Die somer is hier en as jy in die Kaap woon, beteken dit jy het moontlik nog nie baie die somerson gesien nie! Ons deel ons eie beste selfverbruiningswenke vir ’n streepvrye voorkoms.
Met die regte voorbereiding en ’n paar slim truuks kan jy maklik tuis ’n natuurlike, songesoende glans kry en dit sonder die sonskade.Hier’s ons top selverbruiningwenke: Deur Justine Kroes
7 Selfverbruiningswenke vir ’n gesonde somersvoorkoms
1. Kry die skakering reg
Een van die grootste fopkleur-foute is wanneer jy die verkeerde skakering kies. Of jou fopkleur keuse is te lig, wat nie regtig ’n verskil maak nie. Wanneer jou kleurkeuse te donker is, dan lyk jy ook onnatuurlik bruin.
Maak vooraf ook seker van die ondertoon, te geel of te oranje lyk ook dadelik onnatuurlik.

Wenk: toets eers die kleur op ’n onsigbare gedeelte van jou lyf om seker te maak jy het die regte skakering vir jou veltoon gekies.
2. Berei jou vel voor
Dit is noodsaaklik om ’n paar dae voordat jy fopkleur aanwend te begin om jou lyf te skrop en bevogtig, ’n droë vel sal streperige resultate gee.
Skilfer af
Gee ekstra aandag aan jou knieë, elmboë, enkels en hakke wanneer jy afskilfer.
Vermy ’n olie-gebaseerde lyfskrop of lyfwas voor aanwending. Hierdie tipe lyfskrop/ lyfwas laat ’n olierige lagie op jou vel, en veroorsaak dat die fopkleur eenvoudig bo op hierdie lagie gaan sit, en kan jou fopkleur ’n streperige en oneweredige kleur gee.

Jy kan ook ‘n sponsie, waslap of afskilferingshandskoen gebruik om jou vel af te skilfer.
Moenie vergeet om te skeer nie. As jy jou bene skeer, doen dit voor jy selfverbruining aanwend sodat jou vel tyd het om te herstel.
3. Die geheim lê in die regte aanwending
’n Selfbruiningshandskoen is jou beste vriend.
Dit help om die produk egalig te versprei en voorkom gevlekte handpalms.

Hier is ‘n paar om van te kies:
Wend op ’n droë, skoon vel aan:
Maak heel eerste seker jou vel is skoon en droog voordat jy die selfbruiner aanwend. Stort vooraf en moet nie enige room aanwend nie, behalwe op die volgende areas:

Bevogtig droë areas
Wend ’n ligte lagie bevogtiger aan jou knieë, elmboë, enkels, hakke en vingers. Hierdie areas absorbeer makliker kleur, wat tot donker kolle kan lei. Laat die bevogtiger goed intrek voordat jy begin.
Maak ook seker jy wend jou selfverbruining egalig oor hierdie gedeeltes aan. Indien jy nie genoeg aandag aan jou elmboë, knieë en enkels gee nie is dit die maklikste manier om oneweredige selfverbruining te identifiseer.

Party areas absorbeer selfverbruining vinniger as ander gedeeltes op ons lyf. Vee jou kneukels, knieë, elmboë en enkels liggies af nadat jy fopkleur aangewend het.
Werk in seksies:
Begin by jou bene en werk opwaarts. Gebruik sirkelbewegings om die produk egalig te versprei. Onthou, hoe meer jy meng en vryf, hoe beter is die kanse dat jy die kleur meer egalig aanwend.
Kry jou hoeveelhede reg:
Wend ’n dun lagie aan eerder as om dadelik ’n donker kleur te probeer bereik.

Minder is meer, maar hou ook in gedagte om ook nie te min te gebruik nie, dit kan ook strepe en kolle veroorsaak.
Moet nie oorhastig wees nie.
As jy nie genoeg tyd spandeer om jou fopkleur aan te wend nie, kan jy maklik streperige foute maak of selfs kolle laat waar jy nie behoorlik aandag gegee het, ingesmeer of gevryf het nie.
Gee aandag aan jou hande en voete
Hande: Gebruik min produk en meng dit goed oor die agterkant van jou hande en tussen jou vingers. ’n Klein grimeerkwassie kan help om die kleur natuurlik om jou kneukels te versprei.
Voete: Gebruik die oorskietproduk op jou handskoen en wend dit liggies aan die bokant van jou voete. Meng versigtig by jou enkels en tone, en vermy droë hakke waar kleur kan opbou.

4. Laat dit ordentlik droog word:
Volg die produk se aanwysings en dra lospassende klere terwyl die kleur ontwikkel. Vermy sweet en water vir die aanbevole tydperk.
Indien dit baie taai voel op sekere gedeeltes, gebruik ’n groot poeierkwas en wend liggies babapoeier oor die gedeeltes aan om meer gemaklik te voel terwyl jou fopkleur ontwikkel voor jou volgende stort.
5. Wat van my gesig?
Baie vroue is huiwerig om fopkleur op hul gesigte te gebruik, en ons verstaan hoekom Niemand wil soos ’n oompah loompah by die voordeur uitmarsjeer nie.

Daar is baie verskillende tipes, ons top keuses is druppels of rome:
Druppels wat jy by jou dag/nagroom aanwend vir ’n geleidelike kleur. Jou aanwending (hoeveelheid druppels en hoe gereeld jy aanwend) bepaal hoe lig of donker die resultaat sal wees. Jy beheer die skakering en intensiteit met elke aanwending.
Nog ’n opsie is ’n selfverbruiner room wat spesifiek vir jou gesig ontwikkel is.
Hier is’n paar gunstelinge wat ons al self getoets het en ons nog nooit in die steek gelaat het nie:
Aanwendingstruuk vir jou gesig: Wend liggies aan en meng goed by jou haarlyn, ore en kakebeen. Moenie vergeet om die kleur by jou nek af te meng nie.
6. Laat jou selfverbruiner so langer hou:
Hidreer, hidreer hidreer!
Bevogtig na elke bad of stort goed, selfs na ’n swemsessie.
Vermy te veel water en warm storte.
Baie warm water, growwe waslappe en harde skropmiddels kan jou kleur vinniger laat vervaag. Dep jou vel eerder droog met ’n handdoek.
Onthou: Hoe meer tyd jy in die water deurbring, hoe korter sal jou kleur hou.
7. Probeer geleidelike kleur:
Bou die kleur geleidelik op. Dit is ’n selfverbruiner wat ’n kleiner hoeveelheid van die bestanddeel wat kleur gee bevat, en jou kleur is meer subtiel. Dit wend ook makliker aan, eenvoudig nes ’n lyfroom (onthou maar steeds om jou hande te was!).

’n Geleidelike kleur werk ook goed vir wanneer jou fopkleur kleur begin vaal lyk. Wend eenvoudig vir ’n paar dae geleidelike selfbruinbevogtiger aan vir jou fopkleur glans om langer te hou.














