Rolene Strauss
Rolene Strauss

Seuntjie-ma Rolene Strauss gesels oor seuns en die belangrikheid van respek

Om ’n seuntjie-ma te wees is nie altyd maklik nie en Rolene Strauss het kundige raad gesoek oor hoe om haar twee seuns groot te maak. Sy gesels oor die belangrikheid van respek en wat sy geleer het van die bekende Amerkikaanse sielkundige en skrywer Dr. Emerson Eggerichs. Deur Suzanne Kotzé

07/10/2022

Rolene Strauss deel met ons

“Nadat my jongste seuntjie gebore is en toe my oudste so drie was, het ek met hom begin sukkel. Nadat ek hom seker vir die honderste keer al in ‘time-out’ gesit het, het hy en ek begin huil en dit het gevoel of ons alles verkeerd doen. As ma behoort mens seker instinktief te weet wat om te doen.” Dit is toe dat sy begin navorsing doen het oor hoe om seuns groot te maak en op die boek “Mother and Son, The Respect Effect” deur Dr. Emerson Eggerichs afgekom het. Dr. Emerson Eggerichs het ’n PhD in kinder en familie ekologie, is ’n pastoor en topverkoper outeur. Nadat sy die boek deeglik bestudeer het, het sy ’n Insta live onderhoud met hom gedoen.

Wat het Rolene Strauss hieruit geleer?

Rolene Strauss en haar twee seuntjies

In ’n neutedop het sy besef dat ma’s en seuns die wêreld deur verskillende brille bekyk. “Vroue kyk oor die algemeen deur die ‘liefdeslens’ waar ons geliefd wil voel en wil voel mense gee vir ons om, terwyl seuns (en mans) deur die ‘respeklens’ kyk. 

Wanneer ’n ma en seun vassit of in ’n moeilike situasie is, voel die ma dat hy dalk nie lief is vir haar nie, en die seun dat sy hom nie respekteer nie. En so word dit ’n bose kringloop.

Rolene Strauss

Ma’s en seuns

Hier is 13 kernpunte wat ons uit die gesprek tussen Rolene en dr. Emerson geleer het

1. Verstaan die wese van seuns

Dit is belangrik om die wese van ’n seun te versaan,” sê dr. Emerson. “Wanneer ’n vrou onsteld is gebeur daar sekere tipies algemene goed; haar oë word donkerder, haar hande is op haar heupe, sy wys dalk vinger, sug en haar kop gaan terug. Vroue is dan geneig om baie vinnig woorde te gebruik kan seermaak en as disrespekvol kan oorkom. ’n Tienerdogter beleef dalk haar ma so, en verstaan dit. Kort daarna is alles weer reg tussen julle. Maar ’n seun skakel af. Hy sien dit as ’n boodskap dat sy ma nie van hom as wese hou nie.”

2. Ontlont hierdie boodskap

Dit is ’n ma se plig om hierdie ‘valse’ boodskap te ontlont. En hier is taalgebruik baie belangrik om hom te laat verstaan dat dit glad nie haar boedoeling is nie. Dr. Emerson stel voor dat jy woorde gebruik soos: ‘Ek probeer jou nie disrespekteer of onteer nie, maar ek wil hê dat jy weet wat jy nou gedoen het onaanvaarbaar is. Hoe kan ek dit jou sê sonder dat jy voel dat ek jou eer aanraak.?’ Jou ouer seun sal dit hoor en verstaan, maar jy sal verbaas wees hoe goed jou jonger seun dit ook sal verstaan.

3. Weet wat onvoorwaardelike respek beteken

Om onvoorwaardelike respek te betoon beteken nie dat jy slegte gedrag aanvaar nie. Rolene som dit as volg op: “Onvoorwaardelike respek teenoor jou seun (en sommer jou man ook) beteken net dat jy onvoorwaardelike respek toon teenoor die willige siel, maar nog steeds die swak vlees aanspreek, maar op ‘n baie respekvolle manier.”

4. Nie-verbale uitdrukkings is ook belangrik

Wees bewus van die toon van jou stem (praat jy dalk in ’n hoë, onstelde toon), hoe hard jy praat en jou gesigsuitdrukkings as jy met jou seun praat. Praat vriendelik, dog ferm met hom. En onthou jou reaksie bly jóu verantwoordelikheid!

 5. Praat die ‘respek-taal’

Rolene sê dit is amper asof sy ’n nuwe taal moes leer praat, waaraan sy nie gewoond is nie. Sy vertel hoe sy van kleins af vir haar seuntjie ’n susliedjie gesing het wat eindig met die woord ‘mamma is baie lief vir jou.’ En toe sy dit een aand vir hom sing vervang sy die woorde met ‘mamma is baie trtos op jou.’ En net daar vlieg sy ogies oop en vra hy opgewonde: ‘regtig?’. Sy vra toe watter weergawe van die liedjie hy verkies, en hy kies toe die ‘trots’ weergawe.

6. Hou aan liefde wys

Dr.Emerson maan egter dat ons nie ons liefde met respek moet vervang nie. Dit is goed om dit elke nou en dan te doen. Maar as ma is liefde weer jou taal.

7. Dissipline is belangrik

Dr. Emerson sê dat ons moet disiplineer, want hierdeur leer ons weer vir ons kinders self-disipline aan. Dit is egter belangrik om nooit afkeur te wys nie, want dan verloor jy die hart van jou kind. Jy kan ook nie net jou kind bederf en geen disipline toepas nie, want dan verloor jy ook op die ou end jou kind.  

8. Weet wat jou kind laat ‘afblaas’

Elke ma weet instinktief wat haar kind sal laat ‘afblaas’ (deflate). En gewoonlik met seuns/mans sê jy jammer en dit is vergete. As jy egter uit ’n plek van minagtig praat (omdat hy ’n seuntjie is en jy hom dalk nier verstaan nie), sal jou seuntjie net toeslaan en stil word. Jy dink dalk jou taktiek werk omdat hy ‘gehoorsaam’ voorkom, maar eintlik hulle wese ontrek.

9. Die energie-gewende siklus

Rolene vertel dat toe sy meer respek begin betoon het aan haar seun het hy ook meer liefde gewys vir haar. Dr. Emerson sê dat in ’n huwelik mens dikwels sien dat ’n man se liefde sy vrou se respek motiveer en andersom ook. “Onthou in die manlike arena is dit respek wat ons motiveer en nie liefde nie,”sê hy. En hierdie word ook bewys deur ’n studie gedoen deur Stanford Universiteit.

10. Spreek sy ‘beter’ kant aan

Dr.Emerson sê as  ’n vrou woorde gebruik soos: ‘Jy is ‘n eerbare man ek verstaan nie wat gebeur het nie’, spreek jy tot sy beter kant.  

“As jou seun iets gedoen het waarvan jy nie hou nie, hoef jy nie nie onsteld te wees nie, want jy is nie ‘n robot nie. Jy kan sê ‘wat jy nou gedoen het is vir my baie frustrerend. Jy is ‘n eerbare jong seun, so hoekom het jy dit gedoen?’ En nie op ’n manier wat hom laat sleg/skaam voel nie.

11. Vra hoekom

Dr. Emerson sê hy het by sy dogter (wat nou al selfs ‘n volwassene is) geleer dat dit baie belangrik is om te vra hoekom jou kind so optree

  1. Voel hy ongeliefd of nie seker van homself nie
  2. Is dit bloot kinderlike onverantwoordelikheid (’n kind wat maar net simpel goed aavang, omdat hy ’n kind is en dalk nie mooi oor alles dink nie)
  3. Uittarting

12. Besef dat jy nie die uitkoms kan beheer nie

Jy kan vir jou kind sê dat hulle dankie moet sê, maar jy kan hulle nie forseer om dankbaar te wees nie, want daaroor maak hulle ’n interne keuse. Al wat ons kan doen is om ’n voorbeeld te wees en hulle af te rig. Jy kan nie die uitkoms van jou kinders se aksies of besluite beheer nie.

13. Dit is oukei om nie altyd perfek te wees nie

Probeer by die 80/20 beginsel hou, want jy gaan nooit alles 100% reg kan doen nie. Mik om 80% van die tyd reg met jou seun te praat en nie kop te verloor nie, en as jy 20% van die keer dit nie regkry nie, is dit oukei.

Dr. Emerson se akronieme wat seuns (mans) en dogters (vroue) se behoeftes opsom

Vroue

COUPLE

couple

closeness

openness

understanding

peacemaking

loyalty

esteem

Mans/seuns

CHAIRS

conquest

hierarchy

authority

insight

relationship

sexuality

Lees ook: Rolene Strauss se top vyf wenke vir meer selfvertroue

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
8 konneksie-lesse wat ’n jaar se inperking ons geleer het
error: Content is protected !!