feestelike grimeervoorkoms
feestelike grimeervoorkoms

7 Feestelike grimeervoorkomste

Hier is sewe van die mooiste feestelike grimeervoorkomste; van meer natuurlik tot goud en klassiek of helder lippe. Deur Suzanne Kotze en Justine Kroes.

Feestelike grimeervoorkomste om te probeer

1. Feestelike goue ooggrimering

Fotograaf: Kristina Stojiljkovich Model: Colette Russel-Smith

’n Tikkie goud op jou ooglede bly nou maar een maal van ons gunsteling Feestelike voorkomste. Onthou om ’n voorbereidingslagie (eye primer) te gebruik op jou ooglede as jy oogskadu met sprankelende deeltjies in gebruik. Dit help dat die oogskadu aan jou ooglede vassit en nie in jou plooitjies opeindig (en dit beklemtoon nie).

Smashbox Photo Finish 24 Hour Shadow Primer (R380) is een van ons gunstelinge. Dit laat werklik ook jou grimering baie lank aanbly. Jy kan hierdie ook saam met rooi lipstiffie dra, vir ’n meer glansryke aandvoorkoms.

2. Beeldskone natuurlike vel en rooi lippe

Foto MAC

Die span van MAC het hierdie mooi voorkoms geskep by Oscar de la Rente se modeweek vertoning. Hulle het so min as moontlik grimering op die vel en oë gebruik om al die aandag op die rooi lippe te vestig. ’n Skoon vel, gekrulde wimpers en opwaarts-gekamde wenkbroue skep ’n gesofistikeerde, opgeruimde voorkoms. Die lipskakerings is ’n kombinasie van MAC Cosmetics Retro Matte Liquid se Feel so Grand (R345) en Quite the Standout (R345).

3. Glansryke rooi lippe en ooggrimering

Die goue grimeerrëel is om óf jou oë óf jou lippe te beklemtoon. Reëls mag mos wel ook gebreek word, veral as jy iets meer dramaties soek vir ’n aandvoorkoms. Ligte rokerige ooggrimering saam met rooi lippe kan werk vir Kersaand of selfs ’n meer glansryke Nuwejaarspartytjie.

Warm oogskakerings

4.

CHANEL Spring Summer 2022 Ready to Wear show CHANEL Backstage CHANEL makeup © CHANEL

5.

CHANEL Spring Summer 2022 Ready to Wear show CHANEL Backstage CHANEL makeup © CHANEL

Vir hul Spring Summer 2022 Ready to Wear show het Chanel warm oogskakerings van die Les 4 Ombre Eyeshadow Palette in Warm Memories (R1 130, Woolworths) gekies. Jy kan dit of baie natuurlik en lig hou deur die ligste skakering te gebruik (4 en 5), of effens donkerder saam met donker oogomlyner (6).

6.

CHANEL Spring Summer 2022 Ready to Wear show CHANEL Backstage CHANEL makeup © CHANEL

7. Vrolike pienk lippe

Net soos pienk op die oomblik deel is van die goedvoel aantrek (endorphine dressing) trend, so laat pienk lippe ons ook goed voel. Gebruik die helder kleur net soos wat jy rooi sou gebruik. Onthou, soos met rooi, werk koeler pienk skakerings beter as jy ’n koeler veltoon het (as jy byvoorbeeld geneig is om te bloos of rooi te word) en warmer skakerings werk beter op warm veltone (gelerige ondertoon). Ons hou veral van pienk saam met baie natuurlike grimering. Anders kan dit effens ‘Barbie-rig’ lyk.

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Skoonheidsnuus; Lippe is terug!
error: Content is protected !!