Ons gesels met Isabel de Villiers

Isabel de Villiers is een van ons gunsteling plaaslike mode-ontwerpers wat ons deur die jare van stilering leer ken het. Haar reekse is inklusief wat beteken sy ontwerp bekostigbare items vir vroue van alle groottes en lyfvorms. Ons het al ’n hele klompie persoonlike versoeke aan Isabel gegee en sy help altyd met ’n glimlag! Hierdie aanslag tot mode versterk ons siening om plaaslike ontwerpers te ondersteun – want hierdie ‘custom made’ benadering tot mode sal jy nie by ’n groot kettingwinkel kry nie. Leer meer oor Isabel en haar nuwe reeks hier: Deur Justine Kroes

Waar het jou liefde vir ontwerp begin?

Isabel: Vanaf my kleinkinderdae was ek nog altyd lief vir kuns en kleure – ek dink dit is maar ingebore in my!

Wanneer is ‘Isabel De Villiers Clothing’ gevestig en jou eerste reeks vrygestel?

Isabel: in 2012 het die besigheidsplan, moodboards, my eerste patrone en samples in my woonstel in Tamboerskloof, Kaapstad ontwikkel en gemaak. ’n Paar maande later in 2012 het ek die brand gelaunch uit ’n klein studio in die hartjie van Kaapstad.

Isabel in die vroeë jare van die besigheid

Beskryf jou ontwerpstyl?

Isabel: Die woorde wat my ontwerpkeuses beïnvloed is: balans, kleurkombinasies, ‘movement’ en ‘shape’.

 Omdat Isabel de Villiers Clothing ’n handelsmerk is wat inklusiewe kleregroottes bied, is vorm en proporsie seker die belangrikste ontwerpelemente vir my.

Inspirasie agter die nuwe reeks?

Isabel: Ons SS22 versameling is getiteld ‘The Good Luck Collection’ geïnspireer deur die ‘Lucky charms’ waarin ons as mensdom glo. Na die afgelope twee jaar se crazy covid tye wou ons fokus op die gelukbringers in ons lewe.

As jy oor hoenderpote droom word daar geglo jy gaan geluk tref. Ons het die hoenderpote gekies om te daardie moontlike geluk te vier. In die reeks is dit beskikbaar op ons Chicken Feet Tee en Chicken feet Tote Bag.

Ons wil graag hê dat die item wat jy van ons koop, jou lucky charm of gelukbringer sal wees. Daardie rok wat jy aantrek as jy ’n moeilike dag het, vir ’n werksonderhoud gaan of selfs as jy dalk wag vir toets-uitslae.

Saam met elke item wat bestel word kom ’n geborduurde Chicken Feet Badge wat jy by jou kan hou vir so ’n bietjie ekstra geluk wanneer jy dit nodig het.

Wat is jou persoonlike gunsteling item van jou nuutste reeks?

Isabel: Dit is tussen die Scrabble Print Cocoon dress en die Chicken Feet Tee – ek kan nie kies nie!

Isabel de Villiers en haar hondjie Gizmo

Wat is die drie mees gewildste Isabel de Villiers items wat mense koop?

Isabel: Verseker ons Maxi Wrap Dresses, Jumpsuits en Laser Cut items. Hulle is so vleiend op elke figuur en so gemaklik. ’n Ware staatmaker!

Vertel ons meer oor jou nuutste mode-handelsmerk Raw Collection?

Isabel: Ons suster label, ‘Raw Collection’, is in Januarie 2020 vrygestel. Ons wou baie graag nog ’n mode handelsmerkontwikkel wat ‘size inclusive’ is.

Suid Afrika het nie genoeg ontwerpers wat vir alle figure en groottes ontwerp nie. Raw Collection beskryf ons as ‘basics for minimalists’ – in ’n neutedop.

Die style is almal gemaak van linne in kleurskakerings van swart, grys en charcoal. Hierdie nuwe handelsmerk se fokus is gerig op n kapsuleklerekas aanslag tot mode – items, kleure en snitte wat tydloos is.

Stylvol Gunsteling – Die Isabel De Villiers Clothing Scrabble Collection

Suzanne in die Cocoon Dress en Justine Dra die Scrabble print top en culottes

Justine sê:

Scrabble Print Culottes (R890) & Scrabble print top (R580)

Hierdie reeks deur Isabel is ’n wenkopie. Daar is maar net iets aan die kombinasie van swart en wit wat altyd ’n stylstaatmaker sal bly. Hierdie reeks en die wit letter bo op die swart gee beslis ’n moderne aanslag aan die ou gewone wit en swart kombinasies. Meer uniek sal jy nie sommer kry nie.

Hierdie broek en hemp stel is ’n nuwe veelsydige gunsteling in my klerekas. Ek was eers huiwerig om culottes te dra, maar te danke aan Isabel en die vleiende manier waarop die broek ontwerp en gesny is, is dit nou my gunsteling broekstyl! Wanneer ek die hemp en broek saam dra, lyk dit na ’n sjiek (maar prettige!) broekpak, Apart dra ek weer die broek by ’n helder T-hemp en hakke of selfs met ’n wit T-hemp en neutrale tekkies. Die hemp lyk so mooi by my A-lyn rompe en ek weet sommer by ‘n denim Gaan dit ’n wenner wees. Die stylopsies hier is feitlik eindeloos.

Die materiaal is lieflik sag en koel, wonderlik vir die warmer weer. Die pakkie is beslis ’n Desember-vakansie gunsteling – ek sien dit al!

Suzanne sê:

Scrabble Print Cocoon Dress (R1250)

Hierdie is die ideale elkedagse rokkie vir warm somersdae. Dis los en lig. Ek sal nie gewoonlik pikswart dra gedurende die somer nie, maar die wit letters daarop laat dit minder winterswart voel. Dit werk ewe goed saam met ’n paar tekkies en ’n denim baadje of bo-oor my swembroek en my Birkenstock plakkies.  ’n Helder hak daarby laat dit weer meer gesofistikeerd (en effens speels) voel. 

Lees ook: Rochas Girl Goedvoel Geur

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Chanel celebrity
Wat beteken dit om bekend te wees?
error: Content is protected !!