By Stylvol voel ons sterk ook inklusiwiteit en juis daarom is ons mal oor The My Story Tribe se #youcansitwithus veldtog wat die klem op diversiteit en inklusiwiteit plaas. Dit sluit ook die eerste jaar van The My Story Tribe af en vier nie net hulle eerste verjaarsdag nie, maar dit is ook ’n kwessie waaroor hulle passievol is. Deur Suzanne Kotzé
Wat is die #youcansitwithus veldtog?
Die digitale platform The My Story Tribe (wat op die geetesgesondheid van 6-13 jariges fokus) is op 1 Oktober een jaar oud.
Lees meer oor The My Story Tribe hier: Tweens se emosionele welwees en geestesgesondheid
“Toe ek begin dink het oor hoe ons ons jaar kan afsluit het ek gedink dit sal goed wees om elke jaar met ’n hashtag veldtog te kan afsluit. Die doel van die veldtog is glad nie om die fokus op ons produkte te sit nie, maar juis op ’n waarde wat ons by The My Story Tribe aanhang. “Die #youcansitwithus veldtog was vir ons ’n maklike keuse. Een van die ouers op ons platform het vir raad gevra oor haar seun wat altyd alleen sit.
“Dit het sommer my hart laat pyn, want dit het my laat terugdink aan hoe ek altyd pouses in die badkamer weggekruip het omdat ek nie geweet het by watter groepie om te sit nie.”
stigter van The My Story Tribe, Milan Murray.
“Natuurlik onthou ek toe ook dat daar so ’n paar jaar gelede ’n T-hemp was met die woorde ‘you can’t sit with us’ daarop. So ons veldtog is vir my die direkte teenpool daarvan.”
Christi Panagio deel
Christi Panagio skryf juis ook oor hierdie T-hemp. “So vyf jaar gelede het ek ’n meisies T-hemp, grootte 7-8, in ’n winkel gesien met die woorde ‘You CAN’T sit with us’ daarop. Ek kon nie verstaan hoe enige winkel of koper kon dink dat hierdie ’n ‘cool’ boodskap is om aan jong (of enige) meisies te stuur nie.
Sy skryf verder ook hierdie mooi woorde:
HumanKind really needs to step it up.
When we know better,
We need to be better.
We then need to teach our kids to be better.
To be inclusive, not cliquey.
To have a heart for the ‘outsider’.
To be ‘popular’ for being kind.
And very importantly,
To be a human that people actually
want to sit with.
Listen up Parents,
As this circle (pun intended),
Starts with US
Stylkenner Marilize de Clercq deel:
“As ’n klein dogterjiie was ek nooit deel van die ‘cool gang’ nie en ek het dit gehaat as kinders “As ’n klein dogtertjie was ek nooit deel van die ‘cool gang’ nie en ek het dit gehaat as kinders geboelie word. Ek het dikwels opgespring en gesê “genoeg!”. Ek was baie skaam. Daardie kind wat eerder koponderstebo geloop het en gehoop het niemand sien my raak nie, vir ingeval hulle iets gemeen sou sê. Ja, ek was super onseker oor myself. Ek leer my kleintjie dat almal verskillend is. Elkeen is uniek. God het nie ’n fout gemaak nie. Hy het elkeen van ons reeds in ons moeders se baarmoeders geskape. En dat ons altyd liefde moet bewys, liefhartig moet wees en vriendelike (kind) woorde moet gebruik.
Aktrise Rolanda Marais deel
#youcansitwithus is die woorde wat so baie jong volwassenes graag sal wil hoor. Veral introverte en sensitiewe siele wat dit nie maklik vind om net by ’n groep in te pas nie.
Die mens het ’n brandende behoefte om deel te wees van ’n tribe, ’n groep wat jou goed laat voel oor jouself.
Word deel van hierdie beweging. Kom ons leer ons kinders om goedhartig en inklusief te wees en om ander kinders te nooi om by hulle te sit. Ek dink die mooiste ding wat jy vir jou kind kan leer is om bewus te wees van ander kinders se gevoelens, hul onsekerhede en sosiale behoeftes. En om hulle aan te moedig om kinders van alle walks of life by hul sirkel in te sluit. Goedhartigheid stap ’n vêr pad. Dit is ’n geskenk wat aanhou gee.
Aktrise Diaan Lawrenson deel
#youcansitwithus is ’n boodskap na aan my hart. Almal van ons het al uitsluiting en vooroordeel ondervind. Of dit nou in die speelplek of raadskamer was. Of dit as gevolg van geslag, ras of oriëntasie was. Ek kies inklusiwiteit. Ek kies diversiteit. Ek kies outentiekheid en verskeie narratives. Hoe moedig jy inskluwiteit daagliks aan?
Hoe kan jy betrokke raak by die #youcansitwithus vedltog?
Praat oor hierdie kwessies
“Al wat ons wil bereik deur hierdie veldtog is dialoog. As ons praat in ons gesinne en skole en gemeenskappe raak dit deel van wat vir ons belangrik is. As ons die kollig hierop kan laat val, dan kan ons ons eie ervarings deel en die sirkel ’n bietjie groter maak. Al is dit dalk net om op te kyk en te sien as iemand dalk nie deel voel nie. Ons glo dit begin by kinders en daarom wou ons graag hê dit moet by skole vlamvat. As ons van jongs af vir kinders kan leer om inklusief te wees en ander deel te maak en nie neer te sien op ander nie, veral die kinders wat anders is as ek. Dan maak ons nuwe tieners groot en dit het nuwe grootmense en ’n nuwe gemeenskap en ’n nuwe Suid-Afrika tot gevolg,” sê Milan.
Bestel ’n T-hemp vir jou of jou skool.
Milan lê klem daarop dat hulle nie wil geld maak uit die verkope van die T-hemde nie en gelukkig wou Pic-a-tee van die begin af deel wees van die veldtog en het dit so na as moontlik aan kosprys op groot maat verskaf. Jy kan egter net een ook bestel by Pic-a-tee.co.za