Die note van Rochas Girl is so ontwikkel dat dit jou goed laat voel, terwyl dit ook beter vir die aarde probeer wees. Alles, vanaf die botteltjie tot die ink wat gebruik is en elke liewe bestanddeel is goed deurdink om meer omgewingsvriendelik en veganisties te wees. Deur Suzanne Kotzé. Foto’s Raincoat Media.
Rochas Girl, sproeigoed, voelgoed

Die nuwe generasie vroue is meer besorg as ooit oor die omgewing. Vir díé generasie is dit nie net belangrik om goed te wees vir hulself nie, maar ook vir ander en waar moontlik die planeet. Dit is wat Rochas Girl probeer vasvang. Moenie bekommerd wees nie, as jou ouderdomsgroep nie deel is van die ‘nuwe generasie’ nie, want die waardes en heerlike sitrus, hout en blommegeur diskrimineer nie teen ouderdom nie.
Hierdie fyngeur het ons beslis goed laat voel, en ruik heerlik vars, dog vroulik. Die lemoenblomolie en jasmyn kom beslis na vore, sonder om te vars of te soet te wees. Sederhout gee diepte en houkrag aan die geur.
90% van die bestanddele van Rochas Girl is van natuurlike afkoms

Die parfuum bevat 90% bestanddele van natuurlike afkoms. ’n Meesterparfumier (Anne Flipo) is gebruik en natuurlike bestanddele het voorkeur geniet, terwyl kontroversiële of allergeniese bestanddele beperk is.
Die Rochas Girl parfuum bestaan uit

- Parfuumkonsentraat met bestanddele van natuurlike oorsprong
- 99,9% natuurlike alkohol afkomstig van beet
- 100% natuurlike suiwer water
Die note van die sitrus, hout en blommegeur
Note wat opspoorbaar en natuurlik is:
Topnote
- Lemoenblomolie-ekstrak
- Pienkpeperkorrels.
- Swartbessiebotsels
Middelnote
- Lemoenbloeisels
- Jasmyn
- Orgidee akkoord
Basisnote
- 100% natuurlike sederhoutekstrak
- Sandelhout
- Vanilje
Die meeste bestanddele is verkry van Laboratoire Monique Remy; ’n leier as dit kom by natuurike bestanddele. Groen chemie is ook gebruik.
Goedvoel lemoenblomolie
Studies wys dat lemoenblomolie (neroli) dele van ons brein aktiveer wat met vrede en kalmte geassosieer word. Juis hierom is dit gebruik in Rochas Girl en vandaar die goedvoel-gees van die fyngeur.
40% herwonne glasbottel
Die glasbottel word van 40 % herwonne glas gemaak, die glas wat ons in ons herwin-dromme gooi. Dit klink daar min, maar 40% is ’n hoë persentasie in die luukse parfuum-industrie. ’n Spesiale maatskappy wat spesialiseer in eko-vriendelike ontwerp en herwinning het gehelp om die bottel te skep en sodoende is die koolstofvoetafdruk met 16% verminder.
Selfs die ink wat gebruik word is organies. 70% van die bottel is herwinbaar.
Veganisvriendelik
Geen diereprodukte of byprodukte word gebruik nie en dit word ook nie op diere getoets nie.