Safari Roetes-aanbieders deel hulle altydsaamneem safari-benodigdhede

Sonder hierdie items reis Safari Roetes aanbieders Petri en Tanay de Wet en Vivian en Marianne Torlage nooit nie. Saamgestel deur Suzanne Kotzé

Safari Roetes Seisoen 3: Ontdek die hart van die Cederberge en Tankwa

Safari Roetes Seisoen 3 (op kykNET (DStv-kanaal) Vrydae om 17:30) is propvol avontuur, asemrowende uitsigte, versteekte kampplekke en stories wat die Suid-Afrikaanse stofpaaie tot lewe bring. Hierdie 4×4-toerprogram wys ons hoe hulle met hul standaard 4×4-voertuie self die pad kan vat na bekostigbare, unieke bestemmings reg hier in eie land.

Die span neem jou na die hart van die Cederberge en die ongerepte Tankwa Karoo; ’n streek wat bekend staan vir sy indrukwekkende rotsformasies, wydoop vlaktes en oorweldigende natuurskoon. Dié bestemming bied alles van rustige kamp- en piekniekplekke tot geheime swemgate en watervalle- en die span wys presies waar en hoe om dit te ervaar.

Volgens aanbieder en vervaardiger van Safari Roetes, Petri de Wet, is dit juis hierdie plaaslike juwele wat Suid-Afrikaners nog te min verken:

“Ons toer die Cederberge en Tankwa plat hierdie seisoen. Almal wil altyd in Afrika op gaan om unieke plekke te ervaar, maar nie alleen is dit baie duur nie, maar jy sit met probleme soos siektes, grensposte ens. waarmee jy moet sukkel. Jy sal dit nie glo nie, maar die mooi plekke wat jy in Afrika kry, is net so mooi twee ure van Kaapstad af.”

Die Safari Roetes aanbieders se altydsaamneem safari-benodighede

Petri en Tanya de Wet

  1. Herlaaibare flitse, minstens drie
  2. ’n Koffiefles met ’n klein drupfilter, goeie koffie is baie belangrik, met lekker beskuit.
  3. ’n Mussie; ons hou nie van koudkry nie.
  4. ’n Klomp aanstekers, hulle raak vinnig weg.
  5. ’n Klein blaasvlam, want die wind kan jou op safari partykeer wegwaai.
  6. Goeie hout, lekker droog en vuuraansteker. Daar is geen safari sonder ’n groot kampvuur nie.
  7. ’n Noodhulpstel
  8. ’n Pomp vir die voertuig se bande en ’n patch kit.
  9. Reënjasse.

Vivian en Marianne Torlage

  1. Roetebeplanning wat, waar plekke soos vulstasies en hospitale is, insluit
  2. Mediese tas.
  3. Ons eie opvoubraai.
  4. Vinnige kos (droog of klaargemaak) vir daai onbeplande lang dae.
  5. My stoel
Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Jou kleur-persoonlikheid
error: Content is protected !!