanbieding, klam onderarms tydens ’n moeilike gesprek, of ’n skielik blosende gesig wanneer jy angstig voel is alles normale stresreaksies. Dit laat jou dalk verleë voel, maar dit is eintlik ’n heeltemal normale biologiese reaksie wat jou liggaam help om druk te hanteer. Deur Suzanne Kotzé
promosie
Stres-sweet; die liggaam se ingeboude alarmstelsel
Wanneer jy gestres voel, aktiveer jou liggaam die veg-of-vlug-reaksie, ’n oorlewingsmeganisme wat deur die simpatiese senuweestelsel beheer word.
Hierdie stelsel berei jou voor om vinnig op gevaar te reageer deur hormone soos adrenalien en kortisol vry te stel. Hierdie hormone verhoog hartklop, verskerp fokus en stimuleer sweetkliere.
Emosionele sweet
Volgens die Cleveland Clinic kan emosionele stres sweetkliere aktiveer selfs wanneer die liggaam nie oorverhit is nie. Hierdie tipe sweet word dikwels emosionele sweet genoem.
Twee tipes sweetkliere; ekkriene en apokriene kliere
Mense het twee hooftipes sweetkliere. Ekkriene kliere, wat oral in die liggaam voorkom, help om liggaamstemperatuur te reguleer deur waterige sweet vry te stel.
Apokriene kliere, wat in die oksels en lies gekonsentreer is, reageer sterk op emosionele snellers soos stres of angs. Hierdie kliere produseer ’n dikker sweet wat proteïene en vette bevat.
Stres stimuleer sweetkliere
Navorsing gepubliseer in die Skin Pharmacology and Physiology wys dat sielkundige stres sweetkliere direk kan stimuleer deur senuwee-seine en chemiese boodskappers soos asetielcholien. Omdat apokriene sweet meer organiese verbindings bevat, breek bakterieë op die vel dit makliker af. Juis hierom ruik stres-sweet dikwels sterker as sweet wat van oefening afkomstig is.
Waarom gebeur stres-sweet?
Vanuit ’n evolusionêre oogpunt het stres-sweet mense moontlik gehelp om te oorleef. Sweterige handpalms kan greep verbeter tydens oomblikke van gevaar, en sweet help om liggaamstemperatuur te reguleer wanneer die liggaam onder intense fisiologiese stres verkeer.
Dit is ook hoekom emosionele sweet geneig is om in spesifieke areas te verskyn, veral die handpalms, voetsole, gesig en onderarms, waar sweetkliere die meeste gekonsentreer is.
Verminder stres-sweet só
Terwyl af en toe stres-sweet normaal is, is daar maniere om dit te bestuur.
Beoefen stresbestuur
Ontspanningstegnieke soos diep asemhaling, bewustheid, joga of gereelde oefening kan help om die senuweestelsel te reguleer en die liggaam se stresrespons te verminder.
Gebruik ’n deodorant of antiperspirant

’n Deodorant soos Mitchum 48hr Triple Odor Defense help om sweet en reuk te beheer en dit bevat trippel reukbeskermende tegnolgie.
Antiperspirante werk deur sweetkliere tydelik te blokkeer. Dermatoloë beveel dikwels aan om dit snags aan te wend, wanneer sweetproduksie laer is, om doeltreffendheid te verbeter.
Kies kledingstukke gemaak van materiale wat kan asemhaal
Klere gemaak van natuurlike vesels soos katoen of linne laat beter lugvloei toe en help vog vinniger verdamp.
Kry mediese advies vir oormatige sweet
As sweet ernstig word of jou daaglikse lewe beïnvloed, kan dit moontlik hiperhidrose wees.
Lees meer oor hiperhidrose hier:








