11 slim grimeerwenke vir brildraers

’n Bril is deesdae soveel meer as net iets om beter mee te kan sien, dit is ook ’n modebykomstigheid!

Maar wanneer dit by grimering kom, kan ’n bril partykeer ’n paar uitdagings skep. Ons deel slim grimeertruuks vir brildraers wat jou oë mooi beklemtoon en jou grimering netjies laat lyk. Deur Justine Kroes

11 Grimeerwenke vir brildraers

1. Begin by jou onderlaag

Een van die grootste frustrasies is die onderlaagmerke wat op jou neus agterbly waar jou bril rus.

Gee eerstens jou velsorg kans om goed in te trek. Moet ook byvoorbeeld nie  ’n ryk oogroom naby jou wimpers aanwend nie.

Begin dan met ‘n voorbereidingslagie (primer) wat sal help dat jou grimering langer hou, veral oor die brug van jou neus. Gebruik ’n sagte grimeersponsie om die onderlaag te blend.

Die truuk is om minder produk op die brug van jou neus aan te wend. Gebruik nou ’n dun lagie onderlaag, en wend dit liggies aan.

Jy kan die grimering met ’n grimeeraanblysproei “set” vir ekstra houkrag.

Hier is van ons gunstelinge

Jou bril trek aandag na jou oë en wenkbroue.

Netjiese, goed versorgde wenkbroue is noodsaaklik vir brildraers en help om jou gesig mooi te raam.

Vul plek plek waar wenkbrouhare yl lyk, met ’n wenkbroupotlood of poeier in.

Onthou ook dat jou raamwerk ’n rol speel: ’n dikker raam kan saam met meer gedefinieerde wenkbroue werk, terwyl dun rame dikwels mooier lyk met ’n sagter voorkoms.

3. Pas jou oogskadu by jou voorskriflense aan

Het jy geweet jou bril se lense kan beïnvloed hoe groot of klein jou oë lyk?

As jy bysiende is:

Jou bril se lense kan jou oë kleiner laat lyk. Gebruik ligter skakerings soos sjampanje, sagte pienk, beige en ligbruin om jou oë meer oop te laat lyk en uit te staan. Vermy baie donker, swaar ooggrimering.

As jy versiende is:

Jou bril se lense kan jou oë groter laat lyk. Sagte, mat skakerings soos bruin, taupe en grys help om jou oë mooi te definieer sonder dat dit te swaar lyk.

Onthou om jou oogskadu netjies aan te wend en goed te meng (blend) sodat daar nie duidelik harde kleurlyne is nie.

4. Oogomlyner maak ’n verskil

Oogomlyner help om jou oë te beklemtoon, maar let op die manier waarop jy jou oogomlyner aanwend.  

Indien jou bril jou oë kleiner laat lyk, probeer ’n dun strepie langs jou boonste wimperlyn eerder as ’n dik, donker lyn rondom jou hele oog.

’n Sagte bruin potlood kan ook mooi werk.

Indien jou lense jou oë groter laat lyk, kan jy met ’n effens sterker oogomlyner eksperimenteer.

5. Krul jou wimpers en kies die regte maskara

Maskara is ’n goeie manier om jou oë te laat uitstaan, maar lang wimpers wat teen jou lense skuur, kan irriterend raak.

Wenk: Krul jou wimpers voordat jy maskara aanwend om dit effens opwaarts te lig.

Kies ’n maskara wat volume en definisie gee eerder as een wat jou wimpers baie langer maak.

’n Waterbestande of smeerbestande formule kan ook help om swart merkies op jou lense en onder jou oë te voorkom.

6. Gebruik verbloemer om jou oë op te helder

Jou bril kan moontlik ’n skaduwee onder jou oë skep of donker kringe selfs meer sigbaar maak.

’n Ligte verbloemer (concealer) kan help om die area helderder te laat lyk, veral aan die binnehoeke van jou oë.

Gebruik net ’n klein bietjie en versprei dit goed om te keer dat dit in fyn lyntjies gaan sit. Psst, die driehoekpunt van die Blend & Snap sponsie werk fantasties hiervoor.

7. Wend jou blosser effens hoër aan

Groter rame beteken meer van jou gesig en wange word bedek. Wend hierom jou blosser effens hoër op jou wangbene aan en poets dit uit, opwaarts, in die rigting van jou slape.

Hierdie truuk skep ’n vars, “gesig-lig” voorkoms en sorg dat jou blosser steeds sigbaar is.

8. Moenie bang wees vir ’n helder lipkleur nie

Indienjy eerder jou ooggrimering eenvoudig wil hou, kan jy gerus jou lippe ’n grimeerfokuspunt maak.  

’n Mooi bessiekleur, klassieke rooi, of pienk kan jou voorkoms afrond.

Hou die ontwerp van jou brilraam in gedagte wanneer jy ’n lipkleur kies. Met opvallende rame werk ’n sagter lipkleur dit mooi komplementeer, terwyl eenvoudiger rame ’n geleentheid is om met ’n helder kleur te eksperimenteer.

9. Laat jou bril en grimering saamwerk

Jou bril vorm deel van jou voorkoms, daarrom is dit belangrik om jou grimering daarby aan te pas. Hier is ’n handvol voorstelle:

Sterk, groot, donker rame: Probeer gedefinieerde wenkbroue, neutrale oogskadu en ’n mooi lipkleur.

Dun metaalrame: Sagte glans op die ooglede en ’n bietjie meer kleur kan mooi werk.

Kleurvolle rame: Hou jou oogskadu eerder neutraal en laat jou bril die praatwerk doen.

Groot rame: Moenie bang wees om jou oë en wangbene effens meer te beklemtoon nie.

Moenie jou oogskadu by jou bril probeer pas nie: Blou rame beteken nie jy moet blou oogskadu dra nie. Onthou neutrale kleure skep ’n sagte balans.

Eksperimenteer en kyk wat vir jou werk!

10. Belê in ’n goeie vergrootspieël

Indien jy jou bril gebruik om naby te kan sien, kan dit nogal ’n uitdaging wees om jou ooggrimering aan te wend sonder jou bril!

’n Vergrootspieël kan baie help wanneer jy oogomlyner, maskara of oogskadu aanwend. Daar is ook spesiale grimeringbrille beskikbaar waarvan een lens weggeskuif kan word sodat jy een oog op ’n slag kan grimeer.

11. Hou jou bril skoon

Grimering, velolie en room kan op jou rame en lense opbou. Maak dit gereeld met ’n ‘n brillappie en lensreiniger skoon.

Ons hou hierdie lens wipes altyd graag byderhand.

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Skoonheidsakkies en smuktassies vir jou somervakansie
error: Content is protected !!