Wat as jou onderlaag nie net jou gelaat egaliger laat lyk nie, maar ook jou vel versorg? Ons kry gereeld die vraag: “Wat is die beste onderlaag?” Vir ons is die antwoord eenvoudig: een wat steeds soos jou eie vel lyk, net meer egalig, vars en stralend.
Met die nuwe Double Serum Foundation van Clarins word die velsorgkundigheid agter die ikoniese Double Serum met die wêreld van grimering gekombineer om ’n innoverende onderlaag te skep wat jou persoonlike voorkeur van dekking, ’n gesonde glansende gelaat en velsorgvoordele in een formule saambring.
Maar wat maak dié onderlaag anders, en is dit werklik die moeite werd om te probeer? Hier is vyf redes waarom dit dalk jou volgende gunsteling onderlaag kan word. Deur Justine Kroes
5 Redes waarom hierdie jou volgende onderlaagkopie hoort te wees:
1. Grimering ontmoet velsorg:
Die innoverende tweefase-formule kombineer die onderlaagkleur met 14 aktiewe bestanddele wat jou vel help hidreer, voed, versorg en beskerm.

2. Daardie glansende gloeiende gelaat:
Danksy A.U.R.A.-tegnologie en ligweerkaatsende mikrokristalle kry jou gelaat ’n stralende, satynagtige afwerking sonder ’n olierige voorkoms.
3. Dekking wat jy self beheer:
Die slim draaiknop laat jou toe om die hoeveelheid produk en die hoeveelheid dekking aan te pas tot jou persoonlike voorkeur, van ’n natuurlike voorkoms tot meer dekking soos jou vel dit nodig het.
4. ’n Gladder, helderder gelaat:
Met bestanddele soos papain, ’n ensiem wat die vel sagkens afskilfer, help die formule om jou vel se natuurlike glans te bevorder.

5. Jou perfekte skakering wag:
Met 37 skakerings om van te kies, is daar ’n wye verskeidenheid opsies om by verskillende velkleure te pas.

Meer oor die onderlaag met velsorgvoordele:
Dubbelfles, een slim formule
Hierdie nuwe onderlaag word geïnspireer deur die ikoniese Clarins Double Serum en daarby ook vier dekades van navorsing met die Clarins tweefase-velsorgformule.
Die unieke dubbelfles het twee afsonderlike kamers waarin die colour en hydric fases apart gehou word totdat die produk aangewend word. Dit help om die aktiewe bestanddele se stabiliteit te bewaar om meer doeltreffend te werk.
Wend dit so aan:
Met die verstelling van die draaiknop (dial) bo op die doppie kan jy beheer hoeveel onderlaag en hoeveel serum vrygestel word. Dit beteken hoe meer jy die draaiknop na die + plus kant draai kry jy ’n hoër hoeveelheid en dekking van die onderlaag. En na die minus – kant ’n laer dekking onderlaagvoorkoms.
Jy kan jou dekking pasmaak soos jy verkies.
En moet nie bekommer nie, die serum sal nie voor die kleur gedeelte opraak nie, beide afdelings stel dieselfde hoeveelheid produk vry. Plus+ stel meer produk beskikbaar en die – minus kant minder produk.

Ons wend hierdie onderlaag met ons vingers aan, ons glo die hitte van jou vingers laat die produk foutloos aanwend.

Dit bygesê gebruik ons soms ’n grimeerkwas om die onderlaag ordentlik te meng. En hierdie Gua Sha onderlaagkwas met kurwes help om jou onderlaagvoorkoms glad te maak en verseker egalige, streepvrye aanwending – verduidelik Clarins se verkoopsopleier Kebaweste Gonye.
Glansende, stralende en gesonde vel! Hier’s hoekom:
Hierdie onderlaag bied ’n n glansende tekstuur danksy die A.U.R.A tegnologie (Advanced Ultra Radiance Amplifier). Dit bevat ligweerkaatsende mikrokristalle wat daardie glansende (maar nie blinker) weerkaatsing op die vel skep. Dit lyk behoorlik asof jou vel ’n glans hupstoot gekry het met die onderlaag. Glansend maar glad nie olierig nie, dink eerder aan ’n satynglansende tekstuur.

Die bestanddeel papain, is ’n molekule wat die vel se eie glans terugbesorg deur liggies as ‘n natuurlike ensiem-afskilferaar die vel afskilfer en selhernuwing bevorder wat die vel mettertyd helderder laat lyk.

Die hardwerkende bestanddele
Double Serum Foundation se twee fases kombineer altesaam 14 aktiewe bestanddele, insluitend 9 plantekstrakte en 5 aktiewe molekules.
Elke bestanddeel ondersteun die vel se gesondheid, hidrasie, tot bestanddele wat die vel voed, dit beskerm jou vel teen omgewingsfaktore beskerm en boonop stimuleer dit sel en velhernuwing.

Die Color-fase bevat onder meer die A.U.R.A. tegnologie, kleurpigmente, borrie-ekstrak (die kenmerkende bestanddeel van Double Serum) en biomimetiese peptiede bekend vir hul teenveroudering en glansverbeterende eienskappe.
Die Hydric-fase bevat gestabiliseerde papain (daardie sagte afskilferaar) en ’n verskeidenheid plantekstrakte en aktiewe bestanddele wat velgesondheid bevorder.
Danksy die velsorgbestanddele het hierdie onderlaag ’n ligte, vloeibare en nie-vetterige tekstuur wat jou vel laat asemhaal. Die beste deel? Hierdie onderlaag hou en hou!
’n Skakering vir elke gelaat
Wees verseker, jy sal sonder twyfel jou perfekte onderlaagkleur vind, die Clarins Double Serum Foundation is beskikbaar in 37 skakerings vir ’n wye verskeidenheid velkleure.

Besoek gerus jou naaste Clarins toonbank, of gebruik die nuttige shade matcher tool aanlyn hier.
Volgorde van produkte met jou Double Serum onderlaag
Ons was eers onseker oor die volgorde van produkte na grimering, Kebawetse Gonye, verkoopsopleier by Clarins deel presies hoe:
Wend heel eerste jou Serum (of Clarins Double Serum aan), gesigroom, SBF en dan jou Clarins Double Serum Foundation. Hoewel die onderlaag velsorg voordele insluit, is dit belangrik om jou velsorgstappe (dit wat jy eerste aanwend) soos normaal te volg, verduidelik Kebawetse.









