Stylvol Rolene Strauss se top vyf wenke vir meer selfvertroue
Stylvol Rolene Strauss se top vyf wenke vir meer selfvertroue
Foto Garreth Barclay

Rolene Strauss se top vyf wenke vir meer selfvertroue

Sukkel jy met selfvertroue? Jy is nie alleen nie!  Selfs ’n voormalige Mej. Wêreld sukkel soms hiermee. Rolene Strauss is tans besig met haar meestersgraad in sielkunde en afrigting en haar navorsing fokus op selfbeeld en selfvertroue. Sy vertel hoekom ons soms sukkel (vergelyking is ’n groot sondebok). Hier is Rolene Strauss se top vyf wenke vir meer selfvertroue. Deur Suzanne Kotzé.

12/08/2020

Wie sou kon dink dat ’n vrou wat as een van die wêreld se mooistes beskou word ook kan sukkel met selfvertroue? “Wanneer ek my persoonlike sukkel-met-selfvertroue-reis met ander deel, is dit gewoonlik die eerste ding wat hulle sê: ‘Hoe kan ’n voormalige Mej. Suid-Afrika of Mej. Wêreld sukkel met selfvertroue?’.  

“Die ding van selfvertroue is dat dit nie van buite af kom nie; ware selfvertroue kom van binne.”

Hoe jy lyk of wat jy bereik het, is eintlik maar net ’n druppel in die emmer van selfvertroue.  Daar is soveel ander dinge wat ‘n invloed het en daar is so veel mense wat alles in die wêreld het, maar wat nie gelukkig is met hulleself en wie hulle is nie. So ons almal sukkel met selfvertroue op die een of ander manier op die een of ander tydstip in ons lewe, maar dit is iets waaraan ons kan werk.” 

Hoekom sukkel so baie vroue met selfvertroue en lae selfbeeld?

“Een van die grootste sondebokke van ’n lae selfbeeld en min selfvertroue is vergelyking. Ons kan almal aan ’n oomblik in ons verlede dink waar ons met iemand anders vergelyk is; of dit nou met ’n ouer broer of suster is, of met ’n beste maatjie. Vergelyking is iets waarmee veral vroue sukkel.  

Ons is ook heeltyd besig om perfeksie na te streef. Ons vergelyk ons gereeld met die wêreld se definisie van perfek. Sosiale media maak dit ook nie juis makliker nie. Wanneer ons ons vergelyk, vergelyk ons, ons swak punte met ander se sterk punte. En so sal ons altyd, altyd tweede kom. Dit is so belangrik om jouself nie met ander vroue te vergelyk nie. 

Rolene Strauss se top vyf wenke vir meer selfvertroue

Eers agtergrond oor selfvertroue na aanleiding van Rolene se studies: 

Rolene Strauss se top vyf wenke vir meer lfvertroue

“Baie mense dink selfvertroue is soos jou skoengrootte, óf jy het selfvertroue óf jy het nie, en dat dit nie iets is wat jy kan verander nie.” Rolene glo egter dat selfvertroue nie so is nie.

“Ek glo ons almal het die potensiaal om 100% van ons selfvertroue te kan benut. As gevolg van verskillende dinge wat met ons gebeur en verskillende ervarings wat ons het, het ons nie altyd die vermoë om 100% van daardie potensiaal te benut nie. 

“Ek sien selfvertroue amper as ’n super-power, maar niemand het ons nog gewys hoe om die super-power te gebruik nie.” Rolene Strauss

Daar is verskillende dinge wat ons kan implementeer om die super-power te kan aktiveer en te bereik. 

Hier is Rolene Strauss se top vyf wenke vir meer selfvertroue

1. Jy is nie alleen nie

Weet dat jy nie alleen is nie. Dit is nie net jy wat met ’n lae selfbeeld of selfvertroue sukkel nie. Daar is soveel van ons wat gedurig daaraan werk. 

2. Vind ’n balans tussen self-aanvaarding en selfverbetering

Probeer om ’n balans te vind daartussen om jouself te aanvaar en lief te hê nes jy is, maar ook om te werk aan ’n beter weergawe van jou, die beste jy. Dus, nie te veel van die een of die ander nie, maar ’n goeie balans tussen die twee. 

3. Moenie jou met ander vergelyk nie. 

Wees bedag daarop, en bewus daarvan, wanneer jy jou begin vergelyk met ander. Kry vir jouself ’n sinnetjie wat jy vir jouself kan sê sodra dit gebeur. Wanneer jy agterkom jy vergelyk jou met iemand, sê vir jouself iets soos ‘jy is genoeg, jy is meer as genoeg’. Erken dit en spreek dit aan.

4. Omring jou met mense wat jy kan vertrou wat jou liefhet nes jy is.

Wees omring met met mense wat jy ten volle kan vertrou en wat jou ondersteun en onvoorwaardelik liefhet vir wie jy is. Daardie persone wat die potensiaal in jou raaksien, wat jou vir jou raaksien en jou lief het net soos jy is.

5. Kies ’n goeie rolmodel met dieselfde waardes.

Kry vir jou ’n rolmodel wat dieselfde waardes het as jy en heel moontlik dieselfde struikelblokke as jy oorkom het. Soek iemand wat inpas by die spesifieke area van jou lewe, maar wees ook bedag om jou nie met daardie person te vergelyk nie. Moenie opkyk na jou rolmodel self nie, maar eerder na die kwaliteite van jou rolmodel. Gebruik daardie rolmodel om eerstens te weet dat jy nie alleen is nie en om vir jou hoop te gee dat jou struikelblokke oorkom kan word. 

Selfvertroue nadat jy jou werk verloor het.

Te veel van ons het dit die afgelope ruk ondervind! Hierdie was iets waarmee ek ook gesukkel het, want vir so lank was werk deel van my self-identiteit dat ’n mens verlore voel daarsonder.

Hier is Rolene se antwoord

“Ek sien dit gereeld wanneer ek lewensafrigting doen met kliënte. Wanneer ons mekaar probeer leer ken en ek vra ‘vertel’ my bietjie meer van jouself, vertel hulle dadelik watter werk hulle doen, of dat hulle ’n mamma is. Alhoewel hierdie dinge deel is van ons identiteit kan ons nie ons hele identiteit daarop baseer nie.

Dit is so belangrik om jouself te leer ken vir wie jy regtig is op ’n dieper vlak as net dit wat jy doen.

Jy moet kan onderskeid tref tussen dit wat jy doen en dit wie jy is. Wanneer jy jou ware identiteit ken en aanvaar is dinge wat ’n invloed het rondom dit wat jy doen nie meer so belangrik nie. 

Natuurlik gaan jou selfvertroue ’n knou kry as jy jou werk verloor, maar weet dat dit glad nie in ’n invloed het op wie jy as mens is nie, dit het niks verander as dit kom by die dieper jy nie. Sien dit as ’n geleentheid en hoop vir die toekoms en God skep dalk ’n ander geleentheid vir jou.  Ons het nie altyd die vermoë om dit wat met ons gebeur te beheer nie, maar ons kan wel beheer hoe ons daarop reageer.”

Rolene bied kursusse aan oor selfvertroue. Vir meer inligting oor haar Rediscover your self-confidence kursus klik hier

Sukkel jy met selfvertroue? Het jy ‘n vraag vir Rolene?

Gesels saam en los ‘n boodskap.

Lees ook: Kan essensiële olies help vir angstigheid en slaaploosheid?

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
martelize brink
Braaiterapie: Martelize Brink gesels oor haar liefde vir die kole
error: Content is protected !!