Agt vinnige elkedag-grimeerwenke wat ons gebruik

Hierdie tyd van die jaar beweeg alles teen hulle snelle spoed verby, van een sosiale funksie, en jaareind tot die volgende. Hier is vinnige elkedag grimeerwenke, wat ek daagliks doen en so ’n paar spesiale geleentheidgrimeerwenke. Deur Suzanne Kotzé

1. Neem jou tyd met onderlaag en verbloemer

Hierdie is nou die een stap wat jy nie moet afjaag nie. Maak seker jy doen jou grimering waar dit lig genoeg is. En gebruik gerus ’n vergrootspieëltjie as jou sig nie goed is nie. Maak seker jy smeer dit goed in, veral rondom jou neus en haarlyn en kaak. Onthou jou onderlaag moet soos jou vel (net meer eweredig) lyk en nie onderlaag nie.

Wenk:

Maak seker jou vel is afgeskilfer en goed bevogtig vir beter en vinniger aanwending. Borsel solank jou tande nadat jy jou oog-en dagroom aangesmeer het, sodat dit tyd kry vir lekker intrek voordat jy grimering aanwend.

Vir elke dag tik ek verbloemer in die binnehoeke van my oë (daai holtes waar dit altyd donker lyk) aan en meng dit uitwaarts na die buitehoeke van my oë. Minder is meer, anders lyk dit dik en aangeplak. Ek wend dit ook by die buitekante van my neusholtes aan. En net bo my kupido-bogie.

Wenk:

Dink waar skaduwee natuurlik val, dit is waar jy wil ligter maak.

Lees ook:

Gebruik gerus hierdie skets deur grimeerkunstenaar Raine Tauber as verwysing waar om kontoer, beklemtoner en blosser te gebruik.

2. Roomblossers, opwaart en uitwaarts

Niks gee so ’n mooi jeugdige glans soos ’n roomblosser nie. Appel van die wang, uitwaarts na jou slape (in ’n C-vorm) en meng dit mooi in.

Minder is meer.  Vinger-aanwending werk lekker saam met roomblosser aangesien die hitte van jou vingers help om dit in te meng en te versprei.

Wenk: As jy die kleur bietjie oordoen het (en lyk asof jy ’n paar ekstra glase wyn inhet) gebruik jou onderlaagkwas or sponsie en klad liggies daaroor.

Gunsteling roomblossers

Nars Afterglow is so maklik om te gebruik met die stokkie. Ek tik drie kolletjies aan en meng dit met my vingers
Gloei Blush. Gee pragtig glans. As ek regtig haastig is tik ek hierdie sommer aan my oë en lippe ook.

Room na poeier formules

Sisley Phyto Blush Twist (R1 400, Sisley)
Revlon Illuminance Gel Serum Blush (R330, Bash) het intense kleur, so wees versigtig om nie te veel te gebruik nie.

3. Verbronser/kontoer

’n Verbronser soos Chanel Les Beiges Healthy Glow Bronzing Cream Cream-gel Bronzer (R1335, Woolworths) wat jy as verbronser en kontoer kan gebruik is wonderlik. Dit maak ook nie daardie donker kontoerstrepe nie. Ek wend dit net onder my wangbene uitwaarts na my ore aan. Rondom my haarlyn en op die kontoer van my kaak. Meng natuurlik goed, want dit moet tog nie lyk of jy jou naughties Kardashian-kontoering gedoen het nie.

Ek het nog nie Revlon PhotoReady Insta Sculpt Stick prober nie, maar dit lyk na maklike aanwending en dit is beslis op my om-te-probeer lysie. (R330, Bash)

4. Romerige oogskadu

’n Oogkadu stokkie (wat soos ’n lipkryt of glans lyk) werk lekker vinnig en maklik. ’n Poeier na room formule hou gewoonlik langer as bloot room. Ek gebruik my kontoer produk in die vou van die oog.

Stila Liqua-Play™ Eye Shadow in Crema of Sandy (R475, Truworths) is van my gunsteling elke-dag romerige oogskadu om te gebruik.

5. Sagte oogpotlood

Bruin skakerings oogpotlood lyk minder hard en foute is minder opsigtelik as swart. Vandat Revlon se Multiplaye potlode bekend gestel is so twee jaar gelede, is dit ’n daaglikse staatmaker. Trek ’n streep en meng die streep liggies met die kwassie op die agterkant van die potlood.

Revlon ColorStay Multiplayer Liquid-Glide Eye Pencil (R199,95, Woolworths)

6. Vloeibare oogomlyner in die binnekant van boonste wimpers

Die allerfynste strepe net onder jou wimpers. Lig jou ooglid op en trek dit op die binneste pienk deel. Dit laat jou wimpers voller lyk.

Revlon ColourStay Lash & Serum Liner (R259,95, Woolworths)

7. Maskara (bo en onder)

Ek hoor die heeltyd grimeerkunstnaar Renée de Witt se stem in my kop hoe sy vertel hoe baie sy blondines sien wat soos Donald Trump lyk as hulle afkyk omdat hulle nie bokant van hul wimpers ook gedoen het nie. Wend maskara onder jou boonste wimpers aan, kyk af en wend dit op die bokant ook aan. Wag so ’n paar sekondes voordat jy opkyk sodat dit nie smeer nie.

Sensai Mascara 38° (R730, Woolworths) bly een van my gunsteling maskaras omdat dit (veral gedurende somer) nie smeer nie. Dit kom slegs af met warm water.

8. ’n Lekker lippie en jy is reg

’n Natuurlike pienk skakering; twee skakerings donkerder as jou natuurlike kleur, soos ek geleer het by grimeerkunstenaar Bobbi Brown is ’n wenner vir elke dag.

Revlon Super Lustrous Glass Shine (R269,95, Bash)
Clarins Water Lip Stain (R550, Woolworths)
Chanel ROUGE COCO FLASH Hydrating Vibrant Shine Lip Colour (R1110, Arc Store)

’n Lipvlek is ook ’n mooi natuurlike keuse, as jy kleur wil hê sonder dat dit te veel moet lyk.

En ’n helder kleur vir wanneer jy ekstra energie nodig het.

Uitgaan-grimering

  • ’n Grimeersproei wat jy voor die tyd aanwend en na die tyd is die moeite werd vir grimering wat langer hou.
  • ’n Helder lip is ’n vinnige en maklike manier om meer gedoen te lyk. Maak tog seker jy pak jou lipstiffie in vir opknap gedurende die aand. ’n Mat lipstiffie bly langer aan.
  • Vir vinnig rokerige oë grimering, trek ’n lyn bo jou wimpers met ’n oogpotlood (Revlon Multiplayer werk heerlik hiervoor) en nog ’n sagter lyn onder jou onderste wimpers. Smeer dit met die kwassie. Teken ’n paar kolletjies in die vou van jou oog en smeer sodat dit soos oogskadu lyk.

In my  uitgaan handsak

Lipstiffie, verbloemer, klein pakkie grimeerlappies (vir laataand panda oë of grimering op klere), ’n hakspeld (vir noodgevalle) en ’n haarknip vir warm aande wanneer hare in my nek my irriteer. ’n Klein serpie om jou handsak gebind, kan ook wonderlik werk hiervoor.

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Lyk ryk: 10 begrotingsvriendelike wenke om afgerond te lyk
error: Content is protected !!