Essensiële olies vir beter slaap
Essensiële olies vir beter slaap
Foto: Kristina Stojiljkovic

Kan essensiële olies help vir angstigheid en slaaploosheid?

Soveel van ons lê nagte wakker en sukkel om van bekommernisse te vergeet, kan essensiële olies dalk help vir angstigheid en slaaploosheid? Ons stel ondersoek in. Deur Suzanne Kotzé

As jy aan depressie ly, mag essensiële olies ongelukkig nie gebruik word om dit te behandel nie, maar toestande wat onderliggend is aan depressie of daarmee gepaard gaan soos angstigheid en slaaploosheid kan wel baat vind by die gebruik van essensiële olies as ’n sekondêre of alternatiewe behandelingsmetode. Dit is wat navorsingstudies in The Journal of Alternative and Complementary Medicine bewys het. 

Waarvoor word essensiële olies grootliks gebruik?

“Die terapeutiese werking van essensiële olies waarna die meeste mense op soek is:

  • om hulle te help om rustig te word (destress),
  • te ontspan
  • en beter te slaap. 

Al hoe meer mense is gesteld op welwees en selfsorg en soek na natuurlike en holistiese oplossings. Dit is wonderlik om deel te wees van hierdie beweging en om mense te kan inlig (en inligting is veral noodsaaklik as dit by die gebruik van essensiële olies kom) oor die voordele wat alles in essensiële olies opgesluit is,” sê Cara MacCallum van SOiL Organic Essential

Watter essensiële olies om te kies vir slaaploosheid en angstigheid?

Isabel Roos, besturende direkteur van The Isa Carstens Academy gee raad. 

Essensiële olies van die sitrus familie

Essensiële olies afkomstig van die sitrus-plantfamilie is bekend vir hul kalmerende en verfrissende eienskappe, die olies kan help om angstigheid en slaaploosheid te behandel. 

  • Bergamot 
  • Pomelo
  • Mandaryn
  • Lemoenblaar (Petitgrain

Nog essensiële olies

Ander essensiële olies ook bekend vir hul kalmerende en ontspannende eienskappe is:

  • Roemeense kamille (chamomile)
  • Roosmalva (rose geranium)
  • Laventel (lavender)
  • Lemoenblom (Neroli)  

Gebruik essensiële olie so by jou huis

As ’n lugverfrisser

Meng een druppel essensiële olie met 100ml gesuiwerde water in ’n spuitbottel. Spuit dit in die vertrek waar jy sit en ontspan of in jou slaapkamer voor slapenstyd. 

In die bad

Gooi drie tot vier druppels in jou badwater.

As ’n lyf-olie

’n Lyf-olie kan help om spannings-areas te laat ontspan. Gebruik ’n draer olie soos appelkoospit- (apricrot kernel) of druiwepit-saadolie (grapeseed oil) en voeg 4 druppels essensiële olie by 30ml van die draer olie.

Moenie’s van essensiële olies

  • Suiwer essensiële olies mag nie direk op jou vel gebruik word nie; dit moet eers met ’n draer-plantolie (carrier oil) gemeng word of selfs met ’n basisroom.
  • Gebruik net ’n paar druppels, want dit is baie gekonsentreerd en gebruik jy te veel, kan dit newe-effekte hê.
  • Vermy dit om essensiële olies naby ‘n vuurherd of gasverwarmer te gebruik.
  • Moenie essensiële olies inwendig en per mond te gebruik nie
  • Moenie essensiële olies gebruik as jy swanger is nie. 

 “Die mees effektiewe vorm van behandeling is ‘n Aromaterapie massering by ‘n gekwalifiseerde terapeut,” sê Isabel.

Hoekom is  essensiële olie so duur?

Groot hoeveelhede blomme of plante word gebruik om essensiële olie te maak. Byna 1 ton roosmalva word byvoorbeeld gebruik om 100ml roosmalva essensiële olie te maak.

Waar om essensiële olies te koop?

Stylvol hou van 

Soil Organics se essensiëlie olie wat op eie bodem gemaak word en het EcoCert sertifikasie dat dit organies is.

Babylonstoren se essensiële olies word op die plaas gekweek, gestook en verkoop. Jy kan dit ook by hulle aanlyn winkel koop. 

Faithful to nature het ‘n wye verskeidenheid essensiële olies.

Gebruik jy essensiële olies by die huis? Hoe gebruik jy dit?

Lees ook ‘n Borskanker diagnose en nuwe perspektief

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Balansbelangrikheid: balans, propriosepsie en ouderdom
error: Content is protected !!