Ons is so trots op The My Story Tribe se tweede verjaarsdag en hulle #ownyourstory veldtog om dit te vier waardeur hulle jong mense opgewonde maak om eienaarskap van hulle eie storie te neem.

02/08/2022

Die #ownyourstory-veldtog het ons self laat terugdink aan toe ons ons werk verloor het gedurende inperking, en ons eintlik ook ons storie herskryf het en hoe Stylvol daaruit gebore is.

The My Story Tribe-stigter, Milan Murry oor #ownyourstory

Milan Murray, wat haarself op haar Instagramprofiel ’n “moedswillige non-infuencer” noem, verklap aan Stylvol dat daar wel een tipe ‘influencer’ is wat sy bereid is om te wees: ’n outentieke kampvegter vir emosionele gesondheid.
Haar maatskappy, The My Story Tribe, is twee jaar gelede gestig uit ’n persoonlike reis met haar dogter. The My Story Tribe ontwikkel hulpmiddels vir emosionele groei en welwees in kinders tussen die ouderdomme ses en 13 jaar oud.

Lees meer hier: Tweens se emosionele welwees en geestesgesondheid Verlede jaar het hulle hutsmerkveldtog #youcansitwithus sosiale media aan die gons gehad.

Leer meer oor laasjaar se veldtog: #youcansitwithus

Hierdie jaar beoog hulle om dieselfde te doen met die nuwe veldtog #ownyourstory wat vanaf 1 September bekend gemaak is.

Wat beteken #ownyourstory?

“Elke September skep ons ’n hutsmerk wat The My Story Tribe se waardes weerspieël.

Gedurende die vroeë ontwikkelingsfases van die lewe reageer ’n kind bloot op wat om of rondom haar/hom gebeur. Sonder dat hulle ’n sê met wie hulle tyd deurbring, watter aktiwteite hulle doen of waarheen en hoe lank hulle iewers heen gaan. Hulle is nie aktief en bewustelik besig om hulle eie storie te vorm nie.

Soos wat kinders egter ouer word, begin hulle die vreugde en voorreg geniet om bewustelik die narratief van hulle eie storie te beïnvloed. Hulle begin keuses maak. Met wie bestee ek my tyd, watter woorde gebruik ek, watter boeke lees ek, programme kyk ek, vriende maak ek. Die lys word net langer, hoe meer onafhanklik kinders word.

Die #ownyourstory veldtog wil jong mense opgewonde maak om eienaarskap van hulle eie storie te neem. “Ons glo dat goeie besluitneming en verantwoordelike lewenskeuses juis gedurende die vroeë twienerjare geinspireer word. Ons wil kinders van hierdie ouderdom aanmoedig om met trots te kan sê:

“Hierdie is my storie. Ek besit dit. Ek kan kies.”

Maar soms het jy nie ’n keuse nie

Daar is wel ’n belangrike element om in gedagte te hou wanneer ons aan ons eie stories dink. Soms het ons nie ’n keuse nie. Jy is dalk disleksies, of jy kom uit ’n gebroke huis, julle het dalk geëmigreer of jy het ’n geliefde aan die dood afgestaan.  En niks daarvan is deur jou toedoen nie. So wat nou?

Hoe besit ek my storie as ek nie daardie deel geskryf het nie?

Deur te erken dat jou storie nog nie klaar geskryf is nie. Jy het die pen in jou hand. Wat volgende gebeur, is jou keuse.

Met die #ownyourstory-veldtog vier ons die deursettingsvermoë en volharding van dié wat aanhou om hulle eie stories te herskryf sodat hulle die narratief  kan beïnvloed na die mooiste, inspirerende stories.

Die hart en fokus van die #ownyourstory-veldtog

Ons maatskappy is en bly gefokus op twieners (6-13) en ons fokus ook op geestesgesondheid. En al mag kinders jonger as 13 streng gesproke nie op sosiale media wees nie, weet ons dat baie van hulle wel is. Ons weet ook dat ouers desperaat op die internet soek na antwoorde oor die uitdagings wat hulle kinders in die gesig staar. So ons wil sosiale media oorstroom met positiewe, bemoedigende plasings oor #ownyourstory

Die My Story Tribe se #ownyourstory ambassadeurs

Zi Watson

Zi is ’n Graad 7 leerder van Laerskool Hugenote in Wellington.

“Ek het my pa verloor toe ek agt jaar oud was. Daai is ’n hartseer deel van my storie. Maar ek weet nou dat ek ’n mooi lewensstorie kan kies, al mis ek hom. Ek is goed in sport, ek is ’n goeie vriend en ek het ’n mooi toekoms saam met my ma. My storie is nog nie klaar nie. Hou my dop!”

Ivor Swartz

Ivor Swartz is ’n pastoor en pa van Pretoria, met ’n donker verlede en ’n glashelder toekoms. Hy beskryf sy reis vanaf bendegeweld en inhegtenisneming na ’n nuwe lewe in sy boek “Kies die Lewe” wat hierdie maand verskyn.

“Vir my gaan die hutsmerk oor gemaklik wees met wie jy is, die pad wat jou gevorm het, die mense wat deel is van jou lewe – om dit alles te embrace.

Ivor Swartz

Die veldtog lê vir my na aan die hart omdat ek nog altyd ’n outsider was, wat gevoel het ek neem te veel spasie op, en mense verdra my meer as wat hulle my omarm! Ek het geleer ek kan net my eerlike self wees en my storie own.

Ek hoop mense van alle rasse, oortuigings en oriëntasies beleef die beauty van hulle eie uniekheid – dat jy meer het om te gee ‘when you learn to own your story’.”

Aktrise en ma, Nadia Beukes

“When we deny our stories, They define us. When we own our stories, we get to write the ending.”

Brené Brown

#ownyourstory beteken vir my dat elkeen van ons  die reg en voorreg het om ons unieke lewensverhaal te skryf en daardie verhaal voluit te leef.

Ek het ingestem om deel van hierdie veldtog te wees want ek dink dit is belangrik om mense daaraan te herinner dat daar werklik vir elkeen van ons ’n plekkie in die son is en dat ons daardie plek nie net vir ander moet gun nie, maar ook vir onsself.

My hoop is dat hierdie veldtog ’n kultuur van goedhartigheid en aanvaarding sal kweek. Ons is nie ons omstandighede nie, ons is ons moontlikhede en soms het ons dalk net ‘n hutsmerk soos hierdie nodig om ons daaraan te herinner dat ons goed genoeg is.

Aktrise, Antoinette Louw

Vir my beteken die  #ownyourstory-veldtog om deernis te hê met wie ek is, die ALLES VAN MY. Dit is bevrydend en bemagtigend. Dit maak my los van wat ander mense van my dink en verwag. En ook wat ek van myself verwag.

Ek het ingestem om deel te wees van die veldtog ,want ek het vir soveel jare swaar gedra aan sekere kwaliteite en eienskappe wat ek het, beide die lig en donker. Deur my storie te deel en weerloos te wees, bring my nader aan my eie, waarheid en outentieke self. Dit maak my vry.

Ek hoop die veldtog inspireer elke mens (jonk en oud) om nie meer geheime te dra nie. Geheime en maskers maak jou dood binne. En deur jou storie te deel – sonder oordeel- bring nie net net healing vir jouself nie, maar vir ander ook.

Hoe kan jy die #ownyourstory-veldtog ondersteun?

Volg die hutsmerk op sosiale media. As iets tot jou spreek of jou inspireer, deel dit en gesels saam!

Deel jou eie storie met die hutsmerk #ownyourstory

Gesels met jou kind oor hulle unieke storie

Inspireer ‘n #ownyourstory-veldtog by jou skool

Koop die T-hemp by www.pic-a-tee.co.za

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Leandie du Randt
Leandie du Randt se visualiseringsbord
error: Content is protected !!