’n Korter en eenvoudiger velsorgroetine; ja asseblief! Avène Ultra Serum is ’n serum en sonskerm in een en ons is mal daaroor. Deur Suzanne Kotzé. Foto’s Tegan Smith
Sonskerm; nou jou eerste (en nie laaste) stap nie

Eau Thermale Avène se nuwe Ultra Serum SPF is ’n kombinasie van ’n liggewig serum en sonskerm en kan nou as jou eerste stap aangewend word.
Sonskerm en serum in een

Die tekstuur is lig soos ’n serum met aktiewe bestanddele (van vitamien C tot niasinamied en hialuroonsuur) en sonskerm wat Avène se Triasorb™ filter bevat. Dink aan Triasorb™ as ’n veeldoelige skild vir jou vel (wat breëspektrum beskeming bied teen UVA, UVB en HEV bloulig).
Sonskerm strale verduidelik
UVA-strale: (onthou dit as Ageing) strale wat dieper in die vel binnedring en bydra tot voortydige veroudering, pigmentasie en langtermyn-velskade.
UVB-strale: (Burning) strale wat hoofsaaklik verantwoordelik is vir sonbrand en skade aan die veloppervlak.
HEV-blou lig: hoë-energie sigbare lig, insluitend lig van sonlig en digitale skerms, wat nagevors word vir die moontlike bydrae daarvan tot oksidatiewe stres en pigmentasie.
Die serums gee breë beskerming teen omgewingsfaktore wat tot velskade en voortydige veroudering kan bydra.
Kies jou hoofvelsorgfokus

Dis dalk nie maklik om net een te kies nie, maar net soos met jou velsorgserum, kies jy die ‘probleem’ wat jy die graagste wil aanspreek. (Wenk; jy kan altyd meer as een kry en dit afwissel).
Plomp

Avène Ultra Serum SPF50+ Instantly Plumps (R715,95 vir 30ml, Le Beauty Club, Dermastore, Dischem)) bevat 1.2 % hialuroonsuur en niasinamied. Saam help dit om jou vel op te plomp, plooie gladder te laat lyk en help met fermheid.
Hidrasie

Avène Ultra Serum SPF50+ Long Lasting Hydration (R715,95 vir 30ml, Le Beauty Club, Dermastore, Dischem)) bevat ’n kombinasie van anti-oksidantiewe vitamienes en ook pantenol wat jou vel se hidrasie ’n hupstoot gee.
Glans

Avène Ultra Serum SPF50+ Activates Glow (R715,95 vir 30ml, Le Beauty Club, Dermastore, Dischem) bevat ’n kombinasie van anti-oksidantiewe vitamienes wat jou velselle beskerm teen oksidatiewe spanning en bied ’n dubbellaag beskerming aangesien dit ook 1.4 Vitamin Cg Complex (’n stabiele vorm van vitamien C) bevat. Saam help dit vir ’n glansende, meer eweredige gelaat.
Ses redes hoekom ons van die Avène Ultra Serum hou
1. Dit is superlig
En voel glad nie taai of okklusief nie.
2. Vinnige aanwending
Dit is loperig soos ’n serum en aborbeer vinnig, nie soos sonskerm wat jy soms moet smeer en smeer nie.
3. Geen spookgesig-voorkoms
Sommige sonskerm kan donkerder vel asvaal laat lyk, maar hierdie trek maklik in sonder daai gryswit voorkoms.
4. Die pipet aanwender

Dit laat dit nie net soos serum voel nie, maar dit maak dit ook makliker om te weet of jy genoeg aanwend. Twee vol optrekke van jou pipet is hoeveel sonkerm jy nodig het vir goeie beskerming.
5. Dit werk goed voor oefening
Sonskerm voel dikwels so taai en sweterig, dat ons soms skuldig daaraan is (veral vroeg-oggend) om nie sonskerm te wil aansmeer nie. Hierdie is so lig, dat dit nie voel asof jy ekstra sweet en oë het wat brand nie.
6. Dit maak sonskerm deel van ’n gewoonte
As dit deel is van jou velsorgroetine en nie die laaste stap (wat sommige mense oorslaan as die son nie skyn nie.)
Onthou, stoor die serum, soos jou ander velsorgprodukte, uit direkte sonlig.





