pastel hare pixie
pastel hare pixie

Pastel hare

Hierdie besondere pastel hare sal enige iemand lus maak om hulle hare te kleur! En ja, ons het dit gewaag. En nee, dit is alles behalwe ‘hansworserig’! Kies natuurlike, gesofistikeerde kleur of waag ’n bietjie met meer helder kleure. Deur Suzanne Kotzé

Hoe kies jy die regte pastelkleur vir jou hare volgens jou velkleur?

“As jy ’n warm veltoon het, kies koel pastel skakerings.  As jou veltoon koel is, kies warm skakerings,” is Charles Junior-Louw van  Hashtag Colour Lounge en ’n Wella- ambassadeur se raad. 

Psst: weet jy nie wat jou veltoon is nie? Kyk na die are op jou polse.  As dit meer groen voorkom, is jou veltoon warm. As dit meer na blou neig, is jou veltoon koel.

Dit moet jy weet voordat jy jou hare pastel kleur

  • die pastel kleur is slegs sigbaar op blonde of gebleikte hare
  • as jy donker hare het, moet jy jou hare vooraf bleik
  • al is daar baie tuisprodukte om jou hare self pastel te kleur (ek het dit al self dikwels gedoen!) moet tog eerder nie jou hare self bleik nie. Charles Junior Louw voel STERK hieroor!
  • Die meeste pastel skakerings was vinnig uit. Kleur dit dus eerder donkerder as jy wil hê dat dit langer moet inbly. 

Die heel mooiste pastelkleur hare; kyk net hier.

Subtiel en gesofistikeerd in ‘n reënboog van pastel- skakerings

pastel hare pixie style
Hare: Charles Junior Louw van Hashtag Colour Lounge. Foto’s: SJ van Zyl

’n Mens sou nie dink dat soveel verskillende kleure so mooi en gesofistikeerd kan lyk nie. Turkoois, rooi, geel en pers skakerings is subtiel aan die voorkant van die paadjie gebruik. Die kort reguit bob-styl skep ‘n pragtige kontras met die sagte pastelkleure. 

Pienk pastel hare

’n Strook pienk kleur

Hare deur Sanrizz  Academy, gelei deur Sharon Cox, kleur van Alternative Hair produkte , grimering: Lee Pearson Foto: Andres Reynaga

’n Strook soos dié is ideaal as jy net ‘n tikkie kleur verkies. Het jy ‘n meer konserwatiewe werk, kan jy ook jou stilis te vra om ’n strook kleur net onder jou boonste laag hare te plaas. So kan jy jou hare wegkam om kleur te wys, of wegsteek as jy dink dit is nodig.

Stroke helder pienk

Sanrizz pienk lang hare
Hare deur Sanrizz  Academy, gelei deur Sharon Cox, kleur van Alternative Hair produkte , grimering: Lee Pearson Foto: Andres Reynaga

Hierdie stroke helder pienk kontrasteer mooi met die platinum blonde kleur. Die helder stroke sal, soos die meeste pastel skakerings, vinnig uitwas en subtiel vermeng met die blond.

“Sien my raak” pienk

Foto met vergunning van Intercoiffure Mondial Trend Blast 20/21 Cosmic Babe

Hierdie styl is beslis nie subtiel nie. Wil jy ‘n stelling maak, is dit die kleur vir jou! Die hare op die kroon is meer roosgoud terwyl die punte helderder pienk is. 

Roosgoud skakerings

Dink sonsondergang pienk, met ‘n tikkie metaal-agtige appelkoos.  Dit is hoe Wella Professional die roosgoud haar-skakerings beskryf.

Aarbei-kleurige sonstrepies

pastel hare aarbei ligstrepies
Foto met vergunning van Randy van Rijsbergen, @randyvanrijsbergen
Wella Professionals Blog 

Stroke pienk word deur die natuurlike kleur geweef.

Framboos roos skakerings

Roosgoud lob
Foto met vergunning van Fergal Doyle @fergalwella en Wella Blog

Hierdie kleur is so natuurlik met sagte stukkies roosgoud wat die goudkleurige donkerblonde haarkleur komplementeer. En kyk net hoe mooi lyk dit by die lob- (lang bob) haarstyl.

Roosbruin skakerings is ook groot nuus!

roos bruin hare
Foto met vergunning van @wellanordic en @_litvinova_julia en Wella Blog

Gedink roosboud is net vir blondines? Dink weer! Die skakerings werk ook goed saam met bruin hare, mits jy dele van jou hare bleik. Dit skep mooi karamel-skakerings. 

Sagte appelkoos

Koraal
Hare deur Sanrizz  Academy, gelei deur Sharon Cox, kleur van Alternative Hair produkte , grimering: Lee Pearson Foto: Andres Reynaga

Blondines kan nie sommer hulle hare rooi kleur en weer uitwas nie. Hierdie sagte appelkoos skakering is ’n lekker manier om ’n effense rooi kleur te kry. 

Selfs blou en pers pastelle is ook baie gewild

Foto met vergunning Mihai Badin, @mr.mishwu
Wella Professionals Blog
 

En nee, jy hoef nie soos ’n outydse oumatjie te lyk met hierdie skakerings nie. Gebruik dit oral of slegs op jou haarpunte. 

Hare deur Salome de Wet van Hashtag Colour Lounge

Donkerpers op die wortelarea kontrasteer veral goed met ’n platinum, byna grys, reguit bob. Die geheim met pastel skakerings is om ’n sterk snit te kies, teenoor die sagte skakerings. 

Hare deur Salome de Wet van Hashtag Colour Lounge

Pers skakerings is hier vanaf die mid-lengtes na die punte gebruik. 

“As jy hierdie modekleure saam met natuurlike kleur gebruik, skep dit ‘n meer klassieke gevoel en dit is ook makliker om te dra. Dit was beter uit en die kleur verg minder instandhouding.”

– Salome de Wet

Waag met kleur

punk pastel haarkleur
Foto met vergunning van Intercoiffure Mondial Punk is not dead versameling 20/21

As jy reeds pastelle probeer het en iets meer waaghalsigs soek, is hierdie punkerige styl en kleur dalk jou! 

So is my kleur gedoen

Suzanne pastel hare

Charles Junior Louw van Hashtag Colour Lounge, Kaapstad het Wella Professionals se Copper Peach en Titanium Rose (pienk kleur) gemeng om ‘n subtiele koraalpienk kleur vir my te skep. Ek het al dikwels my hare sommer self pienk gekleur met ’n pak vir tuis-aanwending (Schwarzkopf Professional Blonde Me Instant Blush en Nak Colour Masque in Anitique Rose (https://nakhair.co.za/products/nak-colour-masque-conditioners-vintage-rose-265ml ) is van my gunstelinge). Dit is die eerste keer dat ek verskillende skakerings saam op my hare probeer het. Ek kon nie glo hoe mooi dit my oogkleur beklemtoon nie! Ek het omtrent soos ’n bietjie van ’n rooikop gevoel, want my hare het juis (glo) van nature aarbei-blonde ondertone.

Hoe hou die kleur?

Suzanne pastel hare na
Na vyf wasse

Dit is veronderstel om so 12 wasse te hou. Dit is vyf wasse later en nou is die kleur vir my perfek. Ek wens ek kon dit net so hou! Dit voel omtrent asof die pienk kleur veral goed bly sit op enige grys dele (sug ja daar is baie hiervan!). 

Ek het wel gevoel ek moet my grimering aanpas. Sonder grimering het ek baie bleek gevoel en het dus meer goue en koper skakerings op my oë gebruik. Ek het ook meer onderlaag as gewoonlik gebruik om rooiheid in my vel te verbloem.

Psst! My man en kinders het wel uitgebars van die lag toe ek die eerste oggend met my koraal-pienk hare terugkom van bootcamp, want toe is my hare en gesig presies dieselfde kleur!

Hoe voel jy oor pastel hare? Het jy dit al probeer? Of watter kleur sal jy graag wil probeer?

Lees ook

Rolanda Marais word grys vir ‘n rol

Die mooiste uitgroei-vriendelike haarkleure

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
stort
10 Stort en lyfsorgwenke om droë vel te voorkom
error: Content is protected !!