drukkie
drukkie

Drukkieterapie: 10 redes hoekom drukkies so terapeuties is

Drukkies is so goed vir ons dat drukkieterapie besig is om al hoe meer gewild te word. Met sommige mense wat duisende rande hiervoor betaal! Hier is 10 redes waarom jy meer drukkies moet gee (of ontvang). Deur Suzanne Kotzé

03/02/2023

Drukkieterapie het groot aandag begin geniet in 2018 nadat die Noorweegse Rebekka Mikkola, ’n cuddle terapeut en die stigter van Nordic Cuddle (’n cuddle terapie maatskappy in Londen) ’n Ted Talk hieroor gegee het.

Kyk na haar praatjie Cuddling can make us better human beings hier op YouTube.

Vandag tree sy reg oor die wêreld op, en sommige mense dok duisende op vir drukkies. Selfs in Suid-Afrika is daar ook soortgelyke ondernemings

Maar hoekom is drukkies so goed vir ons?

Drukkieterapie: 10 redes hoekom drukkies so terapeuties is

Druk gerus jou geliefdes en vriende meer. Daar hoef niks vreemds daaraan te wees as vriende mekaar drukkies gee nie, mits beide partye gemaklik en veilig voel. Gesels oor hierdie voordele met ’n lewensmaat of ’n vriend of vriendin wat jy vertrou, en oorweeg gerus meer drukkies.

1. Drukkies verlig spanning

Wanneer ons gespanne voel, word die hormoon kortisol afgeskei. Wanneer ons egter ’n drukkie kry of gee, word die goedvoel hormoon oksitosien afgeskei. Dit kan help dat jy kalmer en minder gespanne voel.

So volgende keer wanneer jy wil raas met iemand omdat jy gespanne voel en die raas ’n uitlaatklep is, gee eerder ’n drukkie. (Behalwe as dit nou natuurlik ’n werknemer of jou baas is.)

2. Dit laat ’n mens minder alleen voel

As jy iemand druk, skep dit ’n gevoel van nabyheid, wat die persoon minder alleen en gespanne kan laat voel. (Daar is ook ’n skakel tussen eensaamheid, spanning en imuunsiektes.)

3. Dit versterk jou immuunstelsel

Spanning kan jou immuunstelsel verswak, maar sosiale ondersteuning en gereelde drukkies help dat jy minder geneig is om infeksies en siektes weens spanning te kry. Dit is waarop die navorsing van Carnegie Mellon Universiteit dui.

Vir hulle studienavorsing het hulle meer as 400 volwassenes gebruik en sosiale ondersteuning in die vorm van drukkies gemeet. Vir twee weke lank is deelnemers gevra oor die hoeveelheid interpersoonlike konflik wat daar in hulle lewe was en die hoeveelheid drukkies wat hulle gekry het.  Daarna is die deelnemers aan die gewone verkouevirus blootgestel en daar is tot die bevinding gekom dat drukkies die risiko van infeksie verminder.

4. Dit kan help om jou bloeddruk en hartspoed te verlaag

Hierdie is veral op toepassing in pre-menopousale vroue, dui die navorsing More frequent partner hugs and higher oxytocin levels are linked to lower blood pressure and heart rate in premenopausal women waar vroue se hartspoed en bloeddruk gemeet is voor en na drukkies met hul lewensmaat.

5. Drukkies verminder fisiese pyn

Daar is ’n rede dat ons kinders met drukkies troos as hulle seergekry het. Serotonien wat afgeskei word as ons drukkies kry, word ook soms as die liggaam se natuurlike pynpille beskryf.

Drukkies onstpan ook spiere en spanning in die liggaam, dit help om sirkulasie te verbeter in die sagte weefsel en help dat jy pyn minder intens ervaar.

PS Selfs om jouself ’n drukkie te gee as jy in pyn is, kan help het ’n studie The analgesic effect of crossing the arms gewys. Wanneer jou arms oor jou lyf se middelyn kruis, soos wanneer jy vir jouself ’n drukkie gee, verwar jy jou brein en sukkel die brein om agter te kom waar die pyn presies vandaan kom. 

6. Dit laat jou veilig voel

’n Mens hoef eintlik net jou oë toe te maak en terug te dink aan hoe veilig ’n drukkie jou kan laat voel. As jy ongemaklik of uitgebrand voel in sosiale situasies, beveel Elize Blerk, eienaar van Therapy Now, aan dat jy iemand wat jy vertrou vir ’n drukkie vra.

Lees ook: Die introvertgids; 10 wenke om die sosiale seisoen te oorleef

7. Dit laat ons gelukkig voel

Wanneer ons gedruk word, word die die goedvoel hormoon serotonien afgeskei. Dit laat ons gelukkig, kalm en vol selfvertroue voel. Wanneer ons ’n tekort het aan serotonien word slaaploosheid en depressie algemeen hiermee geassosieer.

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
joernaalhou
Skryfterapie: die voordele van joernaalhou
error: Content is protected !!