Oorkom jou skermverslawing
Oorkom jou skermverslawing

Oorkom jou skermverslawing so

Oorkom jou skermverslawing op hierdie 5 maniere, met raad van ’n sielkundige. Om skermverslawing te oorkom, is nie onmoontlik nie, maar dit vereis toewyding en veral erkenning van die probleem. Deur Suzanne Kotzé

Kliniese sielkundige Gerda Kriel gee hierdie raad.

Tegnologie gaan deel van ons lewens wees vir die voorsienbare toekoms, en daarom, kan jy nie soos ’n ander verslaafde die middel tot verslawing heeltemal uitsny nie. Die sleutel om skermverslawing te oorkom, lê by verantwoordelike gebruik.

Oorkom jou skermverslawing so

1. Gebruik jou foon se “digital wellness” / digitale welstand-funksie:

Die meeste slimfone het verstellings wat jy kan maak waarop dit die hoeveelheidl tyd wat jy op sekere toepassings gebruik, kan beperk. Jy kan self die tyd stel wat jy voel redelik is vir die gebruik van die onderskeie toepassings, en dan sal jou foon die oorgebruik daarvan blokkeer.

2. Beperk jou gebruik van tegnologie wanneer jy met mense interaksie moet hê

Byvoorbeeld wanneer julle aan etenstafel is. Interaksie met mense kan ook Dopamien vrystel, maar dit vereis harder werk en jou volle aandag. Hoe meer jy egter uit verhoudings en interaksie vreugde put, hoe makliker sal jy jou tegnologiegebruik kan beheer.

3. Vra iemand om jou verantwoordbaar daarvoor te hou

‘n Geliefde, vriend of vriendin, of familielid. Laat toe dat hulle jou herinner aan jou toewyding om die verslawing hok te slaan. 

4. Soek professionele hulp

As jy werklik sukkel, en dit met jou lewenskwaliteit begin inmeng,is dit raadsaam om ‘n sielkundige of berader te raadpleeg wat saam met jou die onderliggende oorsake van jou verslawing kan ondersoek en saam met jou daardeur kan werk. Jy kan met kognitiewe gedragsterapie nuwe gebruike aanleer wat jou lewenslank kan baat.

5. Maak dit ‘n spanpoging

Kry jou familie om saam met jou julle tegnologiegebruik te evalueer en ook om te kyk hoe almal saam minder daarvan kan gebruik. Dis altyd makliker as jy dinge nie alleen aanpak nie. 

Lees ook: Oorkom jou mom-guilt

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
gesels met jou kind
Kry jou kind aan die gesels met hierdie agt wenke
error: Content is protected !!