Manispirasie – 10 nael-idees om nou te probeer

Het jy ook al by jou naelafspraak gesit en geheen en weer oor watter naelskakerings of naelontwerp om te kies vir jou naels? Ons doen … elke keer! Ons het dit dus goed gedink om ’n mani(inspirirasie)gids saam te stel; hier is 10 nael-idees wat tans trend. Hou die gids byderhand vir jou volgende naelafspraak! Deur Justine Kroes

14/07/2023

1. Melkbad naels

Hierdie effense wit deursigtige, glansende naeltrend is behoorlik deur Kim Kardashian gewild gemaak. Dink aan ’n water en melk bad – dit is omtrent die gevoel wat hierdie naellakeffek skep.

@meganmargotevans op Instagram

Ons dink ook dit sal by die meeste velskakerings pas en is ’n goeie een om te probeer as jy dalk alewig ligte nude skakerings dra, dit word immer beskryf as “the new nude”.

Probeer Bio Sculpture se Seafoam skakering (R120) ook in ’n jel skakering beskikbaar.

2. Barbiecore Pienk

Dit is natuurlik g’n wonder dat pienk (in al sy skakerings) maar veral helder skel (Barbie) pienk tans trend te danke aan Greta Gerwig se Barbie Movie wat later (21 Julie) hierdie maand in fliekteaters vrygestel word nie.

Ons hou veral van die pienk Franse manikuurvoorkoms met verskillende skakerings van pienk.

3. Mikro Franse manikuur

Hierdie trend word beskryf as die “micro French” of “barely there French”. Dink aan die gewone Franse manikuur met ’n ekstra dun, superfyn lyntjie aan die bopunt van jou naels.

4. Kleure van die reënboog

Ja, ons bedoel al die skakerings terselfdertyd op jou naels – van reënboog motiewe tot elke nael ’n ander kleur. Ons kan nie wag om dit te probeer nie – dalk helder dit die koue, groue wintersdae op.

Ons dink ook die pastel reënboog skakerings sal net so mooi lyk.

@glow_beauty_criccieth op Instagram

5. Minimalistiese ontwerpe

Dink aan squiggles en wiggles, en abstrakte naelkuns, probeer wit en swart vir ’n klassieke voorkoms of verskillende skakerings as jy dalk effens meer uitdagend voel die dag.

Laat dele van jou natuurlike nael skoon op gedeeltes vir ’n minimalistiese negatiewe spasie gevoel.

@allnailss op Instagram

6. Helfte-helfte naels

Die half & half naeltrend verwys na die verftegniek waar een helfte van die nael een skakering geverf word en die ander helfte ’n ander (of geen) skakering. Die ideale oplossing vir wanneer jy nie kan besluit op net een nael skakering nie – probeer sommer albei terselfdertyd!

7. Blueberry Milk Nails

Hierdie naam klink omtrent eienaardig, maar elke jaar is daar een skakering wat onverwags trend. (Onthou julle die glazed donut naels?) Ons het so ’n gevoel hierdie jaar gaan dit die Blueberry Milk skakering wees – dink aan ’n melkerige bloubessie skakering (eintlik maar babablou dink ons!)

Die nael- skakering is al op bekendes soos Sofia Richie, Dua Lipa en Zendaya gesien. Beslis ’n kleur wat ons binnekort gaan probeer met die Bio Sculpture skakerings:

Bio Sculpture Gemini Bohemian Beauty (R120)
Bio Sculpture Gemini Boogie Blues (R120)

8. Neon

Neon skakerings word die afgelope ruk al hoe meer gereeld op modeloopplanke gesien en nou ook op naels, helder neongeel, oranje en pienk is die gewildste.

Wenk; as jy huiwerig is om ’n volle nael aan die helder skakerings af te staan, kies dalk ’n micro French ontwerp in ’n neon skakering vir ’n meer subtiele neon-naelstelling.

9. Metaal of blinker naels

Goud, silwer of roosgoud, metaal en blinkernaels is nog hier om te bly. Van chrome, tot blinker en selfs die glazed donut naels lyk steeds na gewilde opsies. Vergeet ’n slag van die een blinker naelaksent (ou nuus!) en probeer ’n blink Franse manikuur, of as jy braaf genoeg is, om AL jou naels blink te verf!

Bio Sculpture se Popping Petals (R120) skakering bly een van ons heel gunsteling blinker naellak om te dra.

10. Aanplak naels

As jy nie tyd het om naels te laat doen nie, is aanplak/aandruk (press on) naels dalk net vir jou. Hierdie tendens neem al hoe meer gereeld toe en is ideaal as jy ’n uitspattige ontwerp wil probeer maar nie kans sien vir 3 weke se jelnael toewyding hieraan nie.

Die meeste van die nuwe stelle beskadig glad nie nie jou eie naels nie en maak nie gebruik van ‘super glue’ tipe naelgom nie. Beslis ’n probeerslag werd.

Loer hier na die nuwe Stikd naels waarop ons afgekom het, aanplak jelnaels (tuis by jou eie huis) en geen “soak off” is nodig nie. Kyk net hoe eenvoudig is dit om te gebruik.

Stikd press on gel nails

Verskeie verskillende ontwerpe beskikbaar; (R220 per stel)

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
fyn hare salome de wet
7 Goed wat elke vrou met fyn hare moet weet
error: Content is protected !!